Hiermee 'n Nuwe Video met Johan Meintjes oor die voorgenome gaan na die DRK. Kyk gerus...
https://youtu.be/Z6XJntuoInE?
WANNEER JY HIERDIE INLIGTING OOR JOHAN MEINTJES SE BEPLANNING VIR SY 3 JAAR UITREIK PLAN NA DIE DRK (CONGORIVIER SENDING) LEES, LUISTER BIDDEND WAT DIE HERE DALK OOK VAN JOU VRA OM DIT TE HELP MOONTLIK MAAK.
NUWE INLIGTING - Aug 2024
Johan deel sy Aftellysie voorbereiding vir sy reis na die Congo in die beginspan September.
BID ASSEBLIEF DOELGERIG SAAM MET HOM VIR DIE UITDAGINGS WAT NOG VOORLÊ.
Môre vriende. Oupa (sy skoonpa) is swak maar als wat gedoen kan of sou moes word is aangespreek. PDH!
My detail aftellysie staan weer op 18 items uit 23. Dit sluit dinge in soos sleutels wat moet agterbly, padkos, inpak, laaste admin, edm. (31 Aug is immers 'n uiters waarde gebeurtenis, daarom het ek dit as deel van my aftel by gelys.)
Die volgende gebedsake meen ek is níe krities tot die vetrektyd in afwagting en geloof:
1. 'n Barnabas en 'n Timoteus. (iemand wat saam met hom sal werk en ondersteun soos Paulus se reisgenote in Handelinge (lees hoofstuk 11-16)
2. Reisgenoot. (Iemand wat dalk wil saam ry en 'n deel van die reis koste help dra)
3. Die 10 Stuurgemeente/ besighede/ RENTMEESTERS om my in die sendingveld te hou met minstens R10,000 per maand. Dis nodig vir sy voortgaande bediening: Bybels vir verspreiding, materiaal vir opleiding van leiers, kos en verblyf, reiskoste in die Congo ens. Hy benodig dus steeds ten minste R10,000 p.m., dus 10 persone, gemeentes of Koninkryksbesighede wat kans sien om elk 'n R1,000 te belê.
Dieselfde sommetjie om een van daai R1000 vol te maak is vir 10 Gelowiges wat elk R100 p.m. kan belê vir hierdie saak. As die Here jou lei om een van hulle te wees, kontak Johan vir praktiese reëlings daarvoor. (sy kontakinligting verder ondertoe)
4. 'n Lae profiel "Thuli Box" op die dak!? Dit het gewig, stabiliteit en brandstof implikasie en verberg die "Africa for Christ" wat geskryf is op die dak van die voertuig.
Sal net mooi inpak volgens reisroete en bedieningspunte en dit mooi moet inoefen!
Bg. Is níe onbelangrik, maar sal na verwagting in volhardende gebed en geloof realiseer soos God dit wil.
Intussen fokus ek op Skrifstudie en Teologiese punte van belang. Bietjie meer oplees oor die Baptiste geskiedenis en gebruike. Belangrikste: hoe om ten alle tye en situasies 'n Dissipel van Jesus te wees?
Met groot dank aan julle vir gebede en onderskraging. Mooi dag en week.
Johan Meintjes,
+27-82-443-5685 (nommer steeds beskikbaar vir WhatsApp boodskappe selfs op sy reis na Congo)
Johan Krüger, CEO van FCCA (Fellowship of Christian Churches in Africa) het hierdie landswyd uitgestuur rondom Johan Meintjes se pleidooi vir 'n DAADWERKLIKE Fellowship of Christian Churches in Africa. 👇🏻
**********************************
Oor Johan Meintjes se roeping vir die Kongorivier Sending: (Kyk hier vir meer inligting)
Wat wil Johan in die Kongo probeer bereik met sy 3 jaar Sendingprogram?
Kyk ook hier vir Johan se betrokkenheid by Frontline Fellowship se Kongorivier projekte.
Johan se berekening en finansiële plan vir sy volgende 3 jaar sending-uitreik na die Kongo met sy basis vanuit Kisangani, is as volg...
BEREKENDE KOSTES: (om die lang pad van meer as 4,000 km van Pretoria na Kisangani aan te durf: Voertuig diens en 4 nuwe bande (R20,000) - Brandstof (R30,000), Visums en 3e Party (R12,000), Deurgang by grensposte (R8,000), Persoonlik: medies, voedsel ens. (R5,000) - (Dan is 'n dringende Tandarts behandeling voor Johan kan gaan, en volgens die advies van baie kenners om ook 'n Internasionale Carnet de Passage van R17,000 uit te neem, nog nie ingesluit nie)
TOTAAL: Bereken self... Sending is nie goedkoop nie. Maar, dis die OPDRAG VAN DIE HERE.
HIERVOOR WORD DIE VOLGENDE FONDSE BENODIG OM SO 'N UITREIK NOG HIERDIE JAAR TE KAN BEGIN:
1) EENMALIGE "launch fund" - R40,000. [GOEIE NUUS - HIERDIE FONDSE IS REEDS GEVIND]
2) NOG BENODIG: NET NOG TEN MINSTE 10 Persone of Gemeentes wat elk kan help met R1000 per maand, jaarliks hersienbaar vir 3 jaar (om sy basiese persoonlike bedieningsuitgawes en lewenskoste daar te bly dek)
VERDERE GOEIE NUUS: DIE GEMEENTE NGK WONDERBOOM-SUID IS BEREID OM AS STUUR GEMEENTE TE DIEN (MET OOK 'N BEGIN-FONDS VAN R20,000 VAN HULLE KANT OPSY GESIT)
3) SLEEPWA: NOG GOEIE NUUS - DIE SLEEPWA IS VERKOOP
4) SO KAN 'N CHRISTEN-SAKEMAN DALK HELP: Johan is bereid om ook as Tentmaker of Business as Mission in Kisangani te werk in bv. die Mynbou of as Agri "rep".
'n Verdere opsie is as vennoot/aandele in die Gasvryheidsbedryf: koffiekamer, toegang tot konferensiefasiliteit, verblyf in Rivieroewer lodge of hotel. (Kontak hom om meer detail te bespreek)
5) Verdere sendingsteunopsies met kategorieë van vennootskappe en ander projekaspekte kan bespreek word bv. die Kisangani Bybelgenootskap, Yakusu Sendinghospitaal, Universiteit van Kisangani Fakulteite Teologie en Medisyne of "Libraries for Pastors" deur internasionale vennote. (Kontak hom vir meer detail).
*Sendeling: Johan Meintjes: +27 82 443 5685
*Stuurgemeente: Ds Johan van As, NGK Wonderboom-Suid (sien onder)
*Ondersteuner: Chris Visser: +27 82 926 9364