Goeie more liefste vriende en familie in Jesus Christus ♥️🛐...
Redelike tydjie trug wat ek van ons laat hoor het, maar hulle sê mos:
"geen nuus, goeie nuus"..
Soos my ou Pappie altyd gesê het..."Gelukkig weet die Vader waar julle bly, hy kan maar net bid"🙇🏼♀️
Dit is alweer baie warm hier. Die weer het so vinnig verander, voor ons nog ñ lekker koel windjie kon geniet, brand die son alweer jou kierangs uit!! Ons bid vir reën ook, en weet dat Vader op Sy tyd ons sal genadig wees. Die water raak minder, en ons moet meer spaarsamig werk, maar die dors bly nie weg nie💁🏼♀️
Met ons gesondheid is ons oorgee aan God se genade en Jesus is ons Geneesheer en ons Verlosser!! Elke dag begin ons met die aantrek van "Sy Wapenrusting"
en ons bid die "Vrug van die Gees" oor ons lewens. Daarom kan ons nie anders as om te sê 'dit gaan goed'... God se genade is genoeg!!
Met die geestelike werk gaan dit ook goed. Ons is mos maar net hier as instrumente in Vader se Hand! Hy lei en ons beweeg. Die dorpie het nog nie heeltemal toestemming gegee sodat Johan met die "Hart of men" daar kan ingaan nie, maar ons vertrou dit sal spoedig gebeur.🛐
Verlede Sondag kry ons ñ nuwe besoeker, Roque DeAlmeira...(klink of van Portugese afstam)...maar baie bekend met die Koran en vra groot vrae oor hoekom Jesus vir ons gekom het, en word nie in die Koran genoem nie..🤷🏼♀️
Hy kom elke Sondag en is baie baie geintreseerd en ons bid en vra vir ñ oorgawe!! "Asb Jesus, help Roque om te verstaan dat Jesus vir ons almal gesterf het en dat Hy wél opgestaan het"!!
Gister was hier weer ñ nuweling. Jalia Jalia. Hy bring ñ ou Bybel van hom saam en sê dat iemand anders in Jesus se plek gesterf het👀, hy wil weet waar staan dit in die Woord, dat dit Jesus was wat gesterf het en waar staan dat hy opgestaan het...
Daar was groot geselse gister, en was ons nie gestuur deur die Vader nie, sou ons nie antwoorde kon gee en wys nie. Jalia gaan weer kom, want hy het nou ñ nuwe Bybel waar hy gewys is waar Jesus die Seun van God is en dat Hy vir ons gesterf het en wél opgestaan net. Dis sulke dinge wat gebeur wat ons harte laat oorloop van vreugde en weet dat ons hier nodig is!!
Oudword of nie, jy kan!! Jy kan, met my Here spring ek oor ñ muur, met my God storm ons ñ bende!!
Fil.4:13..."ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee"!!
Fil.3:7..."en die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gesagtes die wag hou in Jesus Christus".
Die laaste tyd het my verlang na ons kinders en families al meer en baie groot geraak😥nou bid ek die dae verby, sodat ons net ñ biki kan wegbreek en kuier. So, ons tyd raak nou kort. Soos ons beplaning is, sal ons seker die 2de week in Desember begin ry. 😳DV 5dae en nagte op die pad wees, maar ons weet dat Vader ons vooruitgaan en ons met elke nuwedag se breek, inwag!!
Gebedsversoeke:
Dat Vader, in Sy Almag, Homself sal openbaar aan hierdie mense en hulle harte en verstand sal aanraak, om Jesus te leer ken.
Vir ons gesondheid, asook ons voorbereiding vir ons vertrek.
Vir ons water kwessie, dat Vader ons gebede sal hoor en voorsien.
Ons kinders en
kleintjies, vir beskerming en ook hul gesondheid.
Vir Roque en Jalia, dat Jesus hulle sal aanraak en hulle n oorgawe maak.
Bid ook vir ds Willem Louw van Potch. Vir volkome geneesing!
Dankie-sê:
Vader se sorg, Sy getrouheid, Sy voorsiening, Sy liefde en beskerming.
Vir elkeen wat ons dienste bywoon, dat hulle ook Jesus se liefde soos ons sal ervaar.
God se genade wat altyd genoeg is.
Dankie vir vrede en vreugde met hierdie mense.
Dankie vir elkeen wat vir ons bid, finansies voorsien en geselsies.
Ons bid vir elkeen van julle Num.6:24-26 toe:
" Die Here sal julle seën en beskerm,
Die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees,
Die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee!"
Ons is lief vir julle, ons bid ook vir elkeen van julle.
Liefde en groete in Jesus ons Heer en Meester 🛐🙏🏼🫂
Julle onthou die vinger van die dogtertjie 'n paar maande terug. Sy het verlede week kom wys; dis nou gesond. |
Ons het weer na 'n baie lang tyd 'n papwiel in Pemba by die petroilstasie. Goedheid van Vader dat ander ons kon help. |
No comments:
Post a Comment