Dinsdag 14 Februarie 2023

Join and Support our KoFie-Project Outreach Ministry on Social Media.

Raak betrokke by ons KoFie-Projek

Kingdom Focus Internet Evangelism

Koninkryskfokus Internet Evangelisasie


1) Wat doen ons by KoFie-Projek? 

Ons gebruik Sosiale Media (die Internet) om met ons Kofie.projek die evangelie te deel en gemeentes te mobiliseer vir Sending (wat baie stram is - bid asb daarvoor).

Ons ervaar steeds baie genade en beleef baie oop deure met hierdie projek. 

Ons is ook betrokke by Moslemevangelisasie - veral die bewusmaking en opleiding van gelowiges daarvoor. Ons het reeds kontakte opgebou met letterlik duisende Moslems met wie ons gesprekke voer, danksy verskeie vrywilligers wat op WhatsApp en Facebook daaraan meewerk. 

2) Our Most Succesful Method: 

We Share the Gospel in many ways and Boost (advertise) some of that Posts by advertisements on the Internet to selected People Groups according to countries and languages.

Vir meer inligting loer gerus hier wat ons doen met ons Kofie.projek 👇

https://drive.google.com/file/d/19_El-rO_9Ol1_kez6EyV0gvjl_uGFcff/view?usp=drivesdk

Of gaan na ons Basis Facebook-Blad hierna   https://www.facebook.com/KoFie.project 

3) People allways ask: Any success? 

The best answer is to visit our Blog with  Testimonies of Ex-Muslims that we share with Muslims here.

Or the Testimonies shared to Muslims on our WhatsApp Group Muslims encounter God (with 130 participants; You can Join it here... )

4) How to get involved in our Social Media Ministry? 

Bid vir ons! (Join our WhatApp Prayer Group Prayer@KoFie - https://tinyurl.com/Bid4KoFie

I hope when you read all the reports on our Blog you will also see the potential of this ministry on Social Media to make a big big difference specifically to influence Muslim People and opens them up for the Gospel.

Please help us to be able to Boost many more such Posts, posts that lead many more people to specifically contact us via Facebook, WhatsApp (and Telegram) and from where we can have further conversations about the Gospel of Jesus Christ. 

Inligting hoe en waar om deel te neem...   https://tinyurl.com/Do-KoFie

5) To make a Donation - Donasie vir ons werk
Welcome to use the following link...
Or... 
use any of the following methods to help Boost some of our Posts by an advertisement on the Internet).



6) Or... Support us by Buying our Books.
Go to our Bookshop and see our Books and other materials - lots are available to Download for Free.

Laastens... Dankie vir al ons Donateurs en Vriende, Julle almal wat ons bediening reeds vir baie jare ondersteun. 
Mag die Here self die seën wat Hy alleen kan gee, oor elkeen uitstort.

Koninkryksgroete,
Chris Visser,
Koninkryksfokus - KoFie.Projek

Sondag 05 Februarie 2023

Ons nuwe Bediening... ANSWERING ATHEISTS

ATEISME - WAT IS DIT?

Voor ek my eie storie en die van ons nuwe Bediening aan Ateiste deel, lees gerus die volgende oor Ateisme in die VSA as jy belangstel - soos saamgestel deur die Pew Research Centre.

10 facts about atheists


1) WAAR HET MY EIE VERHAAL BEGIN?

Alles het verseker begin met my ontmoeting van Jesus Christus as my Verlosser en hoe ek geloofsekerheid ontvang het na jare se soeke daarvoor - dis 'n verhaal op sy eie. Ek was toe 'n eerste jaar Ingenieurstudent op Stellenbosh. Welkom om y getuienis daaroor hier te lees. https://koninkryksfokus.blogspot.com/2021/03/my-testimony-of-how-i-met-jesus-as-my.html

2) MY JARE AS INGENIEUR

Na my graadstudie 5 jaar later het aangesluit by die WNNR (Wetenskaplike en Nywerheids Navorsingraad). Baie van my kollegas daar was verskeie hoogsgekwalifiseerde Ingenieurs wat uit die Kommunistiese Oosblok lande soos Pole, Sjeggo-Slowakeye ens. gevlug het en in Suid Afrika 'n heenkome gevind het, veral in die tyd van Apartheid waar meeste ander lande ons geboikot het.

3) MY DESTYDSE KOLLEGAS

Alhoewel meeste van hierdie Oosblok kollegas teen kommunisme was, was meeste van hulle wel in naam deel van die Rooms-Katolieke Godsdiens, maar in die praktyk meesal Ateïste (na jare se indoktrinering van die kommuniste se "God is dood-telogie" en evolusie-opvoeding). My evangelisasie-hart het gebrand vir verlore mense en noodwendig het ons skouerskuur tot baie gesprekke gelei. Dikwels op langtermyn ondersoeke weg van die huis, het ons dikwels na-ure in hotelkamers en selfs kroeë lang gesprekke gevoer, ek om die evangelie-boodskap te probeer deel en hulle om my geloof te bevraagteken. Ek het toe al beleef die ongelowige wêreld is nie altyd so vriendelik nie, want as jy nie in God glo nie, is 'n Christen seker maar 'n "vreemde" verskynsel - hulle het my voordurend geteiken oor die Bybel en my geloof. Ek moes gereeld bontstaan met vrae oor die Bybel se baie "teenstrydighede" en "onwetenskaplike inhoud" (dinge soos die Skepping, die Sondvloed, Jona in die vis, Jesus se maagdelike geboorte en sy opstanding uit die dood ens. en is dikwels smalend na ons Christene en gelowiges verwys.

4) GEROEP VIR VOLTYDSE BEDIENING

Op hierdie stadium het die Here my vir voltydse bediening geroep. Ek het dus van voor af met teologiese studies vir Predikant begin, eers net deeltyds terwyl ek ook steeds met my Ingenieursberoep sou volhou (op sigself 'n wonderwerk wat ek agv finansiële redes moes aanhou doen). Toe was ek nog meer die "grap van die jaar" vir baie van hulle.

5) BEDIENING AS PREDIKANT

Na 10 jaar was my studies finaal voltooi en het ek die Ingenieurswêreld vaarwel toegeroep en in die gemeentebediening as predikant getree. Later het my bedieningsfokus so verander dat ek saam met 'n Sendingorganisasie as Sendingmobiliseerder gemeentes probeer help het om meer prakties by die uitstuur van sendelinge betrokke te raak. Daardie tyd het ek minder met "Kern-Ateïste" te doen gekry en het meer met gelowiges en "normale" sondaars (een soos ekself) gewerk. Opsomming: My bediening as geordende predikant oor ongeveer 25 jaar was een groot voorreg waar ek die Here kon dien deur my passie as Evangelis en Sendeling uit te leef.

6) DIE OOP DEUR VAN INTERNET EVANGELISASIE.

Na amptelike aftrede jare later en die Covid-19 beperkinge wat ook die kerk kwaai geraak het, het die groot oop deur van die Internet en Sosiale Media om die evangelie met verskeie groepe mense te deel, vir my 'n al groter geleentheid en passie geword. Nie net teenoor my plaaslike volksgenote nie, maar ek het al meer begin fokus op mees onbereikte mensegroepe (onbereik met die evangelie). Die groot Moslemwêreld het veral tot 'n nuwe uitdagende bediening vir ons ontwikkel. Tans is ek saam met verskeie helpers wat algaande bygekom het, veral die afgelope 5 jaar, besig om op Sosiale Media met letterlik duisende mense te kommunikeer; die evangelie te deel en waar nodig debat te voer oor die waarheid van die evangelie, asook om medegelowiges daartoe toe te rus. 💥(Vir meer daaroor kyk by ons KoFie-Projek https://www.facebook.com/KoFie.project )

7) DIE EINDDOEL VAN ONS BEDIENING.

Die enigste doel van wat ons doen is seker logies - om alle mense aan Jesus Christus voor te stel sodat hulle Hom as Here en Verlosser sal aanvaar en dien, sowel as om ander gelowiges daartoe te dissipel. Daar's niks wonderliker as wanneer iemand se oë oopgaan vir die waarheid van die evangelie en Jesus as Verlosser en Het aanvaar nie. 💥 Listen how a Muslim openly declared that he accepted Christ as Lord and Saviour after correctly lunderstanding John 17:3 for the first time. https://youtu.be/QevWr9rXbHE

8) DIE ATEÏSME REALITEIT KOM WEER OOR MY PAD.

Ek was hoogs geskok toe ek 'n aantal jare gelede 'n oud laerskoolmaat ontmoet het, met wie ons tydens ons kinderjare huisvriende was en selfs saam op vakansies gegaan het, en hy my duidelik laat verstaan dat hy nie meer 'n gelowige is nie en in verwondering oor Richard Dawkins se leringe nou 'n Ateïs is. Die grootste skok waarmee ek egter die laaste ruk gekonfronteer was, is 'n baie naby familielid vir wie ek baie lief is, wat my meegedeel het dat hy (en sy hele gesin) die Christelike geloof verlaat het - maw nie meer die Bybel as God se Woord aanvaar nie of in Jesus as Here glo nie - eintlik uitgespel dat hulle "Ateïste" geword het. My ou ervarings van "Ateiste-evangelisasie" het nou weer in alle erns oor my pad gekom. Opnuut gekonfronteer word met aanvalle op die Bybel en ons Tradisionele geloof; Opnuut weer te moet oplees, hoogs wetenskaplike argumente uitluister, bestudeer; weer Apologetiek as vakgebied bestudeer en oor baie nuwe vrae besin. Saam met die aanslag van Islam op ons Christelike geloof, het dit onmoontlik geword om dit te vermy, om ook te besin oor hoe om na Ateïste uit te reik en hulle vrae te probeer beantwoord. Ek het gevind, ja, daar is baie mense wat eens die Christelike geloof bely het, selfs kerkleiers, wat reeds die tradisionele Christelike geloof en die Bybel as Woord van God verwerp het en sogenaamde Ateïste geword het). Immers het die evolusieleer en die name van bekende Ateïste soos Richard Dawkins, Sam Harris, Christopher Hitchens, Daniel Dennett, Stephen Hawking en baie ander die afgelope dekades heldeverering in die Media en Akademiese Opleidingsinstellings soos Onderwys en Universiteitskampusse verwerf.

9) GOD SE WOORD OPEN OPNUUT DIE OË VAN ATEÏSTE.

Daar 'n tans egter ook 'n toenemende aantal "Ex-Ateïste" - mense wat weer dink en ondersoek, terugdraai en weer opnuut die sin van die Evangelie insien en die Bybel opnuut as Woord van God aanvaar. Mense wat die Here Jesus weer persoonlik ontmoet en as Verlosser en Here aanvaar. Ja, 'n "Bekering" ervaar! Prys die Here daarvoor. Vandag is daar ook op die Internet 'n al groter wordende naamlys van vorige Ateïste en/of Agnostici beskikbaar. Net 'n paar bekendes name hiervan is... ▫️John Warwick Montgomery - renowned Christian apologist, Lutheran theologian, and barrister; ▫️Chai Ling – Chinese student leader of the Tiananmen Square protests of 1989; converted to evangelical Christianity in 2009 ▫️Francis Collins – physician-geneticist, noted for his landmark discoveries of disease genes; director of the National Human Genome Research Institute; former atheist ▫️Lee Strobel – former avowed atheist and journalist for the Chicago Tribune; was converted by his own journalistic research intended to test the veracity of scriptural claims concerning Jesus; author of such apologetic books as The Case for Faith and The Case for Christ ...and many more.

10) BESIN OPNUUT OOR DIE BEARBEIDING VAN ATEÏSTE

In my eie besinning daaroor ...I like the phrase that Frank Turek used in crossexamined.org 

"I Don’t Have Enough Faith to Be An Atheist"  

Visit them here... http://www.crossexamined.org/

Die resultaat van my persoonlike besinning hieroor (wat ek dan ook hier nou verder met almal wil deel) is ons nuwe inisiatiewe om die evangelie spesifiek ook met Ateïste te deel.

💥 Ons Blog-Blad "ANSWERING ATHEISTS" https://koninkryksfokus.blogspot.com/p/why-i-still-believe.html

💥Ons WhatsApp Group "ANSWERING ATHEISTS" 

Join here... https://chat.whatsapp.com/KlZvW8FZ6QuI3HHbZs3di7

WAARMEE KAN JY HELP? 

WELKOM OM ONS MATERIAAL SELF TE ONDERSOEK ASOOK OM DIT MET JOU VRIENDE WAT DAARBY KAN BAAT, TE DEEL.