Maandag 15 Maart 2021

Bid asseblief vir ons vir hierdie week 15 Maart -

My goeie vriend Faan vra my elke Maandag waarvoor om vir ons te bid. (Ons is nou maar ons gesinnetjie (ek en Sterna en ons 4 dogters en hulle spruite ens.) en ons bediening Koninkryksfokus en ons Kofie.Projek.

  1. Voorbereiding vir Dinsdag - CCM Zoom konferensie of "Get Together; Ek gaan aanbied oor die CCM Webblad www.ccm.org.za (waar ek verantwoordelikheid neem as Webmeester) en iets oor ons eie Kofie-bediening deel). Tyd 19:00-21:00 ; Tans reeds 43 inskrywings.
  2. Voorbereiding vir Zoomkursus op Donderdag: Foundations of Missions to Media (heelwat voorbereiding, leeswerk en 'n werksopdrag)
  3. Na my skrywe op on Blog: Die NGK leierskap se geploeter met die Bybel heelwat respons en vrae. Bid asb. vir wysheid hoe ek elkeen op 'n geduldige wyse moet beantwoord. Mag die Here myself en die NGK en die leiers reg lei tot sy Verheerliking.
  4. Dringende Gebedsversoek: 'n Klein seuntjie J. (nou 11 jaar) vir wie ek 'n baie spesiale sagte plekkie het, was op 4 jarige ouderdom in 'n ernstige motorongeluk waar 2 van sy familie dood is. Hy het steeds erge trauma en nou ontwikkel dit in spasmas en onwillekeurige lyfbewegings en verlammings (agv 'n besering in sy senuweestelsel?) 

Na ek hom besoek het en lank met hom gesels het oor al sy dinge: Bid asb. saam met my... vir God se genade oor hom, dat God hom tot Sy eer en binne Sy wil sal genees hom sal gebruik om nog 'n groot getuie vir Hom te wees. NIKS IS VIR GOD ONMOONTLIK NIE (Luk 1:37)

Dankie vir jou gebede.

Chris Visser, 0829269364 

1 opmerking:

Unknown het gesê...

Ek doen so Chris