Dinsdag 26 Januarie 2021

5: Praktiese Riglyne vir Evangelisasie in die Covid-tyd

Enersyds wil mens nie voorbarig wees en maak of mens beter weet nie. Andersyds wil ek graag 'n paar Riglyne deel hoedat elke gemeente of sommer net individuele gelowige wel by Evangelisasie betrokke kan raak. 

Praktiese werkbare goed wat nie noodwendig ekstra fondse nodig het nie.

Kan mens dan te midde van die Covid uitdagings steeds ook Evangelisasie doen?

Ja, Covid het ook ons gemeentes lamgelê, maar kom ons wees dankbaar vir die tegnologie wat ons so wonderlik kan inspan. Dominees en Pastore preek nog gereeld, al is dit op YouTube nou. Baie kundige lidmate help graag daarmee.

Aan die leier/leraar: Eers 'n paar uitdagende eerlike vrae... vir jouself, en dan vir die gemeente...

  • Waaroor Preek jy Dominee / Pastoor? Is jou YouTube preke net gefokus op die bemoediging van jou getroue lidmate - ja, hulle het dit nodig - in julle eie taal? Wanneer laas het jy ook oor die Sendingopdrag gepreek? En toerusting daaroor gegee? As jy hulp soek daarmee: Daar is ander kundiges wat jou daarin kan help. Nooi hulle! Selfs op Zoom moontlik!
  • Julle Bedieningsfokus: Hoedanig is evangelisasie die fokus in julle gemeente en lidmate se lewe? Julle doen barmhartigheid!? - kan ook maar dikwels net krummels wees - genoeg? Deel julook die Goeie Nuus saam met elke kospakkie? Doen jul navraag of die Bybel daar beskikbaar is en help om een te kry waar nodig? Wys jul hulle hoe om dit reg te gebruik - Dalk uitnooi vir Bybelles?
  • Aan wie, op wie rig julle jul hoofsaaklik? Hoeveel daarvan gaan net na die naby bekendes; onse "eie mense"? Het ons 'n Jesus-Visie vir diegene buite ons lidmaat-grense, die Hand 1:8 gebiede? Hoeveel blootstelling het ons in elk geval aan die "onbereiktes"? "Gaan" beteken immers "Uitbeweeg", Gaan "soek" hulle wat steeds buite is!
  • Praktiese Voorstel 1: Help 'n kollega wat in 'n ander taal ook 'kerk' doen en nie dieselfde tegnologiese gawes het wat vir jul beskikbaar is nie. Jul kundige lidmate kan dalk ook daar help? (Dink aan 'n Afrika-kollega in 'n Township gemeente in Suid Afrika, of die leraar wat in Hindi of Tamil preek, besig met kerkplanting in Indië of in Farsi in Iran, met min ondersteuning onder dikwels arm gemeenskappe, en dikwels boonop deur die landsregering of die omringende mense getreiter word). 
    Welkom om my te vra om julle in kontak te bring met sulke behoeftige gevalle.

  • Besin saam as gemeente : Is Covid net 'n Krisis of ook 'n Geleentheid: (vra die vraag op jul WhatsApp groep of tydens 'n erediens-uitsending. Nooi mense uit om kommentaar te lewer; om nog onbekende nood uit te wys (eina!) en te vra wat kan wie?... elkeen ook daaraan doen?
    • Kom ons noem dit 'n Uitdaging! Beter nog, 'n Geleentheid!
      Kom ons daag elke gemeente/kerk, groot of klein, ryk of arm, uit... 
    • Feit is...Elke dorp en stad in ons land het een of meer Christelike gemeentes. Netso is die nood van armoede, werkloosheid en siekte in klinieke en hospitale ongekend in ons tyd. (Nou kom die nood van vloedskade van die Sikloon Eloise ook nog by)
    • Daag alle lidmate uit om te doen, klein dingetjies, wat saam groot verskille gaan maak.
    • Bid en vra God wat kan julle in die tyd doen - beter doen?
    • Wees erkentlik, dankbaar en vier dit wat reeds gebeur: Ja, baie doen reeds. Kommunikeer dit. Gee waardering vir hulle wat betrokke is. Gee erkenning. Gee hulle kontakinligting om nog meer ander by daardie  projekte te betrek. 
    Praktiese Voorstel 2: 
    Stel die kerkterrein beskikbaar (of soek 'n ander oop terrein) en laat toe dat vrywilligers (baie is werkloos en honger) Groetetuine plant (Oopgesnyde buitebande werk uitstelkend; Vra donasies vir grond en kompos (of begin maak dit self); Kwekery is dikwels bereid om te help met saad en plantjies (Kyk by Dare to Love Gardens. Welkom om my te kontak vir advies)

    Praktiese Voorstel 3:
    Kosnood en Voedingprogramme: Kontak Moeggesukkel vir idees

    Praktiese Voorstel 4:
    Ondersteuning van Hospitaalwerkers en mediese personeel: Elke gemeente is naby 'n hospitaal of kliniek. As julle te klein of min is, doen navraag om saam met ander te gaan. Kommunikeer en vra op julle gemeenskapsgroepe. 
    Net 'n paar lede kan uitreik en gaan bid; ondersteun; 'n klein geskenkie van waardering gaan gee. Bybels versprei ens. Klein beginne groei gou na meer.

    Dominee/Pastoor, ek weet jy staan dikwels alleen. Moenie glo nie! Stel die behoefte, bid daaroor, vra vir wie ook al om saam betrokke te raak. 
    Vertrou God! Hy sal krag gee (Hand 1:8)
    Ter wille van wie? Nie julle self en julle sukses nie. Ter wille van Hom. Sy Eer en Heerlikheid.
    Moenie wag nie! Begin!
    Laat hoor hoe dit gaan?
    Chris Visser,
    Koninkryksfokus
    0829269364


    Geen opmerkings nie: