Sondag 04 April 2021

WAT KOM NA PAASSONDAG?

WAT KOM NA PAASSONDAG?
Met Paassondag het ons gevier, hopelik alle gelowiges, die Opstanding van Jesus uit die dood. Hopelik het ons die krag en betekenis daarvan oordink, wat ons ook daaruit kry. Sy oorwinning oor die dood is ook vir ons! Dit bevestig ons verlossing en oorwinning oor sonde en dood.
MAAR... Wat nou daarna.
Lukas eindig met die verhaal, maar gaan verder. Hierdie boodskap moet uitgedra word! Ons durf dit nie vir onsself hou nie. Daar's 'n wêreld daarbuite wat dit nog nie weet nie, of nog nie daarvolgens leef nie. In Johannes se slotgesprekke sê Jesus: "Soos die Vader my gestuur het, so stuur Ek julle ook" (20:21)
1) In my gesprekke met Moslems op Sosiale Media, nadat ek vir hulle goeie wense met Goeie Vrydag toegewens het, vra twee my waaroor gaan dit dan. Hulle weet nie. Hulle godsdiens ken dit nie, inteendeel, verwerp dit.
2) Die 8 uur nuus op SAUK noem nie eers dat dit Paassondag is nie. Hulle drie hoofberigte: Die Krugerwildtuin wat bly is oor baie besoekers oor Paasnaweek sodat hulle inkomste kon verbeter. Die Weskaap se regering wat miljoene gaan bestee om indringerplante te verwyder. Laastens, verskriklik, mense word gemaan om versigtig te wees: skelms sit skerp voorwerpe op 'n pad in Noordwes, 'n motoris wat sy pap band vervang, word doodgeskiet. Dit is die hoofnuus op Paassondag!
Die Nood in ons land, ons wêreld, is hoog. Hulle moet hoor en glo.
Hoe kan ons beter daarop fokus, daarmee slaag?
Kom ons dink en doen!
Dis die hoofsaak vir hopelik alle gelowiges na Paasfees! Ook vir jou? Kom deel daarin!
Hierdie boodskap moet uitgedra word!

Luister gerus ook na Stephan Joubert oor hierdie sekerheid: Jesus het Opgestaan. 

Kaalgestroop en leeg: Die revolusie vat vlam! [Paassondag 4 Apri 2021]


1 opmerking:

Anoniem het gesê...

Amen Chris. Die metode om ons opdrag in Matteus 28 uit te voer word in Lukas 10:1-9 uitgespel. Dit moet net gedoen word.