Dinsdag 06 Oktober 2020

Verslag van ons KoFie-projek - Okt 2020

Hallo Koninkryksfokus-vriende, 

Ons is steeds besig met ons Kofie-projek (Koninkryksfokus Internet Evangelisasie) - waar ons die evangelie deel met mense, veral onbereiktes wêreldwyd. Dit bly 'n wonderlike oop deur met baie geleenthede. Daaroor later meer...

Daarmee saam help ons een van die medewerkers op ons Facebook Blaaie (Bongani) wat besig is om 'n kerk in Duduza, Nigel te plant. Ons het in die Lock-down tyd gehelp met kospakkies vir hulle gemeenskap se oorlewing (en geldjie vir data om te kan kommunikeer). Het ook hulle gemeente besoek en saam met Dare-to-Love 'n groentetuin by hulle help vestig. Die gemeente en tuin gaan mooi aan. Ek kry gereeld verslag. 


Tans onderhandel en motiveer ons hulle om meer self-verantwoordelikheid te neem - 'n Paar besigheids en werkskeppingsopsies bv. 

  1. Dat hulle mense die droë kospakkies koop en teen wins verkoop. 
  2. Rekenaar opleiding (ons kon 'n paar ou laptops kry en hulle kan mekaar oplei ens.) 
  3. Almero du Pisani van SAAWE, wat skaak-kompetisies reël, betrek hulle gemeenskap en veral kinders verder met allerhande skaak projekte (ook om skaakstelle self te maak en te verkoop).

Die fondse vir die uitgawes (kospakkies, aflewering, 3 Megavoice Zulu-Bybels wat ons kon voorsien ens.) Dankie vir almal wat Periodiek daartoe help bydra. Donasies (waarvoor jy 'n GRATIS boek kan aflaai van ons Boekwinkel) kan steeds gedoen word op enige van die volgende wyse: https://koninkryksfokus.blogspot.com/2020/07/payment-for-books-donation-for-our.html

Laastens: 

Ek en Almero gaan volgende week weer 'n Opvolgbesoek in Duduza doen (Ek sien dit vir myself as 'n Mentor/Dissipelskap-projek) - ek word net weer bewus van die nood oral, maar hier is 'n praktiese geleentheid om te help. 

Tans DRINGENDE BEHOEFTE: 'N BRUIKBARE GEBRUIKTE SLIMFOON (Bongani en sy vrou gebruik tans hulle simkaarte oor en weer in dieselfde instrument) 

As jy dalk kan help. Kontak my in Centurion by 0829269364.

Weereens DANKIE vir julle ondersteuning en voorbidding. 

Chris Visser, 

Koninkryksfokus - KoFie-projek

Geen opmerkings nie: