Maandag 21 Junie 2021

Koop 'n Boek- God se Diamant skitter voort

God se Diamant skitter voort.

Waaroor gaan die Boek?
Die Boek dink oor praktiese Christenwees in ons tyd en oor die realiteit van ons Getuienistaak te midde van Vervolging; nou reeds, maar vorentoe dalk al erger.

En vra die vraag: Sal ons kan standhou?
Hoe moet ons ons wapens teen die toenemende aanslag reg inspan om weerstand te bied en te oorwin?
Wees wakker; Wees gewaarsku!

“Die mense sal julle oorlewer om mishandel te word, en hulle sal julle doodmaak. Julle sal deur al die nasies gehaat word omdat julle my Naam bely. In daardie tyd sal baie mense van die geloof afvallig word, en hulle sal mekaar verraai en mekaar haat.
Daar sal baie vals profete kom, en hulle sal baie mense mislei. Omdat die minagting van die wet van God sal toeneem, sal die liefde by baie verkoel. Maar wie tot die einde volhard, sal gered word.En hierdie evangelie van die koninkryk sal in die hele wêreld verkondig word, sodat al die nasies die getuienis kan hoor. Eers dan sal die einde kom.” (Mat. 24:9-14)
Moenie die woorde van hierdie profetiese boek geheim hou nie, want die eindtyd is naby (Op. 22:10)

Vervolging is nie nuut nie. 
Vervolging van gelowiges het van die begin van die kerk se ontstaan af voorgekom (vgl. bv. die gemeente in Tessalonisense; 1Tes.1:6 verwys na die gemeente se begin in Hand 17:5-6.

Kyk na die “skare geloofsgetuies” in Heb. 12:1, wat verwys na wat hulle deurgemaak het (vgl. Heb. 11:35-38).

Die aktuele vraag vir vandag is hoe om te volhard; enduit, tot die dag toe; die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding te hardloop? Volgens Heb. 12:1-3 die oog gevestig te hou op Jesus, die begin en voleinder van ons geloof?

Die riglyne daarvoor vind ons in die Boek - 

Die Bybel, die Woord van God, die Swaard van die Gees

Van die lande wat berug is oor die vervolging van Christene is Noord-Korea lank reeds bekend as nommer een op die lys. Dit word gespekuleer dat ongeveer ’n derde van die Christene daar in tronke en werk kolonies aangehou word. Dis blykbaar onwettig om enige Christelike byeenkomste daar te hou of teenoor ander van Jesus te getuig (selfs teenoor jou eie kinders) en selfs net ’n Bybel te besit. Ek verneem gelowiges daar maak baie daarvan om die Bybelinhoud so vêr moontlik te memoriseer en hulle kinders te leer om die Bybel en belangrike geloofswaarhede van die Bybel uit die hoof te leer. Dit sluit in geloofsbelydenisse en gebede soos die Twaalf Artikels, die Tien Gebooie en die Onse Vader gebed.

Dit is dus ook vir gelowiges belangrik om die Bybelse evangelie-inhoud so te ken en te verstaan dat hulle dit op enige geleë tyd kort en saaklik, maar steeds verstaanbaar, met ander te deel.  Dit herinner my aan Petrus se woorde. . . “Wees altyd gereed om ’n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ’n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe” (1 Pet. 3:15)

  • Watter hoop lewe daar in jou en my? 
  • Kan jy jou hoop verduidelik as jy moet? 
  • Ken jy jou Bybel? 
  • Verstaan jy dit reg? 
  • Kan jy dit reg en effektief gebruik wanneer nodig?

VERKORTE INHOUDSOPGAWE VAN DIE BOEK.

Inleiding: Die geboorte van hierdie boek  

AFDELING 1: MENSE EN DIE BYBEL    

  • Hoofstuk 1: Mense het ’n mening oor die Bybel.   
  • Hoofstuk 2: Besinning oor die oefening.  
  • Hoofstuk 3: Waarom mense verskil oor die Bybel? 
  • Hoofstuk 4: Die Invloed van die prediking. 
  • Hoofstuk 5: Die invloed van ’n gemeentevisie   
  • Hoofstuk 6: Lidmate oor die doel van die kerk 

AFDELING 2: WAT IS DIE HOOFOPDRAG VAN  DIE BYBEL? 

  • Hoofstuk 7: Hoe om die Bybel reg te ontsluit.  
  • Hoofstuk 8: Die Hoofboodskap van die Bybel is. . . 
  • Hoofstuk 9: Waarvoor het Jesus na hierdie wêreld gekom? 
  • Hoofstuk 10: Jesus se ‘hoofwerk’ met sy koms na die wêreld.  
  • Hoofstuk 11: Gehoorsaam dit!         

AFDELING 3: WAAR MOET DIT GEBEUR?   

  • Hoofstuk 12: Waar moet ons getuig?    
  • Hoofstuk 13: Die wêreld waarin ons woon.      

AFDELING 4: WIE MOET GAAN?      

  • Hoofstuk 14: Wie moet dit doen?       

AFDELING 5: HOE OM DIT TE DOEN          

  • Hoofstuk 15: Riglyne vir die taak        
  • Hoofstuk 16: Hulpmiddels vir Mobilisering   
  • Hoofstuk 17: Sending: Is dit die moeite werd?    

Die boek is slegs as eBoek beskikbaar. 

@ SPESIALE AFSLAGPRYS : R59 

Betaal gerus op die veilige 
PAYFAST-PLATFORM SE "BUY NOW" KNOPPIE 
Jy kan daar betaal met enige Krediet of ander Bankkaart. Jou eBoek sal onmiddelik na Betaling op jou skerm ontvang word om te lees of af te laai.

Buy

DANKIE VIR JOU ONDERSTEUNING. 
😀Alle inkomste van ons boekverkope word aangewend vir ons 

Sosiale Media bediening - KoFie-Project]

Chris Visser - Koninkryksfokus - Kingdom Focus

Vir enige navrae, kontak gerus die skrywer by...

Selfoon: +27-82-9269364

WhatsApp: +27 76 4285260

Epos: Vischris@gmail.com 


Geen opmerkings nie: