Maandag 19 April 2021

Inligting oor ons KoFie bediening soos dit nou op WhatsApp ontvou.

Hallo vriende,  

dankie weereens vir jou belangstelling en ondersteuning met ons pogings om  die evangelie via Sosiale Media te versprei.

Ons bediening op Facebook groei voortdurend,  maar ons ervaar ook 'n groot oop deur op Whatsapp. Ons trek nou al by ongeveer 1000 kontakte daar met wie ons gereeld kommunikeer.

Ons fokus nie net op Moslem Evangelisasie nie, maar omdat dit nou hulle Ramadan vastyd is, maak ons bietjie meer moeite hiermee.

1) Soos tevore genoem, het ons Moslems op Whatsapp begin uitnooi na 'n Al-Kitab Bybelstudie Groep wat ons geskep het, spesiaal opgestel vir mense met Moslem agtergrond.

Kyk gerus hierna (jy is welkom om dit te join; jy sal ook baie daar leer)

https://chat.whatsapp.com/GXD36qOgB8i5pMPWEdlsqC

Dit groei stadig, maar... van die ouens wat op Al-Kitab BS groep aansluit (veral Moslems), wil debat voer daar en dit werk nie uit nie. 

2) Daarom het ons nou hierdie groep geskep. Spesiaal vir Debatvoering tussen Moslems en Christene. (EK VERKIES OM DIE WOORD "DEBAT" TE VERMY EN EERDER NET TE PRAAT VAN "GESPREK")

Kyk gerus daar en bid daarvoor.

https://chat.whatsapp.com/KUycT1yMnzp5dT2LKsW3kX

Sal maar sien hoe dit werk. Reeds 7 nuwe deelnemers, behalwe ekself.

Welkom om dit te "join" as jy voel die Here roep jou vir die soort bediening. 

3) Bid asb ernstig vir die Bediening. Om te onderneem om gereeld hiervoor te bid, registreer asb vir ons WA-Gebedsgroep; stuur asb 'n WhatsApp na +27764285260 met verwysing "Kofie-pray" sodat ons jou daar kan byvoeg. 

Wees geseënd  met Koninkryksgroete,

Chris Visser, 

Koninkryksfokus KoFie-Projek 

Geen opmerkings nie: