Voorgestelde
werkwyse vir die gebruik van die Aanlyn-kursusmateriaal met Groepswerk.
- Hierdie kursus kan binne gemeenteverband o.l.v. ’n Gemeente se Sending-koördineerder of sommer net as ’n Groep van vriende- of Selgroep gedoen word.
WENK AAN GEMEENTES:
OM DIE KURSUS IN GEMEENTES BEKEND TE STEL, IS DIE VOLGENDE POWERPOINT AS LUSMAKER VOORBEREI. DIT KAN IN 'N EREDIENS OF BY ‘N UITGENOOIDE GROEP (OF GROEPE) VAN DIE GEMEENTE GEBRUIK WORD.
- In die PowerPoint word die kursus se doel en inhoud verduidelik, waarna lidmate kan besluit of hulle aan die kursus wil deelnaam.
- Hierdie PowerPoint kan hierna afgelaai word. (Indien nodig kan die lêer op aanvraag beskikbaar gestel word op USB Geheue stokkie – ongeveer 145 MB)
- Gemeentes kan verder dan self besluit hoe hulle die belangstellendes wil bestuur en hanteer. Die ideaal is om diegene wat die kursus wil volg in Groepe te plaas o.l.v. ‘n Groepleier en die kursus so in die gemeente te doen. Dit word in 10 sessies aangebied.
- Groepleier: Elke Groep benodig ’n Groepleier wat verantwoordelikheid gaan neem om die Groep saam te stel en verder te begelei (die ideaal is dat veral die Groepleier redelike Internettoegang moet hê, of so nie die Materiaal vooraf moet kan aflaai en uitdruk vir verspreiding na die ander groeplede).
- Koninkryksfokus onderneem om die groep te begelei met die Opleiding wat "Online" aan elke Groep beskikbaar gestel gaan word sodra die Groep Registreer.
- Samestelling van ’n Groep: Enige persoon kan inisiatief neem om ’n groep saam te stel om saam die kursusmateriaal deur te werk. (’n Groep moet ten minste uit 3 lede bestaan; Andersins word dit sterk aanbeveel dat Groepe ook nie groter as ongeveer 5 lede word nie omdat dit spontane deelname van alle lede aan groepsbesprekings kan demp).
- Registrasie van Groep: Die Groepleier Registreer sy Groep deur 'n epos te stuur met in die Onderwerp spasie
💥Neem Kennis... Sien Bonus vir almal wat registreer hieronder.
- Sodra die Registrasie-ePos van ‘n Groep ontvang word, word die Lesmateriaal van die eerste Sessie outomaties deur die e-Posbediener aan die Groepleier se epos gestuur om dit verder aan die groeplede te versprei. (Les 01-INLEIDING). – In geval van enige tegniese rede hier, doen gerus navraag indien dit nie binne redelike tyd by die Groep uitkom nie.
- Van elke Groep word verwag om na die eerste Les 'n TERUGVERSLAG van daardie Groepsessie in te dien. Daarna gaan al die inligting van Volledige Kursus aan die Groepleiers voorsien word.
OPSIONEEL TOT DIE KURSUS
1. HARDE KOPIEË van die HANDLEIDINGS:
As Gemeentes sou verkies om die hele kursus-handleiding as ‘n Harde Kopie Handboek te wil gebruik, is u welkom om dit self te laat druk. Die Opvolgende lesings soos met u gedeel, kan slegs opeenvolgend na mekaar aangelas word vir 'n gedrukte.
Kontak gerus as iemand hulp verlang daarmee.
2. AANBEVOLE DRUKKER:
L.W. Handboeke kan by die volgende Drukker/Uitgewer bestel word. Hulle het in die verlede ons boeke gedruk:
Kontak hulle by Groep7 Drukkers, epos@groep7.co.za of Tel 082-4490574
3. POWER POINTS VIR AL DIE LESINGS:
Indien Gemeentes verkies om die Kursus binne Groter Groepe aan te bied vir gebruik op ‘n Groter Skerm, word dit aanbeveel om die Hele Stel van 14 Power Points vir al die lesings te gebruik. Kleiner Groepe wat dit graag wil gebruik, sou ook baat kan vind daarby as hulle dit op ‘n skerm fasiliteit wil gebruik.
Hele Stel van 14 Power Points vir al die lesings kan afsonderlik aangekoop word teen ‘n bedrag van R500 (Kontak my vir meer Inligting)
Chris Visser,
Koninkryksfokus
0829269364
************************************************
TO GO FROM HERE TO THE OTHER PAGES...
MOBILIZING FOR WORLD MISSIONS
MINISTRIES TESTIMONIES
MISSION FINANCES
No comments:
Post a Comment