Wys tans plasings met die etiket Boeke te Koop. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Boeke te Koop. Wys alle plasings

Maandag 21 Junie 2021

Koop 'n Boek- God se Diamant skitter voort

God se Diamant skitter voort.

Waaroor gaan die Boek?
Die Boek dink oor praktiese Christenwees in ons tyd en oor die realiteit van ons Getuienistaak te midde van Vervolging; nou reeds, maar vorentoe dalk al erger.

En vra die vraag: Sal ons kan standhou?
Hoe moet ons ons wapens teen die toenemende aanslag reg inspan om weerstand te bied en te oorwin?
Wees wakker; Wees gewaarsku!

“Die mense sal julle oorlewer om mishandel te word, en hulle sal julle doodmaak. Julle sal deur al die nasies gehaat word omdat julle my Naam bely. In daardie tyd sal baie mense van die geloof afvallig word, en hulle sal mekaar verraai en mekaar haat.
Daar sal baie vals profete kom, en hulle sal baie mense mislei. Omdat die minagting van die wet van God sal toeneem, sal die liefde by baie verkoel. Maar wie tot die einde volhard, sal gered word.En hierdie evangelie van die koninkryk sal in die hele wêreld verkondig word, sodat al die nasies die getuienis kan hoor. Eers dan sal die einde kom.” (Mat. 24:9-14)
Moenie die woorde van hierdie profetiese boek geheim hou nie, want die eindtyd is naby (Op. 22:10)

Vervolging is nie nuut nie. 
Vervolging van gelowiges het van die begin van die kerk se ontstaan af voorgekom (vgl. bv. die gemeente in Tessalonisense; 1Tes.1:6 verwys na die gemeente se begin in Hand 17:5-6.

Kyk na die “skare geloofsgetuies” in Heb. 12:1, wat verwys na wat hulle deurgemaak het (vgl. Heb. 11:35-38).

Die aktuele vraag vir vandag is hoe om te volhard; enduit, tot die dag toe; die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding te hardloop? Volgens Heb. 12:1-3 die oog gevestig te hou op Jesus, die begin en voleinder van ons geloof?

Die riglyne daarvoor vind ons in die Boek - 

Die Bybel, die Woord van God, die Swaard van die Gees

Van die lande wat berug is oor die vervolging van Christene is Noord-Korea lank reeds bekend as nommer een op die lys. Dit word gespekuleer dat ongeveer ’n derde van die Christene daar in tronke en werk kolonies aangehou word. Dis blykbaar onwettig om enige Christelike byeenkomste daar te hou of teenoor ander van Jesus te getuig (selfs teenoor jou eie kinders) en selfs net ’n Bybel te besit. Ek verneem gelowiges daar maak baie daarvan om die Bybelinhoud so vêr moontlik te memoriseer en hulle kinders te leer om die Bybel en belangrike geloofswaarhede van die Bybel uit die hoof te leer. Dit sluit in geloofsbelydenisse en gebede soos die Twaalf Artikels, die Tien Gebooie en die Onse Vader gebed.

Dit is dus ook vir gelowiges belangrik om die Bybelse evangelie-inhoud so te ken en te verstaan dat hulle dit op enige geleë tyd kort en saaklik, maar steeds verstaanbaar, met ander te deel.  Dit herinner my aan Petrus se woorde. . . “Wees altyd gereed om ’n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ’n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe” (1 Pet. 3:15)

  • Watter hoop lewe daar in jou en my? 
  • Kan jy jou hoop verduidelik as jy moet? 
  • Ken jy jou Bybel? 
  • Verstaan jy dit reg? 
  • Kan jy dit reg en effektief gebruik wanneer nodig?

VERKORTE INHOUDSOPGAWE VAN DIE BOEK.

Inleiding: Die geboorte van hierdie boek  

AFDELING 1: MENSE EN DIE BYBEL    

  • Hoofstuk 1: Mense het ’n mening oor die Bybel.   
  • Hoofstuk 2: Besinning oor die oefening.  
  • Hoofstuk 3: Waarom mense verskil oor die Bybel? 
  • Hoofstuk 4: Die Invloed van die prediking. 
  • Hoofstuk 5: Die invloed van ’n gemeentevisie   
  • Hoofstuk 6: Lidmate oor die doel van die kerk 

AFDELING 2: WAT IS DIE HOOFOPDRAG VAN  DIE BYBEL? 

  • Hoofstuk 7: Hoe om die Bybel reg te ontsluit.  
  • Hoofstuk 8: Die Hoofboodskap van die Bybel is. . . 
  • Hoofstuk 9: Waarvoor het Jesus na hierdie wêreld gekom? 
  • Hoofstuk 10: Jesus se ‘hoofwerk’ met sy koms na die wêreld.  
  • Hoofstuk 11: Gehoorsaam dit!         

AFDELING 3: WAAR MOET DIT GEBEUR?   

  • Hoofstuk 12: Waar moet ons getuig?    
  • Hoofstuk 13: Die wêreld waarin ons woon.      

AFDELING 4: WIE MOET GAAN?      

  • Hoofstuk 14: Wie moet dit doen?       

AFDELING 5: HOE OM DIT TE DOEN          

  • Hoofstuk 15: Riglyne vir die taak        
  • Hoofstuk 16: Hulpmiddels vir Mobilisering   
  • Hoofstuk 17: Sending: Is dit die moeite werd?    

Die boek is slegs as eBoek beskikbaar. 

@ SPESIALE AFSLAGPRYS : R59 

Betaal gerus op die veilige 
PAYFAST-PLATFORM SE "BUY NOW" KNOPPIE 
Jy kan daar betaal met enige Krediet of ander Bankkaart. Jou eBoek sal onmiddelik na Betaling op jou skerm ontvang word om te lees of af te laai.

Buy

DANKIE VIR JOU ONDERSTEUNING. 
😀Alle inkomste van ons boekverkope word aangewend vir ons 

Sosiale Media bediening - KoFie-Project]

Chris Visser - Koninkryksfokus - Kingdom Focus

Vir enige navrae, kontak gerus die skrywer by...

Selfoon: +27-82-9269364

WhatsApp: +27 76 4285260

Epos: Vischris@gmail.com 


Sondag 16 Mei 2021

Lees 'n Boek: Netso stuur Ek julle ook... Om Koninklike Priesters van God te wees

Netso stuur Ek julle ook... 

Om koninklike priesters van God te wees.            

L. W. Die Boek is tans net as Eboek beskikbaar.

Netso stuur Ek julle ook... Om koninklike priesters van God te wees!
Gelowiges beleef tans traagheid en onsekerheid op die terrein van sending. Waarom?
DIT KAN ANDERS WEES!
Hierdie boek het ten doel om lesers opnuut op te roep, uit te daag, maar ook te bemoedig en toe te rus
VIR ’N NUWE VARS GETUIENIS-STRATEGIE.
Is Sending nog die moeite werd?
Hoe kan ek ook vandag steeds betrokke wees?
Ja. Dit Werk! Ook jy kan ’n verskil maak!
Lees opwindende getuienisse van deurbrake vandag spesifiek onder Moslems, veral d.m.v. 
Sosiale Media soos ons KoFie-Projek

Die boek is veral ook geskik vir Sendingkomitees van Gemeentes wat sukkel om hulle Getuienistaak te laat grondvat, veral met die "Nuwe Normaal" van ons Covid-isolering en onvermoë om sommer net reise soos tevore oor grense heen te neem.
Baie Hulpmiddels word verskaf en Projekte voorgestel wat juis vandag gebruik kan word om die Groot Opdrag verder uit te voer.

DIE BOEK KYK IN DIEPTE NA...
1) WAT is die Opdrag van die Bybel? (GOD SE MANDAAT)
2) WIE moet dit doen? (Elke GELOWIGE is ’n PRIESTER)
3) WAAR moet dit plaasvind? (WÊRELDPERSPEKTIEF)
4) HOE? Deel metodes en Hulpmiddels wat prakties werk.

Die eBoek is beskikbaar

@ SPESIALE AFSLAGPRYS : R59 

Betaal gerus op die veilige 
PAYFAST-PLATFORM SE "BUY NOW" KNOPPIE 
Jy kan daar betaal met enige Krediet of ander Bankkaart. Jou eBoek sal onmiddelik na Betaling op jou skerm ontvang word om te lees of af te laai.

Buy

DANKIE VIR JOU ONDERSTEUNING. 
😀Alle inkomste van ons boekverkope word aangewend vir ons 

Sosiale Media bediening - KoFie-Project]

Chris Visser - Koninkryksfokus - Kingdom Focus

Vir enige navrae, kontak gerus die skrywer by...

Selfoon: +27-82-9269364

WhatsApp: +27 76 4285260

Epos: Vischris@gmail.com

LEES 'n BOEK: Chrisjan Visserman en die Jabes-gebed


Chrisjan Visserman en die Jabes-gebed.

L. W. Die Boek is tans slegs as Eboek beskikbaar.

In die boek vertel ek my storie, maar nou opgedateer vanaf die vorige 2009 uitgawe. Baie het daarna verander. 
My storie begin as kind op die plaas. Skool en student.
God was deurgaans getrou! 
Dit wil ek graag met die leser deel!

Ja, ek vertel hoe die Here my gered en geroep het, eers as ingenieur, later as predikant en uiteindelik, deur ’n paar snaakse en partymaal pynlike draaie, uiteindelik in ‘n bediening as Sendingmobiliseerder. 
Hoe het die Here my nie daardeur geseën nie!
Ek deel graag hoe die Here al die pad voorsien het en getrou was…end-uit.
Maar al die jare het my daaglikse Jabes-gebed ‘n sleutelrol in my lewe gespeel. 
Ek deel in hierdie uitgawe veral meer daaroor.

Waarlik; God is getrou en Hy seën mildelik soos nodig.

Soos Jabes het Hy ook ons grondgebied algaande wonderbaarlik vergroot. 

Die boek vertel dit alles!

My wens is dat God, my Hemelse Vader, deur hierdie getuienis verHEERlik sal word.
______________________________________

Spesiale Afslagprys van eBoek: R59

Om die Boek te koop, betaal gerus op die veilige 
PayFast-platform se "Buy Now" knoppie 
Jy kan so betaal met enige 
Kredietkaart of Bank EFT . 
Die boek sal onmiddellik na betaling op u skerm ontvang word 
om te lees of af te laai. 

Buy

Dankie vir jou ondersteuning. 

[Alle inkomste van ons boekverkope word aangewend vir ons 

Chris Visser - Koninkryksfokus
Vir enige Navrae, kontak die skrywer by +27-82-9269364
Of WhatsApp +27 76 4285260

Woensdag 19 Junie 2019

LEES 'n BOEK- Ja vir Geloofsofferbeloftes

JA vir Geloofsofferbeloftes;  Meer geld vir Sending. 

‘n Metode om baie ekstra fondse vir ‘n gemeente se Sendingprojekte in te samel.

Na baie ervaring en intensiewe navorsing oor die onderwerp, het  Ds Chris Visser hierdie boek geskryf om kerk- en sendingleiers te help om die baie besware en vrese oor  die gebruik van die metode te beantwoord en veral die vrees dat ’n gemeente se dankoffer daaronder sou lei, verkeerd te bewys.  

Getuienisse om dit te staaf en gemeentes wat hiermee begin het,  se groeiende sendingbetrokkenheid word vertel.

Die boek bied praktiese riglyne aan hoe om ‘n meer effektiewe Sendingprogram in gemeentes te mobiliseer en wil gemeentes sterk aanmoedig om die GOB-program vir hulle sendingfondse te implementeer en hoe om dit effektief te bestuur.
^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^

Die boek is tans slegs as eBoek beskikbaar. 

@ SPESIALE AFSLAGPRYS : R49 

Betaal gerus op die veilige 
PAYFAST-PLATFORM SE "BUY NOW" KNOPPIE 
Jy kan daar betaal met enige Krediet of ander Bankkaart. Jou eBoek sal onmiddelik na Betaling op jou skerm ontvang word om te lees of af te laai.

Buy
DANKIE VIR JOU ONDERSTEUNING. 
😀Alle Inkomste van ons Boekverkope word aangewend vir ons 
KOFIE-PROJECT 
(Waar ons die Evangelie op Sosiale Media deel)
  


Chris Visser - Koninkryksfokus - Kingdom Focus
Vir enige navrae, kontak gerus die skrywer by...
Selfoon: +27-82-9269364
WhatsApp: +27 76 4285260
Epos: Vischris@gmail.com 


Dinsdag 18 Junie 2019

BOEK: Ja vir Sending; Meer lof vir God

Ja! vir SENDING! Meer lof vir God.

Nuut gedink vir die 21e eeu.


Spesiaal geskik vir Sendingleiers in gemeentes

INHOUDSOPGAWE VAN DIE BOEK:

Hoofstuk 1: Inleiding 1
Hoofstuk 2: Wat is Sending? 13
Hoofstuk 3: Sending: Die goue draad dwarsdeur die Bybel 21
Hoofstuk 4: Sending: Met watter motief? 59
Hoofstuk 5: Sending soos bedryf deur ander Godsdienste 72
Hoofstuk 6: Sending: ‘n Werkbare definisie 92
Hoofstuk 7: Sending: Waar moet ons doen?100
Hoofstuk 8: Hoe ver is daar reeds gevorder met die taak? 105
Hoofstuk 9: Die oorblywende sendingtaak 114
Hoofstuk 10: Sending: Wie moet dit doen? 124
Hoofstuk 11: Sending: Hoe doen mens dit? 136
Hoofstuk 12: Hoe lyk ‘n sendinggemeente 140
Hoofstuk 13: Mobiliseer jou gemeente vir Sending 153
Hoofstuk 14: Sendingtendense vir die 21e Eeu 162
Hoofstuk 15: Ja vir Sending; Kom ons Doen!168
Bibliografie: 174
Elektroniese dokumente en webblaaie: 178

_____________________________________________

Die boek is tans slegs as eBoek beskikbaar. 

Laai die e-boek weergawe gerus GRATIS hier af. 

'n DONASIE vir die aflaai en lees van die boek sal natuurlik altyd handig te pas kom om ons bedieningsuitgawes vir ons KoFie-bediening te dek.

Lees meer oor ons KoFie-bediening

Besoek Ons Tuisblad op Facebook: Our KoFie.project


Maak 'n Donasie hier.





DANKIE VIR JOU ONDERSTEUNING. 
😀Alle inkomste van ons boekverkope word aangewend vir ons

Sosiale Media bediening - KoFie-Project]

Chris Visser - Koninkryksfokus - Kingdom Focus

Vir enige navrae, kontak gerus die skrywer by...

  • Selfoon: +27-82-9269364
  • WhatsApp: +27 76 4285260
  • Epos: Vischris@gmail.com 


KOOP 'n BOEK: Die Oorlog van die woedende draak teen die Vrou

Die Oorlog van die woedende draak teen die Vrou

Die Boek is Beskikbaar as... 

1) Gedrukte formaat (Prys R120 + R70 Aflewering)

2) Eboeke (Prys R59)

3) Kursus Formaat op die Teachable platform (R49)


ISBN 192029081-8 (230 Bladsye, A5 Grootte, Sagte Band)
Lees hier: meer oor die boek 

Die Oorlog van die Woedende Draak teen die Vrou.

Vanuit die profetiese Boodskap van die Skrif en intensiewe navorsing in die kerk wil die boek die Kerk se stryd teen die bose aanspreek en gelowiges nuut oproep – néé uitdaag – en motiveer en help… Om in die 21e eeu te volhard – Om die evangelie meer effektief uit te dra.

Die boek wil hoop gee. Ons is aan die wenkant! Hy het klaar oorwin, maar die oorlog gaan steeds voort.  Hierdie boek wil jou daarin help!

1) Gedrukte Boeke (Prys R120+R70 Aflewering*)
Slegs enkele kopieë van die Gedrukte Boeke is nog beskikbaar; Doen asb. navraag by Skrywer oor beskikbaarheid en Betaling. 
 Stuur jou navraag per epos na vischris@gmail.com

*Addisionele Koste vir Aflewering ekstra: 
Weens die onsekerheid van aflewering deur die posstelsel, gebruik ons Aflewering deur Pepstores se Paxi-diens @ 'n addisionele R70; 
Jy verskaf die adres van jou naaste Pepstore by bestelling, ek stuur die boek via Pepstores met bewys van versending aan jou; Hulle hou jou per SMS op hoogte wanneer die boek daar arriveer om dit dan af te haal met bewys van jou ID.

        ^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^

2) Boek in eBoek Formaat (Prys R59)

Betaal gerus op die veilige 
PAYFAST-PLATFORM SE "BUY NOW" KNOPPIE 
Jy kan daar betaal met enige Krediet of ander Bankkaart. Jou eBoek sal middellik na Betaling op jou skerm ontvang word om te lees of af te laai.

Buy


^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^


3) Boek as 'n Kursus Weergawe (Prys R49)


^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^


DANKIE VIR JOU ONDERSTEUNING. 
😀Alle inkomste van ons boekverkope word aangewend vir ons

Sosiale Media bediening - KoFie-Project]


Chris Visser - Koninkryksfokus - Kingdom Focus

Vir enige navrae, kontak gerus die skrywer by...

Selfoon: +27-82-9269364

WhatsApp: +27 76 4285260

Epos: Vischris@gmail.com