Woensdag 26 Mei 2021

JA, JY KAN OOK NOU DIE GOEIE NUUS MET ONS MOSLEM BURE DEEL! KOM EK HELP JOU...

 KOM ONS DEEL DIE GOEIE NUUS MET ONS MOSLEM BURE!

Hallo vriende, meer as ooit tevore is dit nodig dat elke Suid-Afrikaner (veral diegene wat Christen-gelowiges is) hulle self moet vergewis van Islam en die evangelie met Moslems deel.
Maar baie min mense sien kans, weet hoe, of slaag daarmee. Verskeie redes waarvan die belangrikste is...
1) Vrees en onsekerheid,
2) Onkundigheid, weet nie hoe nie,
3) Probeer wel, maar maak droog met hul aanslag omdat Moslems meesal goed geskool is om "Christene" (sommer alle nie-Moslems), se stellings maklik af te maak en jou belaglik of moedeloos agter te laat.
Inteendeel, meeste Moslems dink (glo) hulle is baie meer godsdienstig as alle ander mense, meer toegewyd (so pas 'n hele maand lank Ramadan gevas; bid 5 kere op elke dag en doen baie "goeie werke" ens. ) Boonop is baie Christene nogal beindruk ook met die mense se "Godsdienstigheid"; Baie dink hulle aanbid mos maar ook dieselfde God as ons.
👉Om jou te help, het ons die volgende Blog geskep;
ISLAM - FACTS AND MYTHS
👩👨Gaan loer gerus daar en lees en leer. Daar is 'n hele aantal Kragtige Getuienisse wat jou eie geloof sal versterk. Ja, God doen wonders en baie Muslims sien werklik die lig.
👉Maar, meer as dit, stuur dit aan (forward) dit aan jou Moslem "vriende" of werkskollegas. Al wat jy sê is... "Ek het op hierdie afgekom; kyk gerus daarna; Wat dink jy daarvan?"
🎲MAAR, AS VERDERE HULPMIDDEL... ONDER AAN IS 'N PRENTJIE (KAARTJIE) MET DIE BLOG SE LOGO ASOOK DIE SKAKEL MET DIE BLOG SE ADRESDAAROP. DRUK DIT UIT EN DEEL DIT UIT AAN MOSLEMS - BY DIE WERK, WINKELSTALLETJIE ENS.
💥Kontak my as julle gemeente sommer 'n hele pakkie daarvan wil hê of...
💥Kontak ons as ons 'n Opleidingskursus (lewendig of via Zoom) oor 'n Naweek of oor 'n paar aande) by julle gemeente kan kom aanbied. Fred Nel van CCM (082-441 7030) bied 'n Uitstekende Kursus daaroor aan - Jou eie geloof sal ook sommer versterk word.
🎬"The Gold Nuggets for communicating the Gospel to Muslims"
😋Mag die nuuskierigheidsfaktor, saam met jou gebede en jou goeie gesindheid teenoor hulle, maak dat hulle wel daarna gaan kyk. Die voordeel daarvan is dat hulle verder (kan) gaan loer, op hulle eie, sonder om bang te wees dat die vriende en familie dit sal sien. 👨‍👩‍👧‍👧






Geen opmerkings nie: