DIE CHRISTEN EN POLITIEK
MAG (MOET) 'N CHRISTEN HOM OF HAAR OOK MET DIE POLITIEK OF EKONOMIE BEMOEI?
Wat beteken dit in ons praktyk as Jesus bid: Laat u koninkryk kom? Of Soek allereers die koninkryk van God...? Net geestelike kerkdinge?
Andy Stanley in 'n YouVersion Bybel Oordenking (Leef met Visie) stel dit so:
"Jy moet God deur jou aksies verheerlik, ongeag waar hulle plaasvind en in watter rol jy op daardie oomblik is. Jy moet God ook as 'n wederhelf, ouer, vriend, werknemer, werkgewer en landsburger verheerlik. Wat jy dus by die huis of werk doen, is niks meer of minder geestelik as wat jy by die kerk doen nie.
Gevolglik is daar 'n geestelike element in jou visie, ongeag vanuit watter kategorie in jou lewe dit spruit. Daar is geen wêreldse strewes nie. Jou visie bestaan nie onafhanklik van jou verantwoordelikheid om God te eer nie. Die uitdaging is om die verband daartussen te ontdek."
Vandag in Suid Afrika kan (mag) 'n Christen nie buite die politiek bly nie. Ja, natuurlik nie noodwendig as politikus in 'n partypolitieke pos nie, maar deur op hoogte te bly en - veral nou ook voor die komende verkiesing - biddend self te besin oor ons land se volgende leiers.






https://www.facebook.com/builderpolitics/

('n Blad meer gemik op ons nie Afrikaanse Township gemeenskap)
No comments:
Post a Comment