TESTIMONIES

 

#KingdomTestimonies

PROJEK GETUIENIS - Op hierdie blad kan jy...

LEES GERUS ANDER SE GETUIENISSE - en word bemoedig.

KOM DEEL JOU EIE GETUIENIS - om ander te bemoedig

  • Ps 66:16 Kom luister, alle dienaars van God, ek wil vertel wat Hy vir my gedoen het:
  • 1 Pet 3:15 Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe. 
INLEIDING/AGTERGROND

Ek het tevore kortliks my lewensverhaal (My Life Storyin Engels gedeel, sowel as die konteks waarom ek dit gedoen het.  Heelwat positiewe respons daarop het my die waarde van so 'n "getuienis" net weer laat besef.

Hier is ook 'n korter weergawe van my Getuienis hoedat ek die voorreg kon smaak om sekerheid van my geloof te verkry.

  • Welkom om my volledige lewensverhaal - in boekvorm (ook beskikbaar as eBoek) waarin ek my storie in meer detail vertel, aan te skaf en te lees. (Alle inkomste uit ons boekverkope gaan vir ons KoFie-bediening)
  • Titel: Chrisjan Visserman en die Jabes-gebed 
[My storie begin as kind op die plaas. Skool en student. God was deurgaans getrou! 
Ek wou graag met die leser deel hoe die Here my gered en geroep het, eers as ingenieur, later as predikant en uiteindelik, deur ’n paar snaakse en partymaal pynlike draaie, uiteindelik in ‘n Sendingbediening. 
Hoe het die Here my nie daardeur geseën nie! ]
  • Vir meer oor die Boek en hoe om dit te bestel - klik hier)

'n Paar dinge het verder gebeur wat tot PROJEK-GETUIENIS gelei het.

 1) A rethink of the need and value of testimonies:

“For I am not ashamed of the gospel, because it is the power of God that brings salvation to everyone who believes”  (Romans 1:16)

A Testimony is a powerful tool in sharing what God has done and is continuing to do in our lives. ... Not only do our testimonies represent us coming to Christ, but they can also continue to bring others to Him when we share them.

It is important for us to realize the value of our testimony. Not only do our testimonies represent us coming to Christ, but they can also continue to bring others to Him when we share them. Once accepting Jesus into our hearts, we are to share our testimony in order to be a witness for Christ.

Such a testimony is definitely a method to share the Gospel to a seeking person or somebody else also searching for the true answers of life. It also encourages those in doubt to make a decision to believe the Gospel or persevere on their path of faith.

2) 'n Uitnodiging aan Ex-Muslims (to share their testimonies why thy left Islam.) Ons het verskeie "getuienisse" ontvang. Lees gerus hierdie een op ons Facebook Blad...   https://www.facebook.com/GodAlsoLovesMuslims/posts/2487547254864737 )

Ek het opnuut besef wat die waarde hiervan is om die evangelie te deel aan 'n soekende persoon, sowel as om persone wat twyfel te bemoedig om 'n geloofstap te neem of te volhard op hulle geloofspad.

3) Ek het afgekom op Dr Willie Marais se Getuienis, ek het dit tevore gehoor en dit het my opnuut besiel (Luister gerus hier daarna). 

4) 'n Video-Getuienis van ene Ockie Fourie, 'n merkwaardige verhaal wat eintlik bitter moeilik is om te glo, maar God kon.. Kyk hier daarna. (Ek moet jou waarsku - dis rof en grusaam, maar God het... )

Ja, die krag van 'n getuienis is groot, want dit plaas jou as leser/luisteraar ook voor 'n keuse: Het jyself 'n "getuienis" van 'n ware ontmoeting met Jesus, van 'n eie persoonlike geloofsekerheid? Waarom deel jy dit nie meer nie?

DUS, WAT IS PROJEK-GETUIENIS?

Dis 'n uitnodiging (uitdaging) aan jou.

Om jou eie kort getuienis met ons te deel. Dit word dan hier geplaas op hierdie Blad sodat ander daardeur bemoedig kan word.

  • Riglyne: Dit moet op die man af en kort wees, sê Maksimaal 5 A4 velle (of 1500 woorde). Gebruik 3 hofies: 1) Na jy jouself voorgestel het, vertel van lewe tevore; 2) Wat het gelei tot jou ontmoeting met die Here. 3) Hoe lyk jou lewe vandag.
  • Alternatief, 'n 3-5 Minute WhatsApp opname  van jou verhaal (sommer op jou selfoon; video of audio)
  • Stuur jou skrywe of opname na... vischris@gmail.com of na Whatsapp No. +2767-195-7980

GETUIENISSE /TESTIMONIES:

Getuienis No 1) Jurie Venter:

Jurie Venter ly aan genetiese hartvat siekte. Op 23 Junie 2020 sterf hy letterlik op die operasietafel. Maar God se werk vir hom was nog nie klaar nie. 
Johann Els van Radiokansel gesels met Jurie Venter oor sy hartuitdagings en die Here se pad met hom daardeur... https://soundcloud.com/radiokanselweb/jurie-venter-getuienis-podcast-sp-11-8-2020

Kontak Jurie by jurie@trinityascend.com

Testimony No 2) 
Ex-Muslims shared their testimonies ...“Why did I leave Islam.”  


Testimony No 4) 

Testimony No 5)


Geen opmerkings nie: