Dinsdag 01 Junie 2021

2. 💖Mag ek eers iets deel oor my eie Sendingroeping:

💖2.    Mag ek eers iets deel oor my eie Sendingroeping:

Jy kan in die boek oor my lewensverhaal alles lees oor hoe die Here my op die pad geplaas het.

Hiermee net ’n kort opsomming oor die tyd toe ek weer moes besin oor my eie roeping en passie vir Christus en die sendingopdrag. Die gedeelte uit Jesaja 49:1-6 oor God se roeping van sy dienaar het baie persoonlik vars en nuut met my gepraat.

Ja, sê vers 1... Die Here het my voor my geboorte al geroep; toe ek nog in my moeder se liggaam was, het Hy my op my naam genoem.

In ’n tyd toe ek soms baie moedeloos was in ons gemeente-ervarings van daardie tyd, en gewonder het of alles die moeite werd was, was ek opnuut bemoedig deur die beloftes van v 4 Dit is nie tevergeefs nie, My God sal my beloon.

My sendingroeping is finaal bevestig met die duidelike opdrag van vers 5-6 wat vir my ‘n baie persoonlike roeping geword het:

“En nou maak die Here 'n aankondiging, Hy wat my in die moederskoot al sy dienaar gemaak het om Jakob na Hom toe terug te bring sodat Israel nie meer verstrooi sal wees nie. Die Here het my 'n belangrike opdrag gegee en my God gee my die krag om dit te doen. Hy het gesê: Dit is nie genoeg dat jy my dienaar is om die stamme van Jakob te herstel en om die Israeliete wat gered is, terug te bring nie; Ek maak jou 'n lig vir die nasies sodat die redding wat Ek bewerk, die uithoeke van die aarde sal bereik.”

Hierdie teksgedeeltes motiveer my nog al die jare daarna. Ek het besef God se taak vir my is wyer as net binne die grense van een gemeente. Om aan dieselfde lidmate, wat almal al hoeveel keer die evangelie gehoor het, oor en oor van God se liefde te vertel, terwyl miljoene ander dalk nog nooit een maal gehoor het nie, dis waarna hierdie teks vir my verwys het.

Ek kon ook oor die afgelope jare meer en meer besin oor wat behoort ons motivering of passie vir Sending te wees. Waarom doen ons dit? Is dit omdat dit die ‘Groot Opdrag’ is? Of... Om Heidene wat verlore gaan te red? Néé! Die wonderlikste ontdekking wat ek persoonlik kon maak, was: Dit gaan glad nie eerstens daaroor nie, maar alles alleen om die verheerliking van God. Ek wil meer en meer mense van alle tale en groepe ook help bring by die plek waar ook hulle Hom kan ken en aanvaar en dien. Alleen so sou God maksimaal verheerlik kan word.

Maar jy vra... Nou, wat het dit te doen met my verjaarsdag VANDAG... 

OK, Kom ek vertel jou eers oor ons KoFie-Projek.

Wat is die KoFie-Projek? (O Ja, KoFie- staan vir Koninkryksfokus Internet Evangelisasie)

Met KoFie- deel ons die Evangelie op Sosiale Media (veral op Facebook, WhatsApp en Twitter) veral aan mense wat nog nie regtig van Jesus gehoor het en nog nie glo nie (1 uit 3 mense in die wêreld is steeds Onbereik met die Evangelie - kan mens dit glo?) 

Vriend, ek en jy ken mos die Here (ek hoop jy ook wel?) - Wat 'n voorreg dat ons die Goeie Nuus van God se liefde en Jesus se Kruisdood in ons plek - in ons eie taal kan ken, en ook glo. (Ek het van kleins af reeds daarvan geleer, maar eers later op ouderdom 18 verstaan en in die geloof aanvaar; Ek hoop jy het ook reeds?) 

VRIEND, AS JY NOG NIE SEKER IS VAN JOU EIE VERLOSSING NIE, KONTAK MY PER WHATSAPP; EK HELP JOU GRAAG DAARMEE! 

WA MY NA +27764285260 of +27 829269364)

Lees Verder: Wat is dan KoFie-Projek se Doel?

Geen opmerkings nie: