Maandag 25 Januarie 2021

Die NGK se SGV debat, Covid en die kerk se evangelisasie-fokus

Hiermee deel ek my persoonlike vrae en antwoorde wat ek ontvang het met my eie soeke na die wil van God vir my lewe, hier aan die begin van 'n onseker 2021. 

Ek was gisteraand weer saam met 'n groep van Dare to Love by die Pretoria-Oos hospitaal, waar 'n groot aantal saam gaan bid het, God geprys en daar ingetree is vir die nood van Covid pasiënte en mediese personeel, daar en vir hospitale landswyd. Dit was weereens wonderlik om die positiewe waardering van personeel te beleef wat ons probeer bemoedig het deur Bybels uit te deel ens. (Gaan kyk gerus op die Dare to Love Facebook blaaie vir meer besonderhede.)

Terwyl ek daar besig was op my eie tyd saam met die Here, het ek duidelik gelei geword oor 'n ander dringende saak waarmee ek steeds worstel: Die stand van die NG Kerk, waarin ek my hele lewe lank die evangelie probeer uitdra het, se Fokus tans (Hieronder meer)

Daarom is hierdie skrywe in die besonder gerig aan my NGK predikante-kollegas, maar ook aan elke gelowige lidmaat wat die Here met erns probeer dien - by watter kerk jy nou ook al lidmaat is. Hoe is ons Fokus steeds op God ingestel?

1. Algemene Onsekerheid nou.

Mens hoef niks daaroor te skryf nie. Almal ken die virus en die vrese daar rondom (almal ken seker nou al een of meer geliefdes wat reeds daaraan gesterf het), die werkloosheid en hongersnood en al die debatte oor die entstowwe, hoe ons regering ons land, die ekonomie en die mediese sorg hanteer ens. Om van al die samesweringsteorië en wantroue na alle kante toe nie eers te praat nie. 

2. Onsekerheid in die kerk.

Die kerk waarna mense hulle veral in onseker tye moet wend, ook die NG Kerk  - ons leiers stry nou al meer as 'n dekade oor Selfdegeslag-verhoudings (SGV), wat nou na al die jare in 2019 deur die NGK se Algemene Sinode (AS) goedgekeur is. Nie net word huwelike tussen dieselfde geslag goedgekeur nie, maar mag predikante sulke huwelike bevestig. Die onsekerheid is volgens my vererger met die besluit dat elke gemeente en predikant self kan besluit hoe om dit in die praktyk toe te pas. Nie meer gehoorsaamheid aan die Skrif nie, maar hoe die situasie en behoeftes van mense dit vereis. Vir my persoonlik is dit net nie te rym met my verstaan van die Skrif nie en ook nie tot eer van God nie. 

  • Die gevolge van die AS2019 besluit: Dit het sedertdien gelei tot die bedanking en wegraak van vele lidmate uit die NGK asook groot verliese in dankoffers. Dit het verder gelei tot die stigting van die MORELETA KAIROS NETWERK (MKN) en die Dolering van tans reeds 63 gemeentes en baie predikante. Dit is veelseggend dat die voorsitter van die AS moderamen onlangs pleit vir EENHEID in die NGK te midde van die gevaartekens van Kerkskeuring wat al duideliker sigbaar is. Die media geniet dit om oor hierdie hartseer situasie te berig en smalend daarna te verwys. 
  • My eie redes vir Dolering: Waarom ek self die pad van Dolering gekies het kan hier gelees word.
  • My onlangse bydrae tot die SGV debat: Ek het onlangs in 'n plasing op Sosiale Media verwys na 'n Konferensie oor die Bybel en Seksualiteit met van ons land se top-teoloë as sprekers, wat in 2006 plaasgevind het. Ek het met opgewondenheid daarby aanklank gevind, omdat dit deurgaans 'n sterk behoudende Bybelse standpunt teen SGV verhoudings gestel het.  (Weens 'n misverstand egter oor die datering van die Konferensie op die YouTube blad waar ek die inligting gekry het, was dit verkeerdelik aangedui as "5 years ago", dus 2015?; dus was die Konferensie in werklikheid 9 jaar vroeër.) Twee van die Sprekers het my na die plasing dus ernstig aangespreek oor drie sake:
    • oor ek daardie materiaal "sonder hulle goedkeuring" geplaas het. (Ek het nog nooit tevore goedkeuring nodig gehad met die plasing van enige gepubliseerde materiaal oor 'n Konferensie wat op 'n Webwerf geplaas was nie?) 
    • my fout met die datum. Volgens die verduideliking van veral een spreker was die "konteks" in 2006 anders en daarom het sy standpunte intussen sodanig verander dat hy die AS2019 besluite nou steun. Geen verduideliking word gegee watter nuwe Bybelse insigte nou tot so 'n ander standpunt gelei het nie. (Volgens my was die enigste verandering in "konteks" die toenemende druk van groepe op mense wat steeds die tradisionele standpunt dat SGV teen die Bybel indruis, huldig). 
    • Die ander spreker het dieselfde besware oor "toestemming" en die verkeerde datum genoem. Hy wou tevore met 'n navraag daaroor egter nie sê of sy standpunt intussen verander het nie, slegs dat hy nie met debatte hieroor betrokke wil raak nie. Ek wou egter nooit in debat tree hieroor nie, slegs sy standpunt daaroor vra. 
    • Altwee sprekers het ook beswaar gemaak dat ek sou insinueer het dat hulle onder druk geswig het. Ek het slegs verwys na die druk wat bestaan en algaande toegeneem het en wat almal met steeds behoudende standpunte logies onder ekstra druk plaas. Voorbeelde van sulke druk is die dra van Liefde-is-Liefde T-hemde en demonstrasie by die Stellenboschse Kweekskool, die verskeie Pro-Gay protes-petisies oor die afgelope jare asook 'n onlangse Hofsaak teen 'n behoudende Teoloog (wat gewoonlik tot regskoste vir so 'n persoon lei).
  • My besluit vir my eie pad vorentoe: Ek ​het finaal besluit ​om hiermee myself ​te ​verskoon van enige verdere gesprek​ of debatvoering ​oor die NGK se hantering van die ​SGV ​onderwerp.​ Nie net trek dit my aandag af van wat ek as my persoonlike roeping sien nie, naamlik Evangelisasie en Sending, veral via Sosiale Media. 

3. Hoedanig kry die kerk se wesenstaak nog die nodige aandag? 

Hoef ons te verskil oor wat ons hooftaak as kerk is? Ons duidelike Opdrag van Jesus as die Hoof van die kerk self: Die Gaan en Verkondiging van die Evangelie en die maak van Dissipels, aan alle nasies (Mat 28:18-20, Hand 1:8 ens.) 

Almal ken die tekse en die teorie daarvan goed. Die praktyk wys egter meesal min daarvan. Inteendeel, my navorsing daaroor toon hoedanig dit oor die afgelope dekade afgeneem het. 

My doel is nie om mense te laat skuldig voel nie, maar te ondersteun daarin. Ek gaan dit dus waag om verskeie hulpmiddels aan te bied en 'n paar praktiese riglyne te gee wat werk.

  • Ja, Covid het ons gemeentes lamgelê, maar ons is dankbaar vir die tegnologie wat ons so wonderlik kan inspan. Dominees en Pastore preek nog gereeld, al is dit op YouTube nou. Baie kundige lidmate help graag daarmee.
  • Waaroor Preek jy Dominee en Pastoor? Is jou YouTube preke net gefokus op die bemoediging van jou getroue lidmate - ja, hulle het dit nodig - in julle eie taal? Wanneer laas het jy ook oor die Sendingopdrag gepreek? En toerusting daaroor gegee? Daar is ander kundiges wat jou daarin kan help. Nooi hulle!
  • Hoedanig is evangelisasie die fokus in elke gemeente en gelowige se lewe? Is ons barmhartigheid - wat ook maar dikwels net krummels is - genoeg? Deel ons ook die Goeie Nuus saam met elke kospakkie? Doen ons navraag of die Bybel daar beskikbaar is en help om een te kry waar nodig? Wys ons hoe om dit reg te gebruik ens?
  • Aan wie, op wie rig ons ons hoofsaaklik? Hoeveel daarvan gaan net na die naby bekendes; onse "eie mense"? Het ons 'n Jesus-Visie vir diegene buite ons lidmaat-grense, die Hand 1:8 gebiede? Hoeveel blootstelling het ons in elk geval aan die "onbereiktes"? "Gaan" beteken immers "Uitbeweeg", Gaan "soek" hulle wat steeds buite is!
  • Dalk is daar 'n kollega wat in 'n ander taal besig en nie dieselfde tegnologiese gawes het wat vir jou beskikbaar is nie. Jou kundige lidmate kan dalk ook daar help? (Dink aan 'n Afrika-kollega in 'n Township gemeente in Suid Afrika, of die leraar wat in Hindi of Tamil preek, besig met kerkplanting in Indië of in Farsi in Iran, met min ondersteuning onder dikwels arm gemeenskappe, en dikwels boonop deur die landsregering of die omringende mense getreiter word).

4. 'n Paar praktiese riglyne en hulpmiddels wat kan help.

  1. My boek... Netso stuur Ek julle ook... Om koninklike priesters van God te wees. Ek het die boek geskryf na baie jare se praktiese ervaring in sending-mobilisering en uitvoering. Laai die boek met vrymoedigheid gratis af.
  2. Verskeie ander evangelisasie-materiaal op ons Blog: Koninkryksfokus by die afdeling:  "Bookshop"  asook by die afdeling "Resources" (Verskeie materiaal vir Moslem-evangelisasie, Jeugwerk, Audio-preke en veral die "King of Glory" films.
  3. Gebruik van ons Facebook bediening se verskillende Blaaie wat fokus op verskillende Groeperinge om mense wêreldwyd te bereik. Besoek ons basisblad KoFie-projek vir meer inligting. 
  4. Daar bestaan tonne webblaaie en Apps op die Internet om vir Evangelisasie te benut. Hiermee 'n paar van die wat ons self gereeld gebruik om met mense in alle tale en lande die evangelie te deel.
5. 'n Covid-19 Geleentheid: Uitdaging aan alle gemeentes.

Elke dorp en stad in ons land het een of meer Christelike gemeentes. Netso is die nood van armoede, werkloosheid en siekte in klinieke en hospitale ongekend in ons tyd. (Nou kom die nood van vloedskade van die Sikloon Eloise ook nog by)
Is dit 'n probleem? Net 'n probleem?

Kom ons noem dit 'n Uitdaging! Beter nog, 'n Geleentheid!
Kom ons daag elke gemeente/kerk, groot of klein, ryk of arm, uit... 

Bid en vra God wat kan julle in die tyd doen - beter doen?
Ja, baie doen reeds. Betrek nog meer ander by julle projekte. 
Daag alle lidmate uit om te doen, klein dingetjies, wat saam groot verskille gaan maak.

6. Kontak ons as ons kan help? 
Dui julle bereidwilligheid aan om te probeer! Reik uit na ander in julle gemeenskap. Gebruik Sosiale Media soos Facebook, WhatsApp of Telegram Groepe om te kommunikeer.

Koninkryksfokus - Kingdom Focus KoFie-Project.

💥Our Facebook Page <Kingdom Focus News & Tools> want to give Information and Resources to mobilize, motivate and challenge us all as believers to enhance the Kingdom of Christ by sharing the Gospel according to the Great Commission of Jesus in Mat 28:18-20.
☕We focus on doing this under the logo KoFie-project, especially via Social Media like Facebook, WhatsApp, Telegram etc.

😊To get involved why not join and "like" any of our Pages or Groups... 

👉Join our Facebook Working Group:  https://www.facebook.com/groups/KingdomFocus/

👉Visit our FACEBOOK BASE PAGE: 
For more Information about all of our 12 Facebook Pages...
Join and get involved with any one of them. "Like" the Page of choice.

👉Visit and like our Facebook Pages about Islam Evangelism
    👉Join our Telegram Group for Islam Evangelism
👉Join us on WhatsApp at +27764285260

👉Join us on Telegram at https://t.me/joinchat/VqXw-fCI2ms6cUf7

🛐 Pray for Our Ministry: Join any of our Prayer Groups: 

👉 Pray for Internet-Evangelism to Muslims: Register and Pray for Internet-Evangelism to Muslims at https://m.facebook.com/groups/468354330202060 

👉 Join our WhatsApp prayer support group: Participants register on the WhatsApp Number +27 67 195 7980 with their name and the message “KoFie-Pray”.  

👉 Join our Telegram prayer support group: https://t.me/Pray4KoFie



Financial support for our KoFie.Project.
  • We Finance our Ministry by selling our Books: 
  • To Partner in our Ministry, Buy a book at our Bookshop and thanks...
  • You help cover our ministry cost. 
👉 Click here for our Banking details

Geen opmerkings nie: