Dinsdag 01 Junie 2021

3.☕️Wat is dan KoFie-Projek se Doel?

 3.     ☕️ Wat is dan KoFie-Projek se Doel? ☕️

Wel, om volgens Mat 24:14 “ die Evangelie van die Koninkryk in die hele wêreld te verkondig sodat al die nasies die getuienis kan hoor”. Ons doel is natuurlik om met mense wat reageer op ons plasings, te gesels, vrae te beantwoord en verdere saad te saai, soos dit prakties sou uitloop. Omdat ons ook ons WhatsApp nommer op ons FB Blad kan plaas, kry ons dikwels verskeie navrae per WhatsApp nadat ons ‘’n plasing gemaak het. Met enkeles kon ons al diep verhoudings bou en lang gesprekke voer.

Maar jy vra: Hoe ons dit doen.  

Hoe bereik ons die regte mense met ons Posts?

Ons gebruik Facebook se Advertensie-program vir Besighede (Ons blaaie is elkeen ’n “klein Besigheid” – klein, maar ons het bv. reeds kontakte met baie duisende lede (followers) opgebou met wie ons gereeld kan kommunikeer. Ons plaas tipies ’n aktuele ‘Post’ van ons keuse op ’n Blad en “Boost” dit dan (stuur dit as ‘n Advertensie uit, fyn gefokus volgens ouderdom, taalgroep, land wat ons wil bereik ens. en gebruik sekere trefwoorde (Bv. vir Muslims iets soos Ramadan, Muhammad, Quran ens.)

Kortliks som ek dit so op

Ons gebruik 12 Facebook Blaaie van verskillende aard om die evangelie toegespits gefokus aan verskillende mense te deel. (Om sommer jou vraag te antwoord: Wat is ons Resultate? dui ek na elke Blad se Inligting ook die Trefkrag vir elke Blad aan oor die afgelope maand)

Ons ervaring is dat, volgens die verslae wat Facebook aan ons verskaf, baie mense wel na sulke advertensies kyk (People reached); terwyl ’n persentasie van gewoonlik tussen 10 en 20% op die advertensies reageer. 

Hulle doen dit deur (1) die skakels te klik wat gegee word waar hulle meer kan lees (bv. ’n Bybelteks) of 

(2) deur iets af te laai of

(3) die gegewe video te kyk of

(4) kommentaar te lewer of vrae te vra (waarop ons dan probeer reageer – soms gaan die gesprek op WhatsApp voort) of 

(5) soms die plasing (of die Blad self) te “like”.

Lees verder: Wat het dit met my Verjaarsdag te doen?

Geen opmerkings nie: