Saterdag 21 November 2020

Boek: So het God my geroep... en was Hy nie getrou nie!

So het God my geroep. 
En was Hy nie getrou nie!


10 Getuienisse van God se pad met mense...

Hoe Hy hulle geroep het as Sendelinge...

En van God se trou...

Hy het hulle deurgedra!  Enduit!

Die boek was opgedra  aan alle sendelinge wat ja gesê het op God se roepstem en Hom gehoorsaam het.

Vir baie het dit veel gekos, maar meeste getuig agterna... dit was alles die moeite werd!

Laai die e-boek weergawe gerus GRATIS hier af. 

  1. Gee erkenning en waardering aan 'n Sendeling wat jy ken. 'n Epos of WhatsApp boodskappie met 'n woord van bemoediging is altyd lekker.
  2. Dalk wil jy 'n Sendeling aanneem (Hulle trek veral ook baie swaar agv die Covid-virus beperkings; 
    • Kontak die Sendeling wat die Here op jou hart lê; 
    • Vra waarvoor jy vir hulle kan bid. 
    • Besluit of jy iemand dalk finansiëel kan begin ondersteun.

'n DONASIE vir die aflaai en lees van die boek sal natuurlik altyd handig te pas kom om ons bedieningsuitgawes vir ons KoFie-bediening te dek.

L.W. Jy is ook welkom om enige van ons ander boeke in ons Boekwinkel aan te skaf. Stuur die Inligting ook aan jou vriende; Vertel hulle.


Vrydag 20 November 2020

Mike Burnard van Dia-Logos aanbieding

'n Zoom aanbieding van Mike Burnard oor Dia-Logos verwys.

As deel van ons Koninkryksfokus bediening om die kerk te help mobiliseer vir ons Getuienistaak, neem ek vrymoedigheid om die skakel van 'n onlangse Zoom video-opname van Mike Burnard van Dia-Logos met jou te deel. Dis regtig baie skitterende materiaal waarvan elke Christen-gelowige, of jy nou die moderator of leier van 'n kerk of gemeente is, of net 'n gewone lidmaat is, moet kennis neem.
Die video gebruik 130 MB se data (lengte net onder 'n uur). 
Mike deel verskeie PowerPoints wat hy gebruik, met baie skitterende en bemoedigende informasie wat hoop en rigting gee in ons onseker tyd.
Kyk dit gerus en deel dit met vrymoedigheid met vriende en met lidmate en leraars in julle gemeente. (lidmate, gee dit asb. deur vir julle dominee of pastoor - hulle is besige mense en sien die inligting dalk nie self nie.)

Mike deel 5 belangrike Kairosgeleenthede wat 'n belangrike invloed op die wêreld en die kerklike geskiedenis in 2020 gehad het en wat mens nie moet mis nie. Hulle organisasie Dia-Logos is beskikbaar om ervare sendingkundige raad te gee en die kerk te konsulteer met hulle programme vorentoe. Veral die konsep van "Twinning" of Tweeling-gemeentes wat hulle voorhou, bied praktiese moontlikhede hoedat elke gemeente in ons kontrei 'n wesenlike verskil in die groter wêreld daarbuite kan maak.
Kyk gerus vir meer op hulle webwerf by www.dialogos.co.za

Ek is oortuig dat alle Sending- en Kerkleier, elke Christen, hierby sal baat vind. 
Dis veral noodsaaklik dat mens nou na die uitdagende Covid-2020 jaar daarna sal kyk en daaroor besin met die oog op die nuwe jaar voor ons. 
Mag ons die nuwe uitdagings vir 2021 betyds raaksien en reg daarvoor gereed maak vir ons gemeentes, sendingkomitees en organisasies.
Mag Sy koninkryk nuut en vars realiseer in die nuwe jaar deur elkeen van ons se lewens.

O ja... Die opname skakel:
Ek stuur dit soos van Zoom ontvang; Om dit dus te kyk, moet jy reeds Zoom op jou toestel geinstalleer het. Jy kan dit van hier af doen:  https://zoom.us/download

Topic: Zoom Webinaar by Mike Burnard from Dia-Logos
Date: Nov 19, 2020 09:47 AM Harare, Pretoria
Klik op die skakel en gebruik dan die "Passcode" waar dit gevra word.
(L.W. Recording 1 was slegs met die opstelling te doen; Gaan dadelik vorentoe na Recording 2.)
https://us02web.zoom.us/rec/share/yBZjLsQIsb-tMjkEVyNBqtay0-VlbulVyOJkQFspdEbUNoIOr5k7JeDR8MSGjPhc.8_0eYQ0jlpfhfLWU  
Passcode: Mqrm&4$D

Vir enige navrae, kontak my gerus.


Koninkryksgroete,

Chris Visser (VisChris)

Koninkryksfokus - Kingdom Focus

Maandag 09 November 2020

At 24:10-14 Die boodskap van God - meer aktueel as ooit tevore...

Hierdie boodskap van God is meer aktueel as ooit tevore...

MATTEUS 24:10‭-‬14 AFR83

💥In daardie tyd sal baie mense van die geloof afvallig word, en hulle sal mekaar verraai en mekaar haat.

👉BELEEF JY DIT REEDS? HOU JY STEEDS PASSIEVOL VAS AAN DIE GELOOF IN JESUS CHRISTUS EN SY WOORD?

💥“Daar sal baie vals profete kom, en hulle sal baie mense mislei.

👉BELEEF JY DIT REEDS?

💥Omdat die minagting van die wet van God sal toeneem, sal die liefde by baie verkoel.

👉IS JOU LIEFDE VIR GOD SE WOORD EN VIR DIE EVANGELIE VAN JESUS, STEEDS BRANDEND? ❓

💥Maar wie tot die einde volhard, sal gered word.

👉ERVAAR JY TOENEMENDE TWYFEL EN VOEL JY OM OOR TE GEE? NEE, KOM ONS VOLHARD, GAAN VOORT OP DIE ENIGSTE WARE PAD VAN GOD! 

💢En hierdie evangelie van die koninkryk sal in die hele wêreld verkondig word, sodat al die nasies die getuienis kan hoor. Eers dan sal die einde kom.”

👉IS JY VOLUIT BESIG OM DIE EVANGELIE VAN DIE KONINKRYK TE VERKONDIG, SODAT ALLE NASIES KAN HOOR?

HOU VOL! VOLHARD DAARMEE!

Vriend, as jy saam met ons wil doen (ons werk via ons KoFie-project veral op Sosiale Media) kontak ons. Kyk op https://www.facebook.com/KoFie.project/

MATTEUS 24:14 AFR83

https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=10159224363857650&id=628997649

Vrydag 06 November 2020

You are INVITED to a FREE WEBCAST: by Mike Burnard - 19 Nov 10:00 vm

To all friends from Kingdom Focus - KoFie.project.

You are INVITED to a FREE WEBCAST: by Mike Burnard –Analytical Strategist from Dia-Logos.
THURSDAY, 19 NOVEMBER 2020 AT 10:00 UTC+02

I was privilege to attend the launch of Dia-Logos in Gauteng some time ago.
What a blessing and exciting experience to hear their vision and strategy.
As experienced mission leaders they are available as advisers for the wider faith community for a time like ours.
Welcome to join this WEBINAR

Vraelys oor die toekoms van die NG-Kerk

 


6 November 2020 

Beste vriend(in),

Hiermee 'n vraelys oor die toekoms van die NG-Kerk. Ons vra dat jy dit asb sal invul, deur hier te kliek. Jy is welkom om dit ook te deel met ander.

Besoek gerus ook ons webblad en/of Facebookblad wat gereeld opgedateer word.


Groete en seënwense
MKN sentrale werkgroep

Woensdag 04 November 2020

TRAINING SEMINAR - SATURDAY 7 NOVEMBER @ 9:00 "What issues do followers of Jesus from a Muslim background face?"

Invitation to everybody that want to learn more about Muslim Evangelism and what new believers from Muslim background have to face. 

You are invited to attend a free training seminar on Saturday 7 November at 9am. The topic will be "What issues do followers of Jesus from a Muslim background face?"

Pre-registration (before Friday 6 Nov) is essential. Registration link: https://forms.gle/12oSoy57ZnuJsHF38


PLEASE DO NOT SEND THIS TO MUSLIMS.