Vrydag 18 Junie 2021

KoFie-Verslag (Deel 6) - Ons betrokkenheid by Verskeie ander Projekte.

KoFie-Projek se uitgawes:

Die Tipe Uitgawes waarvoor KoFie-projek voorsiening moet maak en wat Finansies benodig, is die volgende (Dit sluit nie ons eie Rekenaar, Selfoon en ander Apparaat en datakostes in nie):

1) Ons Advertensies op Facebook: Ons probeer so ver as moontlik binne ons vermoë ons Boodskap met Advertensies verder stuur. Dankie vir Donasies wat ons ontvang, waarmee ons dit kan uitvoer. Ons het al dikwels tevore daaroor berig. 

2) Hulp om Data aan te koop: Ons help dikwels van ons medewerkers waar nodig om ekstra Internet data aan te koop vir hulle deelname aan werk op ons Blaaie. Dis gewoonlik in die omgewing van R100 tot R500 per maand vir diegene wat dit nodig het. 

Ons probeer die volgende buite Projekte ook bykomstig ondersteun:

a) Ondersteuning van die kerk in Duduza.  

(Tussen hakies: Die woongebied is nou al meer as twee weke sonder elektrisiteit; Sterkte Dominee Bongani Cele). Bongani is op ons KoFie-Projek span en help met een van ons Blaaie "Mzansi Good Ne

Die gemeente is oor die afgelope drie jaar geplant en het met die Covid tydperk, te midde van ontsettende armoede en werkloosheid, baie swaar gekry. Ons sou graag die leraar en en die gemeente verder wil help om uit te brei op verskeie terreine. Kyk na ons vorige Video oor hierdie Projek.  

Our KoFie-Project in support of Duduza Church on the East Rand. 

MAKE SURE THAT YOU LOOK TO OUR YOUTUBE VIDEO HERE... HTTPS://YOUTU.BE/VA47OKKSGSK 

Enig hulp aan hulle kan direk in hulle Rekening inbetaal word.

Bongani Cele, Bank: Standard Bank, Account number: 257742107.

Belangstellendes kan Bongani kontak by... +27-729244277


b) Ondersteuning van ons Pakistani-kollega. Rehan.

Rehan is 'n Ex-M wat kosbare werk veral onder Pakistanis in Suid Afrika en in sy land van herkoms doen. Ek verwys al my navrae vanuit Pakistani-geledere, veral as hulle Urdu praat, direk na hom. Hy doen uitstekende werk met sy bediening en beleef wonderlike vrug daarop die werk. Ek gebruik gereeld sy materiaal op ons blaaie in ons uitreike na Moslems op Sosiale Media.

Ons sou graag wou toesien dat sy Finansiële situasie meer bestendig is aangesien hy deeltyds ander werk moet doen om te oorleef en dit sy bedieningstyd beperk.

Enige hulp aan hom kan direk in sy rekening inbetaal word...

Rehan Ali, Bank - FNB. First National Bank (South Africa)

Account Number. – 62227401247; Branch Code – 220229  Saving account; Swift Code: FIRNZAJJ

Belangstellendes kan Rehan kontak by... +27-713452967

Hiermee Dankie aan mense wat dalk besluit om die twee projekte te ondersteun. Indien so, stuur asb. ook 'n bewys van Donasie aan ons vir insae. 

Of.... Steeds Welkom om 'n Boek by Koninkryksfokus te koop...

Besoek gerus ons Boekwinkel hier...

Doen Donasies/Betalings: hier...



Geen opmerkings nie: