Donderdag 28 Januarie 2021

Die NGK se SGV besluite en my eie pad vorentoe.

Iemand vra my of ek nou gaan bedank uit die NG Kerk? 

Dis my antwoord:

Ek het gedolleer en het dit duidelik verklaar. Ek gaan tans nie bedank nie. 

Dat 'n "klein" groepie teoloë die NG Kerk gekaap het, beteken nie ek moet my rug draai op 'n groot groep gemeentes met wie ons steeds uitreik-verhoudings het en steeds 'n pad saamstap, ook plaaslik waar ons mooi verhoudings met groepe lidmate het en ons besig is met kosbare projekte.

My verwagting is in elk geval dat ekonomiese realiteite die NGK se borrel in die komende maande gaan laat bars. Dalk is dit net goed vir die groter Kerk se toekoms in ons land. 


Ek gaan voluit met ons Kofie-projek wat 'n groot oop deur is vir wêreldevangelisasie en waar die Here ookal ander deure oopmaak. 

Die amptelike struktuur en my kerk se lidmaatskap kry al minder betekenis. 


Chris Visser (VisChris)
Koninkryksfokus - Kingdom Focus

Geen opmerkings nie: