Showing posts with label Erdwurms. Show all posts
Showing posts with label Erdwurms. Show all posts

Thursday, November 14, 2024

Koninkryksfokus - Erdwurms en ander nuus

 Liewe Koninkryksfokus - Kingdom Focus Vriende…

(L.W. Hierdie is dieselfde Eposnuus wat reeds op 19 September uitgestuur is)

Soos verlede week genoem is ons Epos Uitdaging dat ons nou ‘n nuwe stelsel moet gebruik (G-Mass van Google).

In plaas van baie eposse na jou, belowe ons nou die volgende.

  • Net EEN EPOS PER WEEK. (Ons weet jy is ‘n besige mens en ons gaan jou nie weer oorlaai nie)D
  • Die Epos gaan net Hoofopskrifte (met die skakels na die artikels) bevat. Dus besluit jy self wat jy daarvan wil lees.

HIER VOLG HULLE:

1)    As jy dit dalk gemis het, ons Uitnodiging om deel van ons WMM-EXPO Projek te word.

Kortliks opgesom, probeer ons nuwe bewusmaking skep oor Wêreldsending en probeer terselfdertyd enkele Sendelinge wat ons van weet wat baie sukkel om ondersteuning vir hulle werk te kry, daarvoor te ondersteun

Vir meer inligting oor wat dit behels, kan jy hierdie QR-prentjie hieronder kan scan (met jou slim telefoon se Scan App)

image.png


Ook Welkom om eerder die volgende Blog te gaan verken: WORLD MISSION MOBILIZATION; klik op die skakel en dit sal daar oopmaak. https://koninkryksfokus.blogspot.com/.../world...

2)   So word mens ‘n MSP: (Missionary Support Partner) – of dan ‘n Sendeling Ondersteuningsvennoot.

Dit behels om by Sendelinge en hulle werk betrokke te raak, hulle te leer ken, vir hulle te bid ens. Engels: to Connect & Care, Pray, Financial Support (Klik die skakel koninkryksfokus.blogspot.com/p/how-to-be-msp.html

3)    Ek stel jou ook graag voor aan ons Erdwurm-Projek:

Wat is dit? Dis ons projek om sendingfondse in te samel ten einde ons KoFie-Projek Sendelinge te ondersteun.

  • Koninkryksgroete,                                            
  • Chris Visser (VisChris)
  • Ambassadeur van die Koning (2Kor 5:20)
Koninkryksfokus - Kingdom Focus  KoFie-Projek                        
o  Phone: +27 82 926 9364                                
o  WhatsApp: +27 76 428 5260

o  Email: vischris@gmail.com                             
o  Besoek ons Blog: Koninkryksfokus - Kingdom Focus   
o  Our Youtube channel - GOOD NEWS FOR ALL PEOPLE
o  DONATE - Ondersteun/belê in ons KoFie-proje
o  Facebook Base Page: KoFie-project  

ABOUT OUR MINISTRY IN MUSLIM EVANGELISM:  

o   Join our WhatsApp Group:  Know and Understand Islam

o   Read our Free Book on the Blog: God & Islam - Facts & Myths

    Sunday, September 15, 2024

    Erdwurm-Projek om Sendingfondse in te samel

    Erdwurm-Projek om Sendingfondse in te samel.
    Meeste van die Sendelinge wat op ons WMM-Expo (World Missions Mobilization-Expo) genoem word, doen hulle bedienings met karige fondse. Ons is bewus van verskeie van hierdie Sendelinge se werklike behoeftes en sou waar moontlik, hulle graag op 'n manier wou help.  (kyk by MINISTRIES vir meer besonderhede van die huidige Sendelinge wat ons deur die WMM-Expo-Projek ondersteun) 

    ONS PLAN
    Om Donasies vir ons Sendingfonds te kry, het ons sommer 'n eenvoudige Erdwurm-Projek begin.
    Kyk gerus daarna en deel dit ook met jou vriende.


    NUUT: ERDWURMS OOK VIR VISSERMANNE
    Lees meer daarvan hier... 
    Hierdie is 'n bekendstelling van ons Erdwurm-Projek ten bate van die ondersteuning van ons KoFie-Projek Sendelinge. 

    Video: Hierdie Video verduidelik die projek grafies  https://tinyurl.com/manyworms


    HOE DIT WERK
    Dit werk so... Wanneer jy besluit om die Wurm-Projek ten bate van ons Sendelinge te ondersteun (en jou Donasie/betaling maak)... Ontvang jy die volgende:
    • Nice & Fat Earthworms... in 'n 20+20 liters drom-kombo wurm-kas (ons sal ons beste erdwurms insit)
    • Die drom plaas jy buite, naby jou agterdeur in 'n koel plek.
    • Hoera, verby is die nat afval-gemors, eierdoppe, teesakkies, koffiemoer, groeteskille ens. in jou asdrom
    • Híérdie erdwurms sal dankbaarwees om al jou huishoudelike afval en tuinvullis wat jy daarin gooi, te verwerk vir die maak van jou eie kompos en wurmtee vir al jou pot en ander plante.  Lees meer oor die voordele van wurmtee.
    • Wanneer ons jou wurm-kas aflewer, sal ons jou wys hoe om die kompos en wurmtee uit te haal.
    • Laastens: Ons erdwurms is stroopsoet, reukloos, doodstil en sal nóóit kla nie. Gooi net gereeld al jou gemors en bietjie water in die kas en sie daar... 
    • JY KRY HOË KWALITEIT GRATIS ORGANIESE KOMPOS.
    ONS PRYSE: 
    Goedkoop man, net 'n DONASIE van ten minste R200 (vir 'n Erdwurms-kas of vir 500++ Visvangerdwurms.
    Dis ten bate van ons Sendingfonds (verkieslik betaal jy dit asseblief self in op die Bankrekening van die sendeling van jou keuse; Ons verkies om nie geld-middelman te wees nie). 
    Kyk weer na die lys MINISTRIES/MISSIONARIES - maak jou Sendeling-Keuse en betaal die Bedrag in hulle Bankrekening (Verwysing: KoFie-projek Erdwurms vir Sending)

    As jy egter onseker is wie om so te ondersteun, welkom om die volgende rekening te gebruik:   FNB-Spaar r/k Koninkryksfokus No. 62789913152 
    • Ons onderneem om sulke fondse na een van die sendelinge te allukeer (en sal jou daaroor inlig).
    Neem kennis... Omdat jy so eerlik gaan wees, ontvang jy selfs meer... behalwe jou erdwurm-kas, ontvang jy as GESKENK ook...
    • 'n Gratis een liter Wurmtee (wat jy verdun met 5-10 liter water) vir al jou Plantvoeding. 
    •  'n Gratis liefling Spekboompie (sou jy dit wil hê).
    MAAR AS JY DALK BANG IS VIR ERDWURMS 😵 (en dit eerder nie regtig wil hê nie, maar steeds ons projek wil ondersteun - dis nou gaaf van jou 🤔) is hier 'n ander opsie...
    Maak dan net 'n DONASIE/INBETALING vir die saak (dan gaan jy steeds jou geskenkies kry (erdwurmtee en 'n spekbompie).

    O Ja! Natuurlik stuur jy na jou Aankoop of Donasie net vir ons 'n epos met jou inligting en bewys van betaling sodat ons reëlings kan tref met jou erdwurms of geskenkies. 
    Stuur na vischris@gmail.com
    Ons sal jou glo! Jy moet ons asseblief ook glo!

    Om te bestel, kontak my gerus by 082-9269364. 
    Soos genoem, sal aflewering ongelukkig prakties net in die Centurion en Pretoria omgewing kan werk; kontak my egter vir onderlinge reëlings as jy ver woon.

    As jy ook op ons spesiale WhatsApp Groep WMM-Expo (wat hierdie projek bestuur) wil aansluit, klik op die prentjie hieronder... 

    By voorbaat DANKIE vir jou ondersteuning.
    Kontak Chris vir navrae by 082-9269364