Thursday, September 19, 2024

Koninkryksfokus - Erdwurms en ander nuus

 Liewe Koninkryksfokus - Kingdom Focus Vriende…

(L.W. Hierdie is dieselfde Eposnuus wat reeds op 19 September uitgestuur is)

Soos verlede week genoem is ons Epos Uitdaging dat ons nou ‘n nuwe stelsel moet gebruik (G-Mass van Google).

In plaas van baie eposse na jou, belowe ons nou die volgende.

  • Net EEN EPOS PER WEEK. (Ons weet jy is ‘n besige mens en ons gaan jou nie weer oorlaai nie)D
  • Die Epos gaan net Hoofopskrifte (met die skakels na die artikels) bevat. Dus besluit jy self wat jy daarvan wil lees.

HIER VOLG HULLE:

1)    As jy dit dalk gemis het, ons Uitnodiging om deel van ons WMM-EXPO Projek te word.

Kortliks opgesom, probeer ons nuwe bewusmaking skep oor Wêreldsending en probeer terselfdertyd enkele Sendelinge wat ons van weet wat baie sukkel om ondersteuning vir hulle werk te kry, daarvoor te ondersteun

Vir meer inligting oor wat dit behels, kan jy hierdie QR-prentjie hieronder kan scan (met jou slim telefoon se Scan App)

image.png


Ook Welkom om eerder die volgende Blog te gaan verken: WORLD MISSION MOBILIZATION; klik op die skakel en dit sal daar oopmaak. https://koninkryksfokus.blogspot.com/.../world...

2)   So word mens ‘n MSP: (Missionary Support Partner) – of dan ‘n Sendeling Ondersteuningsvennoot.

Dit behels om by Sendelinge en hulle werk betrokke te raak, hulle te leer ken, vir hulle te bid ens. Engels: to Connect & Care, Pray, Financial Support (Klik die skakel koninkryksfokus.blogspot.com/p/how-to-be-msp.html

3)    Ek stel jou ook graag voor aan ons Erdwurm-Projek:

Wat is dit? Dis ons projek om sendingfondse in te samel ten einde ons KoFie-Projek Sendelinge te ondersteun.

  • Koninkryksgroete,                                            
  • Chris Visser (VisChris)
  • Ambassadeur van die Koning (2Kor 5:20)
Koninkryksfokus - Kingdom Focus  KoFie-Projek                        
o  Phone: +27 82 926 9364                                
o  WhatsApp: +27 76 428 5260

o  Email: vischris@gmail.com                             
o  Besoek ons Blog: Koninkryksfokus - Kingdom Focus   
o  Our Youtube channel - GOOD NEWS FOR ALL PEOPLE
o  DONATE - Ondersteun/belê in ons KoFie-proje
o  Facebook Base Page: KoFie-project  

ABOUT OUR MINISTRY IN MUSLIM EVANGELISM:  

o   Join our WhatsApp Group:  Know and Understand Islam

o   Read our Free Book on the Blog: God & Islam - Facts & Myths

    Sunday, September 15, 2024

    Erdwurm-Projek om Sendingfondse in te samel

    Erdwurm-Projek om Sendingfondse in te samel.
    Meeste van die Sendelinge wat op ons WMM-Expo (World Missions Mobilization-Expo) genoem word, doen hulle bedienings met karige fondse. Ons is bewus van verskeie van hierdie Sendelinge se werklike behoeftes en sou waar moontlik, hulle graag op 'n manier wou help.  (kyk by MINISTRIES vir meer besonderhede van die huidige Sendelinge wat ons deur die WMM-Expo-Projek ondersteun) 

    ONS PLAN
    Om Donasies vir ons Sendingfonds te kry, het ons sommer 'n eenvoudige Erdwurm-Projek begin.
    Kyk gerus daarna en deel dit ook met jou vriende.


    Lees meer daarvan hier... 
    Hallo vriende, ek is Chris Visser van Koninkryksfokus Internet Evangelisasie (KoFie-Projek).
    Hierdie is 'n bekendstelling van ons Erdwurm-Projek ten bate van die ondersteuning van ons KoFie-Projek Sendelinge. 

    HOE DIT WERK
    Dit werk so... Wanneer jy besluit om die Wurm-Projek ten bate van ons Sendelinge te ondersteun (en jou Donasie/betaling maak)... Ontvang jy die volgende:
    • Nice & Fat Earthworms... in 'n 20+20 liters drom-kombo wurm-kas (ons sal ons beste erdwurms insit)
    • Die drom plaas jy buite, naby jou agterdeur in 'n koel plek.
    • Hoera, verby is die nat afval-gemors, eierdoppe, teesakkies, koffiemoer, groeteskille ens. in jou asdrom
    • Híérdie erdwurms sal dankbaarwees om al jou huishoudelike afval en tuinvullis wat jy daarin gooi, te verwerk vir die maak van jou eie kompos en wurmtee vir al jou pot en ander plante.  Lees meer oor die voordele van wurmtee.
    • Wanneer ons jou wurm-kas aflewer, sal ons jou wys hoe om die kompos en wurmtee uit te haal.
    • Laastens: Ons erdwurms is stroopsoet, reukloos, doodstil en sal nóóit kla nie. Gooi net gereeld al jou gemors en bietjie water in die kas en sie daar... 
    • JY KRY HOË KWALITEIT GRATIS ORGANIESE KOMPOS.
    ONS PRYSE: 
    Goedkoop man, net 'n DONASIE van ten minste R200 ten bate van ons Sendingfonds (verkieslik betaal jy dit asseblief self in op die Bankrekening van die sendeling van jou keuse; Ons verkies om nie geld-middelman te wees nie). 
    Kyk weer na die lys MINISTRIES/MISSIONARIES 

    As jy egter onseker is wie om so te ondersteun, welkom om die volgende rekening te gebruik:  ABSA Koninkryksfokus Spaar Rek nommer 62789913152 
    • Ons onderneem om sulke fondse na een van die sendelinge te allukeer (en sal jou daaroor inlig).
    Neem kennis... Omdat jy so eerlik gaan wees, ontvang jy selfs meer... behalwe jou erdwurm-kas, ontvang jy as GESKENK ook...
    • 'n Gratis een liter Wurmtee (wat jy verdun met 5-10 liter water) vir al jou Plantvoeding. 
    •  'n Gratis liefling Spekboompie (sou jy dit wil hê).
    MAAR AS JY DALK BANG IS VIR ERDWURMS 😵 (en dit eerder nie regtig wil hê nie, maar steeds ons projek wil ondersteun - dis nou gaaf van jou 🤔) is hier 'n ander opsie...
    Maak dan net 'n DONASIE/INBETALING vir die saak (dan gaan jy steeds jou geskenkies kry (erdwurmtee en 'n spekbompie), en nog iets by... 'n lekker sjokolade tjoklit...

    O Ja! Natuurlik stuur jy na jou Aankoop of Donasie net vir ons 'n epos met jou inligting en bewys van betaling sodat ons reëlings kan tref met jou erdwurms of geskenkies. Stuur na vischris@gmail.com
    Ons sal jou glo! Jy moet ons asseblief ook glo!

    Om te bestel, kontak my gerus by 082-9269364. 
    Soos genoem, sal aflewering ongelukkig prakties net in die Centurion en Pretoria omgewing kan werk; kontak my egter vir onderlinge reëlings as jy ver woon.

    As jy ook op ons spesiale WhatsApp Groep WMM-Expo (wat hierdie projek bestuur) wil aansluit, klik op die prentjie hieronder... 

    By voorbaat DANKIE vir jou ondersteuning.
    Kontak Chris vir navrae by 082-9269364






    Friday, September 6, 2024

    Nuwe Inligting - September 2024- Congo River Mission - Kom ons Help die Sendeling om in die Congo te gaan werk.

    Hiermee 'n Nuwe Video met Johan Meintjes oor die voorgenome gaan na die DRK. Kyk gerus...

    https://youtu.be/Z6XJntuoInE?si=UNKq95QZ9uJ0GQsg

    WANNEER JY HIERDIE INLIGTING OOR JOHAN MEINTJES SE BEPLANNING VIR SY 3 JAAR UITREIK PLAN NA DIE DRK (CONGORIVIER SENDING) LEES, LUISTER BIDDEND WAT DIE HERE DALK OOK VAN JOU VRA OM DIT TE HELP MOONTLIK MAAK.

    NUWE INLIGTING - Aug 2024

    Johan deel sy Aftellysie voorbereiding vir sy reis na die Congo in die beginspan September.

    BID ASSEBLIEF DOELGERIG SAAM MET HOM VIR DIE UITDAGINGS WAT NOG VOORLÊ.

    Môre vriende. Oupa (sy skoonpa) is swak maar als wat gedoen kan of sou moes word is aangespreek. PDH!

    My detail aftellysie staan weer op 18 items uit 23. Dit sluit dinge in soos sleutels wat moet agterbly, padkos, inpak, laaste admin, edm. (31 Aug is immers 'n uiters waarde gebeurtenis, daarom het ek dit as deel van my aftel by gelys.)

    Die volgende gebedsake meen ek is níe krities tot die vetrektyd in afwagting en geloof:

    1. 'n Barnabas en 'n Timoteus. (iemand wat saam met hom sal werk en ondersteun soos Paulus se reisgenote in Handelinge (lees hoofstuk 11-16)

    2. Reisgenoot. (Iemand wat dalk wil saam ry en 'n deel van die reis koste help dra)

    3. Die 10 Stuurgemeente/ besighede/ RENTMEESTERS om my in die sendingveld te hou met minstens R10,000 per maand. Dis nodig vir sy voortgaande bediening: Bybels vir verspreiding, materiaal vir opleiding van leiers, kos en verblyf, reiskoste in die Congo ens. Hy benodig dus steeds ten minste R10,000 p.m., dus 10 persone, gemeentes of Koninkryksbesighede wat kans sien om elk 'n R1,000 te belê. 

    Dieselfde sommetjie om een van daai R1000 vol te maak is vir 10 Gelowiges wat elk R100 p.m. kan belê vir hierdie saak. As die Here jou lei om een van hulle te wees, kontak Johan vir praktiese reëlings daarvoor. (sy kontakinligting verder ondertoe)

    4. 'n Lae profiel "Thuli Box" op die dak!? Dit het gewig, stabiliteit en brandstof implikasie en verberg die "Africa for Christ" wat geskryf is op die dak van die voertuig.


    Sal net mooi inpak volgens reisroete en bedieningspunte en dit mooi moet inoefen!

    Bg. Is níe onbelangrik, maar sal na verwagting in volhardende gebed en geloof realiseer soos God dit wil.

    Intussen fokus ek op Skrifstudie en Teologiese punte van belang. Bietjie meer oplees oor die Baptiste geskiedenis en gebruike. Belangrikste:  hoe om ten alle tye en situasies 'n Dissipel van Jesus te wees?

    Met groot dank aan julle vir gebede en onderskraging. Mooi dag en week.

    Johan Meintjes,

    +27-82-443-5685 (nommer steeds beskikbaar vir WhatsApp boodskappe selfs op sy reis na Congo)

    Johan Krüger, CEO van FCCA (Fellowship of Christian Churches in Africa) het hierdie landswyd uitgestuur rondom Johan Meintjes se pleidooi vir 'n DAADWERKLIKE Fellowship of Christian Churches in Africa. 👇🏻

