Donderdag 25 Maart 2021

Teologiese Liberalisme en die NG Kerk

Die afgelope ruk was daar 'n paar interessante verdere gesprekke oor die onderwerp van Teologiese Liberalisme en hoedanig die NG Kerk en sy leiers daarin funksioneer.

Ek het tevore op die Blog my eie oortuigings gedeel. My wens en passie is om die evangelie te deel en gemeentes daartoe te motiveer en te mobiliseer. Ek wil nie tyd spandeer aan onderlinge Teologiese debatte oor Leersuiwerheid nie. Sending was vir baie jare my voorreg, eers saam met World Thrust en later onder die vaandel van Koninkryksfokus (waarmee ek steeds, tot Hy my kom haal, sal probeer volhou - deesdae veral gefokus op Sosiale Media Evangelisasie). 

My ervarings egter oor die laaste dekade of twee, is dat min gemeentes wat destyds (rondom 2000) aktief by sending betrokke was, steeds daarmee besig is. 

Baie redes daarvoor Eerstens: Finansies - dis gewoonlik die een verskoning (Waarom? Deur die Geloofsofferkonsep wat baie gemeentes tevore gebruik het, was dit nie). 

Nog 'n rede was die verskuiwing in die verstaan van die Sendingopdrag om "Alle Nasies" te bereik na "nie net daar vêr nie; hier by ons is dan soveel nood". Hand 1:8 leer steeds: Jerusalem... Sowel as...die Uithoeke! 

Rede 3 is vir my persoonlik die grootste en hartseerste.  Die gevolge van die AS2019 besluit het gelei tot die bedanking en wegloop van vele lidmate uit die NGK, asook terughou van dankoffers wat noodwendig die kerk laat met minder fondse om die Kerk se hooftaak naamlik Wêreldevangelisasie te doen. Die verdere gevolge is die Dolering van verskeie verdere gemeentes en die dreigende realiteit van kerkskeuring wat al groter word. Covid19 en die inperkings die afgelope jaar het dit natuurlik vererger (of dalk reeds oor die rand gestoot)

Rede 4 volg noodwendig: Toenemende Onsekerheid: Die Kerklike Bastion bied geen sekerheid meer in juis onseker tye nie.

1) Waarom ek self destyds sodanig ongemaklik geword het en my eie besluit om self te doleer.

2) My opgewondenheid na my eie stukkie navorsing op soek na die waarheid

3) My verdere belewenis dat gesprek nie meer help nie na verdere pogings met gesprekvoering

4) My opsommende gevolgtrekking: Die NGK se SGV-debat, Covid en waar die Kerk staan met sy Evangelisasie-taak. 

5) My volgende skrywe oor Die NGK Leierskap se geploeter met die Bybel

6) My antwoord op kommentaar ontvang daaroor

Ek wens ek kan die onderwerp afhandel en ons kerkleiers vertrou met die Kerk. Ek was nooit 'n groot "Sinodale ou" nie. Maar, helaas, ek kan nie met my eie gewete daaroor stilbly nie. Meeste lidmate en predikante bly eerder tjoepstil oor die onderwerp. Min gemeentes spel duidelik uit waar hulle staan en lidmate gaan maar so aan. Wie wil nou deel wees van Kerkskeuring? 

Oor die jare was dit so... Dan dié teoloog se skandes; dan daardie een, maar... Moenie die boot skud nie! MAAR... Is die boot steeds op koers? Ek is oortuig daar is FOUT? 

Ek het my voorgeneem: Hierdie gaan my allerlaaste skrywe wees oor die Onderwerp. Ek skuld dit vir my gewete en ek is vas oortuig ek soek die eer van God hierin. Die volgende paar bydraes is van Nuwe Groot belang om te weet: 

1) GloDieBybel se Opsommende weergawe van die Geskiedenis van die NGK hieroor sedert 2000.

2) Verskeie videos oor die onderwerp van Teologiese Liberalisme in die NG Kerk deur Dr Frederick Mulder op sy Evangelical Platform

Wie is hy? Waarom moet ons na hom luister? Lees hier en besluit self. 

Luister spesiaal na twee van sy lesings:

3) Die Zoom aanbieding oor die onderwerp Teologiese Liberalisme deur die spreker: Simon Brace. 

Nadat ek dit geluister het, was ek net weer oortuig. Ek moet die verslag skryf. 

Die skrywe is dus hoofsaaklik aan NG lidmate gerig. Of jy dit gaan lees en wat jy as NGK lidmaat of leraar daarmee gaan maak, moet jy self voor die Here uitmaak. Dink en praat ten minste daaroor. Wees ten minste ingelig om te besin oor jou toekoms in jou kerk en gemeente.

Koninkryksgroete,

Chris Visser, Centurion.

(NGK lidmaat oor die afgelope 73 jaar; Leraar sedert 1981, die laaste klompie as emeritus)


2 opmerkings:

Unknown het gesê...

Ds. Chris, baie danke vir jou Woord getroue bediening oor vele jare. Dit is 'n getuinis van 'n persoonlike verhouding met Jesus. 'n Groot bemoediging vir die jonger leraars. Geneade en vrede, Gideon

Jan Louw het gesê...

Dankie Chris vir hierdie groot werk waarmee jy besig is. Ek ondersteun jou heelhartig. Dit is 'n waardevolle verwysingsbron van wat in die NG Kerk aan die gang is.