Dinsdag 13 April 2021

Vars en Nuwe Nuus - Spesiaal vir jou.

💓New Website/Blog gereed vir Muslims se Ramadan wat vandag begin.

Vriende, Ja, julle weet van ons bediening gerig op Muslims op Sosiale Media - as deel van ons Koninkryksfokus - KoFie-projek.

Ek verstaan self nie altyd waarom en waarheen die bediening gaan nie, maar weet net dat elke beweging uiteindelik blyk te wees presies wat die Here tans doen. Eers was dit net Facebook, toe WhatsApp en nou was ek gelei om 'n Afsonderlike Blog te skep om al die baie gesprekke beter te orden om dan later makliker as 'n Bron-plek te deel vir 'n persoon wat vra, of sommer net vir verdere plasings op die groter internet of as Facebook Adsvertensies.  

Die laaste ruk het sulke gespreksgeleenthede net meer en meer toegeneem, met ons nuwe Doelmatige Blog/Webwerf wat blyk van groot waarde te wees. 

Ek beleef regtig opwindende en oop, eerlike gesprekke met Moslems wat verbasende vrae vra, waarop mens met oortuiging kan antwoord, en waar ek meer en meer ervaar dat daar geluister word. 

Dus... Vandag (aan die begin van  Ramadan) gaan ek dit nou Amptelike Lanseer (hoes daai?) 

💥Naam: ISLAM - FACTS AND MYTHS (Klik hier om daarna te loer)


🙏Jou hulp word daarom seer gesoek... Eerstens om daarvoor te bid...

En help asb. om jou respons op die Blog te gee.👌👍👎

  • Hoe sou Moslems daarop reageer, dink jy?
  • Dalk kan jy self 'n ding of twee daarop leer? 
  • Of... Enige vraag of mening op jou hart.
👀Is dit die moeite werd? Kom daar ooit Moslems tot bekering?
Kyk gerus na hierdie Video... https://youtu.be/EGjWWth9b2M

🙍🙅En as jy 'n Moslem vriend of kollega het, deel die skakel van die Blog gerus met hulle 

👉Hier is die skakel om dit te WhatsApp, epos, op Facebook of Telegram te deel. Waarom nie? https://islam-factsandmyths.blogspot.com/

Dankie, 

Ek sien uit na jou kommentaar,

Chris Visser, Koninkryksfokus

  • Epos: vischris@gmail.com
  • Tel: 0829269364
  • WhatsApp: +27-764285260

3 opmerkings:

Unknown het gesê...


Goeie more Chris. Ons het al iets met mekaar tedoen gehad toe ek nog by Kempton Park Oos betrokke was. Ons werk al die afgelope 20 jaar onder Moslems in die Actonville omgewing. Dit is in Benoni. Ons het ook al 'n evangelisasie kursus sowel as 'n disiplelskap kursus ontwikkel spesifiek vir Moslems. Ek sal gaan dit wat jy post lees en daaruit leer. Lekker dag. Henie Roets

Kingdomfocus het gesê...

Hennie, dankie. Jy is soveel meer ervare en kundig as ek. Deel gerus as jy voel ek moet my aanslag êrens aanpas en waar. Wees geseënd,
Chris

Unknown het gesê...

Sterkte met hierdie projek Chris. Jou hart was nog altyd in die Evangelie. Kobus Fourie