    🔥 Greetings fellow felowshippers and worshippers in the FCCA. Praise God! Greetings in Christ Jesus from Nazareth. Yeshua Hamashiach. I am learning that there are wonderful, - if also clandestine by necessity of ministry type and need for confidentiality, - Ministries in the FCCA fold. 
    My open and transparent Christian Concern is stewardship for an Africa for Christ. Southern-Africa as a bastion for Christianity. A Romans 14:17 Kingdom environment! Africa as breadbasket for the world! 
    For that Kingdom purpose I pray for an extended FCCA network in Southern-, sub-Saharan and SADC Africa. A true Fellowship of Christian Churches in Africa. Perhaps two sturdy and visionary Pastors (Ministries or missions) in every country to associate with the FCCA. (FCCA as an accrediting or ordaining administrative covering. Not as a shovel with gold coins!) 
    My first exposure "into Africa" (from "white and sheltered Christian SA") was in 1981. To Mozambique. 15 other countries in Africa since then. 
    Congo River Mission (from Kisangani) is a specific appointment and anointment. Glory to God! Like Jonah sent to Ninivé. 
    Congo River Mission cannot function if geographical isolation either. It needs a logistics, prayer and friends of the mission network between SA and the DR Congo. (4 000 to 6 000 km, depending on the route chosen and churches visited.) A well travelled route, lest neglected governance,  weeds, forests, overgrown roads, lack of roadside inns or Christian hosts and highwaymen (rebels?) continue to push back the trembling (?) body of Christ and the Gospel of Peace into a cozy comfort zone of faith without vision or works, down South (with our backs to the oceans and hated by the Bottom Billion in the Last Continent! God's Continent!). One body, many members! Each FUNCTIONAL as gifted, called, equipped and anointed. My work, by necessity of a demand for transparency in the DR Congo (Kisangani), - so that works of RIGHTEOUSNESS and perpetuated works of iniquity are recognizable in Conflict Mineral Wars Zones in the region of eastern DR Congo, Uganda, Rwanda and Burundi. 
    The Church in SA cannot just be incognito, meek, mild, passive, inward focused and of no good works or purposely united Christian Action at all, - while Africa is made a plunder basket instead of a Bet El, a bread basket for the world. 
    I ask for your prayers, thought and private inputs please. That we all in and around the FCCA will be diligent, visionary, fearless, faultless, overcomers, on time, first time, every time as 1 Corinthians 3:9-15 coworkers of God in every respect. 
    May God Almighty break, mould, fill and use each one of us. Those who may speak and work openly and those who have to work with caution. 
    Thank you for your time, cognisance and prayers. We look forward to Jesus saying "well done good and faithful servant", - with Revelation 22:12 in mind, - at that long awaited "MARANATHA" instant of His second coming?

    Please Contact, Pray and Support Johan during the next week.
    Read underneath for more detail.
    Johan Meintjes. Mobile: +27 82 443 5685. 
    E-mail: esprojects@swissmail.org.

    **********************************

    Oor Johan Meintjes se roeping vir die Kongorivier Sending: (Kyk hier vir meer inligting)

    Wat wil Johan in die Kongo probeer bereik met sy 3 jaar Sendingprogram? 

    Kyk ook hier vir Johan se betrokkenheid by Frontline Fellowship se Kongorivier projekte.

    Johan se berekening en finansiële plan vir sy volgende 3 jaar sending-uitreik na die Kongo met sy basis vanuit Kisangani, is as volg...

    BEREKENDE KOSTES: (om die lang pad van meer as 4,000 km van Pretoria na Kisangani aan te durf: Voertuig diens en 4 nuwe bande (R20,000) - Brandstof (R30,000), Visums en 3e Party (R12,000), Deurgang by grensposte (R8,000), Persoonlik:  medies, voedsel ens. (R5,000) - (Dan is 'n dringende Tandarts behandeling voor Johan kan gaan, en volgens die advies van baie kenners om ook 'n Internasionale Carnet de Passage van R17,000 uit te neem, nog nie ingesluit nie)

    TOTAAL: Bereken self... Sending is nie goedkoop nie. Maar, dis die OPDRAG VAN DIE HERE.

    HIERVOOR WORD DIE VOLGENDE FONDSE BENODIG OM SO 'N UITREIK NOG HIERDIE JAAR TE KAN BEGIN: 

    1) EENMALIGE "launch fund" - R40,000. [GOEIE NUUS - HIERDIE FONDSE IS REEDS GEVIND]

    2) NOG BENODIG: NET NOG TEN MINSTE 10 Persone of Gemeentes wat elk kan help met R1000 per maand, jaarliks hersienbaar vir 3 jaar (om sy basiese persoonlike bedieningsuitgawes en lewenskoste daar te bly dek)

    VERDERE GOEIE NUUS: DIE GEMEENTE NGK WONDERBOOM-SUID IS BEREID OM AS STUUR GEMEENTE TE DIEN (MET OOK 'N BEGIN-FONDS VAN R20,000 VAN HULLE KANT OPSY GESIT)

    3) SLEEPWA: NOG GOEIE NUUS - DIE SLEEPWA IS VERKOOP

    4) SO KAN 'N CHRISTEN-SAKEMAN DALK HELP: Johan is bereid om ook as Tentmaker of Business as Mission in Kisangani te werk in bv. die Mynbou of as Agri "rep". 

    'n Verdere opsie is as vennoot/aandele in die  Gasvryheidsbedryf: koffiekamer, toegang tot konferensiefasiliteit, verblyf in Rivieroewer lodge of hotel. (Kontak hom om meer detail te bespreek)

    5) Verdere sendingsteunopsies met kategorieë van vennootskappe en ander projekaspekte kan bespreek word bv. die Kisangani Bybelgenootskap, Yakusu Sendinghospitaal, Universiteit van Kisangani Fakulteite Teologie en Medisyne of "Libraries for Pastors" deur internasionale vennote. (Kontak hom vir meer detail).

    Kontak...
    *Sendeling: Johan Meintjes:  +27 82 443 5685
    *Stuurgemeente: Ds Johan van As, NGK Wonderboom-Suid (sien onder)
    *Ondersteuner: Chris Visser: +27 82 926 9364
    --------------------------------------------------
    Stuurgemeente vir Kongoriviersending
    NG Kerk Wonderboom-Suid.

    Navrae: ds Johan van As
    Sel: 083 707 2952
    E-pos: jvanas@forexmasters.co.za

    Kerkkantoor 
    Tel: +27 (0)12 331 0494
    e-pos: admin@ngkwbs.org.za

    Bydraes duidelik gemerk vir Kongoriviersending  kan asb. by die NG Kerk Wonderboom-Suid inbetaal word. 
    *NG Kerk Wonderboom-Suid.
    ABSA Takkode: 632 005
    Rekening: 90580515
    SWIFT: ABSAZAJJ
    Verwysing: Kongoriviersending.

    Direkte bydraes
    AJ MEINTJES
    El-Shaddai Projects
    ABSA Spaar Rek no: 9120163464
    Universelekode: 632 005
    SWIFT: ABSAZAJJ
    Verwysing: sending

    Tuesday, September 3, 2024

    Opdatering 3 September 2024 - Southern Africa Truckers Ministry

           Southern Africa Truckers Ministry


     Gesprekke met Adriaan - 3 Onlangse videos

                  OPDATERING 3 September 2024










    Meer Informasie van SA Truckers Ministry.
    Kontak-inligting:
    • Epos: satruckersministry@webmail.co.za
    • Telefoon: +27 82 959 8005
    • Om as Finansiële Vennoot betrokke te raak...
      • Bankrekening: FNB Nommer 62854748963

    Wednesday, August 28, 2024

    Infographic: Status of World Evangelization

    Infographic: Status of World Evangelization

    Source: Joshua Project

    Looking for a roundup of info all on one page that you can use as a reference or send home with people after an event? Consider this piece from Joshua Project.

    Download Status of World Evangelization 2024 (or click on the image below) and browse other graphics created or curated by Joshua Project.