Dinsdag 26 Januarie 2021

4: Die Kerk se wesenstaak! Hoe lyk dit in julle gemeente? Hoe kan ons help?

Kry die kerk se wesenstaak nog die nodige aandag? 

Hoef ons uit te spel wat dit is? 

Elke Bybelgelowige ken wat die hooftaak van die kerk is! Maar dit raak maklik onder die stof vergete, veral as die druk van so baie probleme ons oog van die bal af laat gaan. 

Onthou jy nog? Ons duidelike Opdrag van Jesus as die Hoof van die kerk self: Die Gaan en Verkondiging van die Evangelie en die maak van Dissipels, aan alle nasies (Mat 28:18-20, Hand 1:8 ens.) Alles tot Sy eer en Verheerliking ens.

Almal ken die tekse en die teorie daarvan goed. Die praktyk wys egter vandag meesal min daarvan. Inteendeel, my navorsing daaroor bevestig hoedanig gemeentes se uitreikbediening oor die afgelope dekade afgeneem het. 

(Ek oordeel dat baie daarvan toegeskryf kan word daaraan dat sake soos die SGV wat die aandag en debatte die laaste tyd in die kerk so oorheers het dat hierdie wesenstaak vir lank nou al aan die agterspeen moet suig)

My doel is nie om mense te laat skuldig voel nie, maar te ondersteun daarin om weer 'n verskil te maak. 

Ek gaan dit dus waag om oor die volgende paar artikels verskeie hulpmiddels aan te bied en 'n paar praktiese riglyne te gee wat werk. 

Kom, gebruik dit gerus...

Jesus wat gestuur is na hierdie wêreld om ons te kom red, Hy sê vir sy dissipels, vir ons as kerk... Netso stuur Ek julle ook. Welkom om my Boek oor die onderwerp, met 'n nuwe vars getuienisstrategie hoe om dit prakties werkbaar te maak, juis ook vir vandag, om die Boek gratis af te laai en te gebruik. (Klik op die skakel hierna... Netso stuur Ek julle ook... Om koninklike priesters van God te wees.

Dominee/Pastoor, welkom as jy die materiaal wil gebruik vir 'n preek of twee of drie.

Laat hoor as ons kan help.

Chris Visser,

Koninkryksfokus

0829269364

Geen opmerkings nie: