Dinsdag 01 Junie 2021

1. 🤔Hallo, ek het gesê ek wil ernstig met jou praat 🤔

1.    Hallo, ek het gesê ek wil ernstig met jou praat 🤔

Onthou jy, ek het jou gesê...

die ding staan so...

Ek verjaar vandag en as mens verjaar – van kleins af was dit so...Dan verwag mens mos ’n present.

Ek weet nie waarom nie, maar dit was maar altyd so...

En nou? Nee, ek soek nie ’n geskenk nie; Inteendeel, ek wil vir jou een gee.

Hier’s jou geskenk vir my verjaarsdag!


Laai gerus vir jou enige van die Boeke in ons Boekwinkel as ‘n Gratis (geskenk) af.

Mag ek aanbeveel: My eie lewensverhaal: Chrisjan Visserman en die Jabes-gebed. 

https://koninkryksfokus.blogspot.com/2019/05/boek-christan-visserman-en-die-jabes.html

Lees net ’n kort uittreksel uit die boek... Bladsy 80 Die doel waarom ek die verhaal vertel.

Ek het baie lank daaroor getwyfel en baie gebid of ek ooit hierdie gebeure op skrif moet stel, en of ek dit nie maar net heeltemal uit my geheue moet uitvee en dit in die graf laat afsluit nie. Tog was daar soveel om daaruit te leer, en boweal uiteindelik God se hand daarin te sien en Hom op die ou end tog baie eer te laat kry, dat ek tog besluit het om dit te publiseer. Wat die aanvanklike bedoeling ook al was, baie goed het daaruit voortgespruit en daarom verdien dit om vertel te word. Verder is daar, terugskouend, heelwat dinge wat so skeef-snaaks was, dat mens dit selfs as humor kan beskou, alhoewel dit seker is wat onder “galge-humor” bedoel sou word.

Vervolg verder: Mag ek eers iets deel oor my eie Sendingroeping:

Geen opmerkings nie: