Dinsdag 04 Mei 2021

Waarom wag God met die wederkoms... en ander dringende vrae vir Christene

Waarom wag God met die wederkoms? 

Dis seker een van die belangrikste vrae vir Bybelgelowiges wat soos 'n olifant in die kamer is; Almal wonder daaroor, maar niemand probeer dit duidelik antwoord nie. In 2 Pet 3 moes Petrus dit al probeer verduidelik aan spotters wat lag daaroor as hulle vra (v4) "En wat het nou geword van die belofte van sy wederkoms?"

Ander belangrike vrae vir gelowiges:

1) Wat is die die Hoofdoel van die Kerk?

2) Waarvoor het Jesus na die Wêreld gekom? (Dit sou 'n aanduiding wees waarop die Kerk ook behoort te fokus as Hoofdoel, nie waar nie?)

3) Vir wie het Jesus gekom? (agter die vraag sit... Sekerlik ook vir My!; Wat van "hulle"; die ander; heidene, Moslems en ander groepe... om nie eers ander rasse by te trek nie)

🤔WAT IS DIE KERK, GELOWIGES, SE ROL DAARIN? 

🤤EN HOEDANIG DOEN OF SLAAG ONS DAARIN?

📖MATTEUS 24:14 AFR83
"En hierdie evangelie van die koninkryk sal in die hele wêreld verkondig word, sodat al die nasies die getuienis kan hoor. Eers dan sal die einde kom.”

📖2 PETRUS 3:9‭, ‬12 AFR83
"Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer.
Leef in verwagting dat die dag van God kom en beywer julle daarvoor..." (werk mee daaraan; hoe? Deur ons getuienistaak aan alle nasies, heidene te volbring)

📖Romeine 15:4-6 antwoord...Waarvoor het Christus gekom?  

v 4-5 Dit wat in die Skrif opgeteken is... om ons te gee... standvastigheid, bemoediging, hoop (God - Christus - is die bron daarvan, vgl. v 12b en v13) 

v 6: Dan kan julle almal eensgesind uit een mond lof toebring aan God, die Vader van onse Here Jesus Christus

📖Romeine 15:7-12 antwoord verder... Vir Wie het Christus gekom? asook...Waarvoor het Christus gekom?

Vir Wie? Die evangelie is vir alle mense: Christus het gekom vir die Jode, en... vir die ander nasies (nie-Jode sluit ook ons Afrikaners in). Die "nasies" word in verse 9-12 ses maal genoem (plus nog 1x "alle volke"; Vgl die Groot Opdrag Mat 28:19)

Waarvoor? Sodat alle nasies God sou Verheerlik! Hom sal loof (vgl drie OT aanhalings om dit te verduidelik... v9 U loof, tot eer van u Naam 'n lofpsalm sing; v10 Verbly julle saam; v11 Prys die Here; Loof Hom

Die Rol van die Kerk: 

📖Rom 15:14-21 - Paulus nogal "uitgesproke" (v15). 

Hy spel sy sendingopdrag hier uit as gerig "aan die heidennasies" (3x) plus "mense wat nog nie van Christus gehoor het nie" (v20) 

Hy sien dit as "sy priesterlike taak" en sy"genade-voorreg" om die evangelie aan hulle te bedien, om hulle "as offergawe" aan God te wy. (v15-16)

Hoedanig is dit ook steeds die Kerk se taak?

HOE SLAAG ONS AS KERK HIERIN? 

HOE IS ONS IN DIE PRAKTYK BESIG? Hoeveel % bestee ons in tyd, geld en mannekrag aan elke afdeling? 

👉Versorging van lidmate, "ons mense": met preke, bemoediging en Bybelstudie... 

❓Hoeveel %? = 80-90 %, selfs meer?❓

👉Ons getuienis na "Heidennasies" (steeds onbereiktes) 

❓Hoeveel %? = Dit wat oorbly: 20-10%, selfs minder? 

Ja, Paulus is nogal "uitgesproke" (v15) - en dit behoort ons ONGEMAKLIK te MAAK... 

HOPELIK NUUT TE LAAT DINK EN DOEN🤔

HOE OM DIT TE DOEN?

Vir meer praktiese leiding lees gerus ook die Twee Plasings...

Missions exists because the hallowing of God’s name is not.” - John Piper

Shifting our Mindset on Evangelism / The BLESS Method

This B.L.E.S.S. strategy shows, in a very practical way that’s theologically grounded, how anyone can be a blessing and reach people in places where they are living out the good news of Jesus. Download the free book now and find out: http://bit.ly/2xrHbir

BLESS: (Read Luke 10: 1-9)

  • B= Bless
  • L= Love
  • E= Eat
  • S= Serve
  • S= Share 



Geen opmerkings nie: