Vrydag 29 Januarie 2021

Ds Chris Visser stel bekend: KoFie-project

Ek het einde 2020 in 'n Zoomgesprek ons Kofie-projek bietjie gedeel. 

(KoFie = Koninkryksfokus Internet Evangelisasie) 

As jy dit gemis het, kyk gerus steeds daarna hier. 

https://youtu.be/HrZC8lkblbc

Welkom om kontak te maak as ek die geleenthede op Sosiale Media met julle groep (sommer net vriende of van julle gemeente se Uitreik bediening - ja, ook nou tydens Covid inperking) kan deel en wys hoe maklik dit is om julle eie ding te Sosiale Media projek te begin of by ons KoFie-project in te skakel.

Ons sal ook graag help om saam met die CCM-organisasie (Christian Concern for Muslims) en Fred Nel van Eternal Life Outreach julle gemeente te help mobiliseer om die evangelie meer effektief met Muslims te deel. 

Op die volgende plasings is 'n aantal interessante Sending artikels wat 'n gemeente se Sendingkommissie met groot vrug kan bespreek. Stuur gerus die epos met die materiaal aan diegene wat sal belangstel. 

Dominee/Pastor, preek gerus bietjie weer oor die kerk se Evangelisasie taak en vra dan die lidmate wat belangstel om dit aan te vra vir verdere studie. Jy mag verbaas wees hoeveel lidmate stel dalk belang. 

Kontak ons gerus hier. 

Chris Visser (VisChris)
Koninkryksfokus - Kingdom Focus


Geen opmerkings nie: