Dinsdag 26 Januarie 2021

1. Die NGK se SGV-debat, Covid en waar die Kerk staan met sy Evangelisasie-taak.

Hiermee deel ek my persoonlike vrae en antwoorde wat ek ontvang het met my eie soeke na die wil van God vir my lewe, hier aan die begin van 'n onseker 2021. 

Ek was gisteraand weer saam met 'n groep van Dare to Love by die Pretoria-Oos hospitaal, waar 'n groot aantal gelowiges saam gaan bid het, God geprys en daar ingetree is vir die nood van Covid pasiënte en mediese personeel, daar en vir hospitale landswyd. 

Dit was weereens wonderlik om die positiewe waardering van personeel te beleef wat ons probeer bemoedig het deur Bybels uit te deel ens. (Gaan kyk gerus op die Dare to Love Facebook blaaie vir meer besonderhede.)

Terwyl ek daar op my eie tyd saam met die Here deurgebring het, het ek duidelike leiding gekry oor 'n ander dringende saak waarmee ek steeds worstel: Die stand van die NG Kerk se geestelike toestand, die NGK waarin ek my hele lewe lank die evangelie probeer uitdra het, en veral ons Evangelisasiefokus.

Ek het besluit om in 'n reeks artikels my hart daaroor verder oop te maak. 

2. Die onsekerheid waarin ons tans is en die rol van die NGK daar.

3. Is dit die moete werd om nog oor die NGK se AS2019 standpunt te debatteer? 

4. My vraag hoe die NGK sy wesenstaak uitvoer.

5. Die aanbied van praktiese riglyne vir Evangelisasie te midde van Covid tyd

6. Hulpmiddels om daarmee te help.

Daarom is hierdie skrywe in die besonder gerig aan my NGK predikante-kollegas, maar ook aan elke gelowige lidmaat wat die Here met erns probeer dien - by watter kerk jy nou ook al lidmaat is. 

Hoe is ons Fokus steeds op God en sy Opdrag vir die Kerk ingestel?

Geen opmerkings nie: