BYBELSE ANTWOORDE OP GELOOFSVRAE (Page)

BYBELSE ANTWOORDE OP GELOOFSVRAE (bv. Waarom antwoord God nie my Gebede nie?)

Hierdie Blad probeer ANTWOORD UIT DIE BYBEL kry vir 

GELOOFSVRAE waarmee baie mense worstel 


Hiermee 'n voorlopige lys van die Geloofsvrae wat ons tot sover ontvang het en sal probeer dek gedurende die volgende paar weke op hierdie Blog-Blad en WhatsApp Groep.

Mag ek vra dat jy asseblief enige verdere vrae wat jy voel ons moet byvoeg om te bespreek, afsonderlike per epos aan ons sal stuur na Vischris@gmail.com met die Onderwerp gemerk: GELOOFSVRAE.

  1. Waarom antwoord God nie altyd ons gebede nie.
  2. Die Gay debat en of sommige mense so gebore word
  3. Sekerheid oor die Lewe ná die dood
  4. Absolute Geloofsekerheid
  5. Die Skepping en/of Evolusie sonder God se ingrype
  6. Waar is God as kwaad en slegte goed met mense gebeur?
  7. Wat om te maak met oënskynlike foute in die Bybel?
  8. Ateïsme - Bestaan God werklik?
  9. Die Heilige Gees: Hoe en wat dit beteken om vervul te word en onder Sy leiding te leef 
  10. Is die Bybel se evangelie die enigste manier om die ware God te ken of daar ander ander weë na God?
  11. Sending: Moet alle mense en gemeentes dit doen?
  12. Geloofsgenesing: -Maak God steeds mense gesond soos in Bybelse Tye? -Is dit Bybels korrek om in siekte vir iemand te sê: Deur Sy wonde sal jy genesing kry.
  13. A.g.v die oorloë tans - is ons nou finaal in die eindtyd en is die Wederkoms van Christus nou op hande?
  14. Ander: (Vrae soos dit verder opduik)

Ons gaan die "Bybelse Antwoorde" algaande finaal op hierdie Blog-Blad plaas, soos dit op die  volgende WhatsApp Groep (met dieselfde Naam) bespreek en hopelik sinvol deurgetrap is.

Die Blad gaan dus deurentyd opgedateer word soos nuwe Geloofsvrae/Antwoorde bygevoeg word. Ons gaan uiteindelik die finale materiaal soos dit op die WhatsApp Groep hanteer word, met die bespreking daarvan, uiteindelik geordend op hierdie Blad publiseer. 

Sluit gerus steeds hier aan by die Groep en Praat Saam:

BYBELSE ANTWOORDE OP GELOOFSVRAE  by https://chat.whatsapp.com/KaqoqrFp43gC2UkthvhpOI

Kontak gerus met enige navrae: 

Chris Visser,
Koninkryksfokus
WhatsApp: +2782764285260
Tel: 0829269364

BYBELSE ANTWOORDE OP GELOOFSVRAE: 

GELOOFSVRAAG No 1: WAAROM ANTWOORD GOD NIE AL ONS GEBEDE NIE?

Die volgende bydraes was reeds op die WhatsApp Groep geplaas.

1. Unanswered Prayer - A Video of Pete Graig

           https://youtu.be/lTyEo83Y0Fg?si=-Twmm3eEDJZ3KNhK

🤔Pete shares 3 Factors to consider.
(1) God's World (He knows the bigger picture)
(2) God's Will (Matthew 6:10,33)
(3) God's War (a spiritual War against Satan, Ephesians 6:12-20)

2.  Onbeantwoorde Gebede bring mense dikwels by die vraag van lyding...

  • Waarom is daar lyding? 
  • Die Bybel noem dit God se tugproses, daarom moet ons Hom bly vertrou (omdat Hy ons liefhet).
  • Lees gerus Hebreërs 12:10-12 

3. Die vraag bly egter aktueel. Hoor God wel as ons Bid?

Luister gerus na hierdie kragtige getuienis

4. But What is the Purpose of Prayer?

5. Maar waarop behoort ons veral te fokus in ons gebede?

Meeste mense verstaan onder gebed om gunste vir God te vra. Ja, ons mag - Lees Filippense 4:4-6
Mens hoor dit by baie biduurgroepe.
Die leier sou dikwels vra: Waarvoor bid ons? 
Dan volg die lysie...Vir gesondheid van siekes. Mense in hospitale, werkloosheid, hulp met finansies of werk ens.
Maar... Wat van veral te fokus op... 
    • Dankie sê Gebede. (1 Tessalonisense 5:14-18)
    • Lofprysings en Aanbiddingsgebede (Verskeie Psalms, vanaf veral Ps 95 en verder)
6. Om die Bybel self as Gebedsriglyn te gebruik
    •  Om te bid volgens die Duidelike Voorbeelde en Opdragte dwarsdeur die Bybel 
Hieronder volg 'n aantal sulke voorbeelde.

6.1.  8 Honest, Powerful Prayers in the Bible
🔸Jesus' high priestly prayer—John 17. ...
🔸Moses and Miriam's song of victory—Exodus 15:1–21. ...
🔸Hannah's prayer of praise—1 Samuel 2:1–10. ...
🔸Asaph's psalm of despair—Psalm 77. ...
🔸David's prayer of repentance—Psalm 51. ...
🔸Solomon's prayer of dedication—2 Chronicles 6:14–42.

6.2. 15 More Most Powerful Prayers in the Bible

6.3. A few short statements about Prayer: 

    • Those who kneel before God can stand before anyone
    • Every problem has three solutions pray,wait, trust
    • Three possible answers..  Yes, no, or not yet...

7. Om meer te leer / for further Study:

7. 1. Testimony from Joni Eareckson Tada: The Nearness of Christ in 50 years of Suffering:   

Ek het geweldig baie geleer by hierdie getuienis van Joni Eareckson Tada; Hoe sy moes leer om saam te leef met haar omstandighede as kwadrapleeg te leef; noodwendig eers opstandigheid, later aanvaarding en dat sy meer as 50 jaar later, steeds in haar pyn tye, die Here vertrou en haar krag net in Hom kry.  

Deel gerus wat het jy by haar leer?

7.2. Alles het reggekom! deur Stephan Joubert

“Glo maar net - alles sal regkom,” sê hulle. Maar soms kom dit nie reg nie, in elk geval nie soos wat jy gedink het dit behoort reg te kom nie. Wat dan? Ek onthou dat iemand so iets vir my na sy ma se dood gesê het. ‘n Geestelike leier het voor die tyd ‘n paar keer vir hom gesê dat hyself by die Here gehoor het dat sy ma gesond sou word. Hulle moet maar net bly glo. Hy het! Maar toe sterf sy ma en die geestelike leier was skoonveld.

Hoe gemaak? Moet jy glo totdat alles regkom, of nie? Ja, natuurlik moet jy glo … altyd, orals en elke dag! Maar jy doen dit nie bloot net sodat “alles sal regkom” nie, want dit hét reeds! ‘n Mens noem dit die kruis! Daar het alles tussen hemel en aarde reggekom. Daar het Jesus alles tussen God en jou reggemaak. Die kruis is die heel grootste “alles sal regkom” en “alles het reggekom”, wat daar is. Omdat alles reeds reg is, kan jy God  met jou lewe vertrou en met dié van jou dierbares. Jy kan dit doen, al werk alles nie uit soos wat jy dit beplan het nie.

7.3. QotQuestions.com gee nog meer oor Gebed 

Finally: 

  • One can learn and write and speak a lot about Prayer. 
  • But the best is...  START PRAYING!
Just Do It!

 Join us in Practical Prayer for our Ministry:  

GELOOFSVRAAG No 2: 
Die Gay debat en of sommige mense so gebore word

Hierdie is uiteraard 'n sensitiewe Onderwerp waar kerke reeds geskeur het en baie mense mense natuurlik ook al baie seer gekry het. Daarom moet diegene wat hieroor enige bydrae wil lewer of mening wil uitspreek asseblief baie sensitief wees.  

Geen neerhalende uitsprake of onsensitiewe veroordeling (wat as haatspraak geklasifiseer kan word), sal toegelaat kan word nie. Dankie vir jou begrip daarvoor.                                                                                                                

Ons het tevore reeds 'n BLOG-BLAD oor die Onderwerp geskep. Heelwat vrae en menings is reeds daar gedeel. Ons het in beginsel besluit het om so min as moontlik spesifieke persoonlike menings te gee nie, maar eerder veral te fokus GETUIENISSE van veral Ex-Gay persone wat hulle eie verhale vertel. 

Gaan kyk gerus daar. WHEN GAYS MEET JESUS AS LORD          

  

GELOOFSVRAAG No 3 & 4: 
Sekerheid oor die Lewe ná die Dood
Absolute Geloofsekerheid 





GELOOFSVRAAG No 14: 
Vrae soos dit verder opduik

14.1.Die gebruik van geweld indien nodig in die groter belang.


Geen opmerkings nie: