Wys tans plasings met die etiket Getuienis. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Getuienis. Wys alle plasings

Sondag 16 Mei 2021

💢OM DEESDAE TE BLY GLO...

 💥SOMMER NET 'N GETUIENIS:

Iemand het my onlangs uitgedaag oor my geloof wat dan nou nie volgens moderne wetenskaplike kennis meer gehandhaaf kan word nie. Die persoon het verskeie voorbeelde volgens sy oortuiging voor my gelê, gerugsteun deur sogenaamde slim "wetenskaplike" ateïste. (Sulke materiaal is natuurlik deesdae volop) 

Sonder om verder daarop te reageer, het ek eerder besluit om met die volgende persoonlike getuienis te reageer:

Vriend, eerder as om op jou materiaal te reageer, wil ek eerder die volgende deel: 

Ek raak deesdae net meer passievol oor my geloof en sou so graag my laaste jare meer wil doen om die evangelie ook nog met ander te deel. Natuurlik kan mens nie ander oortuig nie; Net God deur sy Heilige Gees kan dit doen... aan diegene wat hulle self oopstel om sy stem en uitnodiging te hoor. 

😊Ek probeer maar net getuig wat dit vir my beteken en dit met ander te deel. Debatte oor die wetenskaplike bewyse van die Bybel is ongelukkig oop vir elkeen se persoonlike keuse van wat hy wil glo of nie. 

🤔Ek kies daarom om te glo, (nie met geestelike oogklappe aan nie - ek het darem ook bietjie wetenskaplike opleiding gehad en gelukkig ook bietjie "common sense" na 73 jaar op dese aarde. 

Verder kan ek net bly getuig hoe God my na my bekering deur my hele lewe wonderbaarlik gelei en gedra het. Waarom sal ek nou op hierdie stadium van daardie pad wil afdraai? (my getuienis daaroor kan in my boek hier afgelaai en gelees word... 

https://koninkryksfokus.blogspot.com/2019/05/boek-christan-visserman-en-die-jabes.html

💥Wees saam met my opgewonde oor byvoorbeeld hierdie "wetenskaplike" bewyse (getuienisse) dat dit wat ons glo oor die Bybel, nie op sand gebou is nie. (kyk gerus na die video hierna... https://youtu.be/U4OB3e5Q-oM

☕Mag ek meer deel oor ons bediening tans: Die KoFie-project op Sosiale Medium is vir my op die stadium die ideale geleentheid, dit is 'n ongelooflike oop deur en ons is bevoorreg om duisende mense oral oor die aarde te bereik en aan hulle die Goeie Nuus van die Evangelie te vertel. 

😊📖Prys Die Here!✝️🛐

♨️As jy meer wil lees en self betrokke wil raak by ons Kofie-projek, loer gerus hier in... 

👉https://koninkryksfokus.blogspot.com/2021/05/kofie-project-list-of-all-our-facebook.html

👉https://www.facebook.com/KoFie.project/