Sunday, September 15, 2024

Erdwurm-Projek om Sendingfondse in te samel

Erdwurm-Projek om Sendingfondse in te samel.
Meeste van die Sendelinge wat op ons WMM-Expo (World Missions Mobilization-Expo) genoem word, doen hulle bedienings met karige fondse. Ons is bewus van verskeie van hierdie Sendelinge se werklike behoeftes en sou waar moontlik, hulle graag op 'n manier wou help.  (kyk by MINISTRIES vir meer besonderhede van die huidige Sendelinge wat ons deur die WMM-Expo-Projek ondersteun) 

ONS PLAN
Om Donasies vir ons Sendingfonds te kry, het ons sommer 'n eenvoudige Erdwurm-Projek begin.
Kyk gerus daarna en deel dit ook met jou vriende.


Lees meer daarvan hier... 
Hallo vriende, ek is Chris Visser van Koninkryksfokus Internet Evangelisasie (KoFie-Projek).
Hierdie is 'n bekendstelling van ons Erdwurm-Projek ten bate van die ondersteuning van ons KoFie-Projek Sendelinge. 

HOE DIT WERK
Dit werk so... Wanneer jy besluit om die Wurm-Projek ten bate van ons Sendelinge te ondersteun (en jou Donasie/betaling maak)... Ontvang jy die volgende:
  • Nice & Fat Earthworms... in 'n 20+20 liters drom-kombo wurm-kas (ons sal ons beste erdwurms insit)
  • Die drom plaas jy buite, naby jou agterdeur in 'n koel plek.
  • Hoera, verby is die nat afval-gemors, eierdoppe, teesakkies, koffiemoer, groeteskille ens. in jou asdrom
  • Híérdie erdwurms sal dankbaarwees om al jou huishoudelike afval en tuinvullis wat jy daarin gooi, te verwerk vir die maak van jou eie kompos en wurmtee vir al jou pot en ander plante.  Lees meer oor die voordele van wurmtee.
  • Wanneer ons jou wurm-kas aflewer, sal ons jou wys hoe om die kompos en wurmtee uit te haal.
  • Laastens: Ons erdwurms is stroopsoet, reukloos, doodstil en sal nóóit kla nie. Gooi net gereeld al jou gemors en bietjie water in die kas en sie daar... 
  • JY KRY HOË KWALITEIT GRATIS ORGANIESE KOMPOS.
ONS PRYSE: 
Goedkoop man, net 'n DONASIE van ten minste R200 ten bate van ons Sendingfonds (verkieslik betaal jy dit asseblief self in op die Bankrekening van die sendeling van jou keuse; Ons verkies om nie geld-middelman te wees nie). 
Kyk weer na die lys MINISTRIES/MISSIONARIES 

As jy egter onseker is wie om so te ondersteun, welkom om die volgende rekening te gebruik:  ABSA Koninkryksfokus Spaar Rek nommer 62789913152 
  • Ons onderneem om sulke fondse na een van die sendelinge te allukeer (en sal jou daaroor inlig).
Neem kennis... Omdat jy so eerlik gaan wees, ontvang jy selfs meer... behalwe jou erdwurm-kas, ontvang jy as GESKENK ook...
  • 'n Gratis een liter Wurmtee (wat jy verdun met 5-10 liter water) vir al jou Plantvoeding. 
  •  'n Gratis liefling Spekboompie (sou jy dit wil hê).
MAAR AS JY DALK BANG IS VIR ERDWURMS 😵 (en dit eerder nie regtig wil hê nie, maar steeds ons projek wil ondersteun - dis nou gaaf van jou 🤔) is hier 'n ander opsie...
Maak dan net 'n DONASIE/INBETALING vir die saak (dan gaan jy steeds jou geskenkies kry (erdwurmtee en 'n spekbompie), en nog iets by... 'n lekker sjokolade tjoklit...

O Ja! Natuurlik stuur jy na jou Aankoop of Donasie net vir ons 'n epos met jou inligting en bewys van betaling sodat ons reëlings kan tref met jou erdwurms of geskenkies. Stuur na vischris@gmail.com
Ons sal jou glo! Jy moet ons asseblief ook glo!

Om te bestel, kontak my gerus by 082-9269364. 
Soos genoem, sal aflewering ongelukkig prakties net in die Centurion en Pretoria omgewing kan werk; kontak my egter vir onderlinge reëlings as jy ver woon.

As jy ook op ons spesiale WhatsApp Groep WMM-Expo (wat hierdie projek bestuur) wil aansluit, klik op die prentjie hieronder... 

By voorbaat DANKIE vir jou ondersteuning.
Kontak Chris vir navrae by 082-9269364






No comments: