TESTIMONY REPORTS:
What God is doing.
Stories from Sending Churches and from the Mission field.
So het God my geroep en was Hy nie getrou nie.
Die Getuienis van Dr Oswald Smith
(Klik op die Prentjie)
Kyk na die Video Getuienisse van Ds Sakkie Weber, Eden gemeente, Bronkhorstpruit se Sendingpad oor 30 jaar.
Merkwaardige Verslag van Eden Gemeente
**********************************
WORLD THRUST IN DIE JARE 90...
Verslag van Ds Richard Verreyne, met wie ek die voorreg gehad het om in die jare 1990-2000 deur World Thrust se Fokus op die Wêreld Mobiliseringsmateriaal en werkwyse saam baie gemeentes te help mobiliseer . Ds Richard skryf as volg👇
Wat ‘n Fees van Vrugbare Bediening hierdie afgelope naweek‼ (19-20 Oktober 2024). Saam met Neo Doxa AGS Gemeente in eMalahleni (Witbank) kon ons saam met past. Roelof Grové en sy WWE Span 32 jaar se vermenigvuldigende sendingbetrokkenheid vier🙌
Dit was ook 32 jaar gelede wat ons in Benoni CGK gemeente die eerste World Thrust seminaar kon aanbied, en past. Christo Walters het uit Witbank kom bywoon en die visie ter harte geneem, sodat World Thrust en Neo Doxa gemeente as sendingvennote kon saamwerk om meer as 3000 gemeentes in Suidelike Afrika vir sending te mobiliseer.
So, ons kon Sondag gesamentlik 32 jaar van saamwerk vir Sending vier. Dankie, Here🙌 Neo Doxa Gemeente in hulle nuwe kampus, vol gepak in ‘n eerste erediens, en opgevolg met ‘n Engelse erediens, het hulle met ywer en vuur opnuut aan die Groot Opdrag toegewy met ‘n gebeds-, uitreik- en geloofsoffer respons 🙌🙌 Baie dankie vir julle gebede en saamstaan voor die troon van ons Vader🙌
**********************************
Getuienis van Johan Dames.
Loof die Here o my siel. Ek en my vrou Enna is nou bietjie meer as 24 jaar op die sendingveld in Noord Mosambiek, Pemba Metuge distrik. Dit volg nadat ek in 1994 op Vryheid Natal 'n World Thrust seminaar bygewoon het en my totaal aan die Groot Opdrag gewy het. Mag God julle steeds van krag tot krag laat gaan.
**********************************
'n Opmerking deur Johan Meintjes van Congo River Mission.
Ek het self jare terug 'n ding of twee van Ds Richard Verryene en Christo Walters geleer. Pastoor Christo Walters het belangstelling gewys by 'n Harvesters Ministries jaarkongres en het destyds toe ek nog nader met die AGS probeer skakel het t.o.v. sendingmobilisering vir Kongoriviersending in Richardsbaai (1998 - 2004) en daarna in die Weskaap, 'n groot AGS sending-lanseringaksie ontwerp.
Ek onthou... Die logo was 'n vinger op 'n rooi ("action stations" alarm) knoppie.
Johan is tans weer terug in die DRK waar hy probeer om die werk wat in die verlede deur Congo River Mission daar gedoen is, maar agv baie redes gestaak is, weer van die grond af te kry.
Lees meer daaroor by ... https://koninkryksfokus.blogspot.com/2024/06/presenting-congo-river-mission.html
TO GO FROM THIS PAGE TO THE OTHER PAGES...
MOBILIZING FOR WORLD MISSIONS
MINISTRIES TESTIMONIES
RESOURCES
MISSION FINANCES
How to become a MSP
No comments:
Post a Comment