Dinsdag 19 Januarie 2021

Die Bybel en Seksualiteit (verder gedink oor die AS-2019 besluite)

Hoe graag ek ook eerder met die debat wil klaarkry, hoe meer kom dit elke keer weer oor my pad. Omdat ek egter besluit het om ook die Doleer-pad te loop nav die AS-2019 besluite (waar Selfdegeslaghuwelike genormaliseer en aangemoedig word), kan ek nie anders as om ook te bly worstel met die vraag oor wat die Bybel oor die onderwerp sê en om my besluit daarteen voor die Here te verantwoord.

Ek het nou weer na die videos van ‘n konferensie in Moreletapark in 2006 gekyk. DIE BYBEL en SEKSUALITEIT Aangebied deur ses van ons land se top-teoloë! (Seker nav daardie jaar se AS – sitting?)
As ek die aanbiedings en sterk oortuigings waarmee letterlik elke spreker Selfdegeslag-huwelike afwys op grond van die Bybel (in geheel – nie net oor ‘n paar tekste nie), dan kan ek nie glo dat daar nogtans later so oorgehel is by volgende Alg-Sinodes nie en ons nou by AS-2019 se besluite uitgekom het nie.

Ek dink dit sal baie goed wees om weer die materiaal so wyd as moontlik onder predikante en lidmate se aandag te bring. Daarom het ek moeite gedoen om die inligting (wat ek op Jaco De Beer se YouTube kanaal onder video’s gevind het) hieronder te deel. Deel dit gerus verder met diegene op jou webwerf.
L.W. Ek het nie “toestemming” vir die aanbieders gevra om hierdie weer te deel nie. Ek het die indruk gekry dat van hulle nie meer so gewillig is om hulle standpunte van destyds meer so openlik te propageer nie – ek kan dink dat die druk van ander teoloë wat die AS-2019 besluite intussen so sterk propageer, dit baie ongemaklik vir hulle moet maak en hulle dalk verkies om eerder laag te lê daaroor.

TEMA: DIE BYBEL EN SEKSUALITEIT

1.Prof Stephan Joubert – Die Bybel in die spervuur   https://youtu.be/L07NW74nRLY

2.Dr Johan van Schalkwyk – Seksualiteit in O. T. https://youtu.be/6a8yCLn7GSc

3.Dr Marius Nel – Homoseksualiteit in O. T. https://youtu.be/-REDCHGt9cY

4.Prof Jan van der Watt – Hetero en Homoseksualiteit in N.T.   https://youtu.be/L8awAANN–0

5.Prof Jan du Rand – Romeine 1: https://youtu.be/hcCtHB3MT3A

6. Prof Hennie Stander: Hetero en Homoseksualisme in die vroeë Christendom: https://youtu.be/b2sr0zlN7oE

Luister gerus en oordink weer jou standpunt.

Chris Visser

19 Januarie 2021

2 opmerkings:

Anoniem het gesê...

Chris die probleem lê myns insiens nie by die teoloë nie maar by 'n verkeerde kerkbegrip by die gelowiges. Ons neig om op te kyk na "kerkleiers" eerder as na die Koning van die kerk en dan, eerder as om in gehoorsaamheid aan Hom kerk te wees en kerk te lééf deur ons opdrag in Matteus 28 in ooreenstemming my Sy strategie in Lukas 10:1-9 uit te voer, verwag ons van die "professionele christene" om alles te doen.

Unknown het gesê...

Hierdie skitterende aanbieding van prof. Hennie Stander is in 2005 op video gesit deur ‘n bepaalde diensgroep in die Oostelike sinode. In 2015 of 2016 is dit vir die eerste keer op youtube geplaas. Dankie vir die verspreiding daarvan. Die inhoud en boodskap daarvan sal tot die wederkoms van Christus relevant bly, ongeag van hoe die boodskapper daarvan 15 jaar later daaroor voel.

Groete
Dr. Cliff van Vuren