Sondag 27 September 2020

Persoonlik: My besluit oor die AS van die NG Kerk se SGV-besluite

My Besluit oor my NG Kerk lidmaatskap na die Algemene Sinode  van die NG Kerk se hantering oor Selfdegeslagverhoudings.

Hiermee maak ek bekend dat ek uit protes oor die AS se 2019 besluite oor Selfdegeslag-verhoudinge (SGV), aangesluit het by die Moreleta Kairos Netwerk met die oog op ’n toekomstige besluit ten opsigte van my eie Lidmaatskap van my huidige gemeente en groter NG Kerk.

Ek bied dit onder die volgende opskrifte aan:

1.    Waarom doen ek dit nou?

2.    Wat is die Moreleta Kairos Netwerk?

3.    Wie is ek en hoe raak dit my?

4.    Waarop baseer ek my teenstand t.o.v. die AS-besluite?

5.    Ander Materiaal wat my oortuigings hieroor gevorm het:

6.    ’n Paar Praktiese Vrae van my kant aan die Kerk

7.    Vrae aan kerkrade en leraars wat tans kies om neutraal te bly en die probleem dood te swyg.

Daar is, slegs op hierdie laat stadium, steeds ’n ander opsie! ’n Radikale standpunt-verandering – wat slegs moontlik is as dit met ’n  harts-verandering (in die ou taal – bekering, terug na die Bybel) gepaard gaan? Dit is waarvoor ek steeds bid en hoop.

Dankie vir u aandag,

Ter wille van die Koninkryk en die Eer van God.

Chris Visser, Centurion.

Lees my hele aanbieding hier...

https://drive.google.com/file/d/16w2ax3rqqs2q859RbGoH5Nb34Lwp3gHz/view?usp=sharing

3 opmerkings:

Unknown het gesê...

Dankie Chris, dat jy nie skroom om "die waarheid" na vore tebring nie - verkeerd is verkeerd en kannie "reg" word nie. Daar is sovele terreine waar ons as Christene (en sogenaamdes), sal moet kies wat reg en verkeerd is, en sal moet "regmaak" met God, om behoue te bly. Die "groot gebod" van "gaan dan heen ...." word so maklik onder die tafel ingevee en ander waardes en normes aanvaar (soos luukshede wat niks bydra tot die uitbreiding van God se Koninkryk nie en waar daar in 'n gemaksone voortgeploeter word, tot nadeel van die ware "kerk"). Vrede vir jou.

Piet Fourie het gesê...

Groot respek!!! Ons het geen ander keuse as om die Pad van die Woord te loop nie.
Ek ook reeds deel van MKN
Seen vir jou pad toegebid.

Piet Fourie
NGK Sasolburg-Tuinedal (Dolerend)

Unknown het gesê...

Beste Chris
Weer eens, ek glo jy het die regte besluit geneem.
Ons het werklik 'n hartsverandering in SA nodig op alle terreine.
Ek het so gedink aan 2 Kron 7:14b toe ek jou stuk gelees het.
Dankie dat jy jou beskikbaar stel om op kerklike terrein 'n positiewe leidende rol hierin te speel.
Seënwense
Pieter Strobos