Lees gerus 3 Johannes v 5-9 daaroor.
Vir Christene om gemotiveer te wees om Sendelinge te wil ondersteun, moet hulle eers die groter Bybelse konteks daarvoor verstaan. Dis uiteraard 'n Geloofsaak in antwoord op die Opdrag van die Here Jesus vir sy kerk.
Daarom is begrip vir die volgende vrae uiters belangrik:
Wat is Sending? Waarom? Die Nood daarvoor. Inligting oor bestaande Sendelinge en hulle werk ens.
Op hierdie Blog gee ons ‘n uiteensetting met volledige inligting oor alle aspekte van Wêreldsending onder die volgende Afdelings (Klik op die geelgemerkte skakels om dit oop te maak).
#1.WORLD MISSIONS MOBILIZATION Projek - https://koninkryksfokus.blogspot.com/p/world-evangelisation-expo.html
Die volgende onderafdelings gee verdere inligting…
#2.WHY MISSIONS
#4.1.MINISTRIES-1 (Some of the Ministries with whom we more closely take hand and support where possible)
#4.2.MINISTRIES-2 (Alphabetic list of most Mission Organisations)
#5.RESOURCES
#6.TESTIMONIES
#8.FINANCES
#9.How to be a MSP?
How to become a MSP / Hoe om ‘n MSP (Missionary Support Partner) te word?
Stap 1: Kry blootstelling van Sendelinge en hulle werk. Dalk ken jy reeds 'n Sendeling of ontmoet jy iemand by julle kerk of deur 'n sending-nuusbrief wat jy ontvang.
Indien jy onbekend is met enige Sendelinge of Sendingorganisasies, kry meer inligting op enige van die Groepe van MINISTRIES hierbo.
'n Lys van Sendelinge en Sendingorganisasies se Inligting word daar gegee. Gebruik gerus tyd om dit biddend deur te werk, en selfs met hulle kontak te maak.
- Die eerste Groep is die waarby ons met hierdie WMM-Ekspo meer persoonlik betrokke geraak het.
- Die tweede Groep gee ‘n verdere meer volledige naamlys in alfabetiese volgorde van Sendingorganisasie se data op ons stelsel.
- 'n Verdere Groep gee ook verdere Sendingorganisasie wie se Nuusbriewe ons ook ontvang, en wat ons sover prakties moontlik ook op dievolgende WhatsApp Groep hiervoor plaas. WMM-EXPO (World Missions Mobilization Expo)
Klik op die logo hieronder om by die Groep aan te sluit.
Stap 2: Kyk gerus of jy iemand op die lyste van Sendelinge / organisasies ken en maak kontak met wie jy sou wou, om ten minste iemand van hulle te bemoedig (Natuurlik beter nog – om soos die Here jou lei ook finansiëel by hulle werk betrokke te raak).
Soos bo in Engels gestel… to Connect & Care, to Pray as well as to Support them Financially).
Stap 3: Die ideaal sou wees dat elke Christen (Ook ek en jy) ten minste Eén Sendeling so sal bevriend, by hulle betrokke raak en hulle ondersteun soos jy gelei voel en dit prakties moontlik is.
Nota: Net 'n gedagte om te oordink... Geld is altyd maar by almal skaars. Die versoek is egter nie dat jy "baie" geld moet gee nie, maar dat jy aan ten minste Eén Sendeling 'n gereelde bedrag gee ("bedraggie" as dit nie anders kan nie).
Dit Bemoedig die sendeling en verbind jou tot daardie sendeling, ook vir gereelde Omgee en Gebed
Stap 4: Verkieslik doen jy alle kommunikasie direk met die Sendeling (die kontakinligting is by almal aangeheg). Donasies word verkieslik ook direk na die Sendeling se Bankrekening inbetaal, of soos hulle keuse ookal is.
Nota: Slegs in gevalle waar jy nie suksesvol met enige Sendeling kan kontak maak nie, of verkies om donasies direk aan KONINKRYKSFOKUS te doen, kan jy ons Bankrekening gebruik soos hieronder. Ons onderneem om dit ter goeder trou te versprei / te gee waar nodig.
(Dui asseblief per epos jou donasie en wens of versoek aan hoe ons sodanige fondse moet aanwend - Dankie).
Laastens, jy kan ook 'n MSP word deur ons Erdwurm-projek te ondersteun.


No comments:
Post a Comment