My Besluit oor my
NG Kerk lidmaatskap na die Algemene Sinode van die NG Kerk se hantering oor
Selfdegeslagverhoudings.
Hiermee maak ek
bekend dat ek uit protes oor die AS se 2019 besluite oor
Selfdegeslag-verhoudinge (SGV), aangesluit het by die Moreleta Kairos
Netwerk met die oog op ’n toekomstige besluit ten opsigte van my eie
Lidmaatskap van my huidige gemeente en groter NG Kerk.
Ek bied dit onder die volgende opskrifte aan:
1.
Waarom
doen ek dit nou?
2.
Wat
is die Moreleta Kairos Netwerk?
3.
Wie
is ek en hoe raak dit my?
4.
Waarop
baseer ek my teenstand t.o.v. die AS-besluite?
5.
Ander
Materiaal wat my oortuigings hieroor gevorm het:
6.
’n
Paar Praktiese Vrae van my kant aan die Kerk
7.
Vrae
aan kerkrade en leraars wat tans kies om neutraal te bly en die probleem dood
te swyg.
Daar is, slegs op hierdie laat stadium, steeds ’n ander opsie! ’n Radikale standpunt-verandering – wat slegs moontlik is as dit met ’n harts-verandering (in die ou taal – bekering, terug na die Bybel) gepaard gaan? Dit is waarvoor ek steeds bid en hoop.
Dankie vir u aandag,
Ter wille van die Koninkryk en
die Eer van God.
Chris Visser, Centurion.
Lees my hele aanbieding hier...
https://drive.google.com/file/d/16w2ax3rqqs2q859RbGoH5Nb34Lwp3gHz/view?usp=sharing
3 comments:
Dankie Chris, dat jy nie skroom om "die waarheid" na vore tebring nie - verkeerd is verkeerd en kannie "reg" word nie. Daar is sovele terreine waar ons as Christene (en sogenaamdes), sal moet kies wat reg en verkeerd is, en sal moet "regmaak" met God, om behoue te bly. Die "groot gebod" van "gaan dan heen ...." word so maklik onder die tafel ingevee en ander waardes en normes aanvaar (soos luukshede wat niks bydra tot die uitbreiding van God se Koninkryk nie en waar daar in 'n gemaksone voortgeploeter word, tot nadeel van die ware "kerk"). Vrede vir jou.
Groot respek!!! Ons het geen ander keuse as om die Pad van die Woord te loop nie.
Ek ook reeds deel van MKN
Seen vir jou pad toegebid.
Piet Fourie
NGK Sasolburg-Tuinedal (Dolerend)
Beste Chris
Weer eens, ek glo jy het die regte besluit geneem.
Ons het werklik 'n hartsverandering in SA nodig op alle terreine.
Ek het so gedink aan 2 Kron 7:14b toe ek jou stuk gelees het.
Dankie dat jy jou beskikbaar stel om op kerklike terrein 'n positiewe leidende rol hierin te speel.
Seënwense
Pieter Strobos
Post a Comment