Friday, October 4, 2024

Bekendstelling van NAMAU Bediening

Enna en Johan Dames
 Ons bediening se naam is "Namau Bediening"

Ons werk in die bos, so 50 km noord van die baai van Pemba...die Pemba-Metuge distrik. Dit is so ongeveer 2500 km noord van Maputo, en 3000 km van Pretoria.

Selfoon & WhatsApp:
Johan:+27721123897
Enna:+27674000192

Bank besonderhede: Namau Sending
FNB Potchefstroom
Acc. 63049486285
Br 210835
Nuutste Nuusbrief: 4 Oktober 2024
Goeie more vriende en familie in Jesus♥🛐
Dan wonder mens so baie waar gaan die tyd heen? 
Dis vandag alweer die 4de Oktober, en dis aan die een kant lekker om te dink dat, as Vader ons genadig is, ons nog net 2 maande het voordat ons uitkom SA toe. 🙌🏻
Ons het gister ingekom Pemba toe vir ons maandelikse inkope, en toe eers hier gehoor dat vandag n vakansiedag is 👀
Nou weet ek nie of ek dit hardop moet sê nie, of net moet dink nie!! Is dit ouderdom of net vergeet om te kyk?? Ek sal maar die "vergeet" kies🤪...
Die wind waai onglooflik erg hier. Gisteraand sonder krag gewees, ag en dan sê ek elke dag "dankie Vader" vir die son wat opkom, dat ons weer kan sien om aan te gaan!! 
Met ons gesondheid gaan dit goed. Oumeneer stap🦿aan, en doen sy ding. 
Ek het n heup wat ek vir iemand anders wil gee, maar hulle lag net vir my, so ek stap maar so met hom!! Gelukkig weet en ervaar ons Vader se genade is altyd genoeg vir ons. 
Op die werf gaan dit ook aan. Dis baie droog nou en ons smag na ñ bietjie reën, maar  reentyd is nog nie hier nie. Ons💧water by die huis is ook besig om nou vinnig minder te word. Maar ons glo en vertrou dat ons sal uitkom, moet maar net spaarsamig werk!!
Ons "inverter" het nou verlede Sondag sy laaste asempie uitgeblaas, maar soos ons elke dag Vader se liefde en voorsiening ervaar, het iemand in die "village" sy klein invertertjie voorsien, darem net om ons telefone te kan laai!!🙏🏼
Wat ñ wonderlike getroue God en Vader het ons nie. 
Ons het toe ook navraag in Pemba gedoen vir ñ ander inverter, maar ek wil nie eens noem wat die prys van dit is nie!!!, so ons het die ouetjie nou ingegee by ñ "mechanic" wat gaan kyk of hy dit kan regmaak, anders koop ons maar weer ñ goedkoop ene op die mark, net om ons deur te dra totdat ons van SA een kan saambring. Ek glo ons sal 'n goedkoper een daar kan opspoor.
Ook dieselfde "verlede Sondag" het een van Potch se bybelstudie groepies ons gevra om in te sit by hulle bybelstudie!! Het eers "teems"👀 probeer, maar toe later met ñ "watsup call" heerlik gekuier. Ek moet ook bysê, dit was ook ñ wonderwerk, want om vir ñ meer as ñ uur op ñ "video-call" te wees, hier by ons, is absoluut net uit Vader se hand gegee!! 
Dankie Desda vir julle geoepie, dit was ñ besondere voorreg om.saam te kon sit!!
Dit is ook nou die 10de Oktober die land se verkiesing van n ander president, en ons hoop dit is iemand wat orde kan gee en die land goed regeer. En, dat hy die "oorlog" sal weg laat gaan (soos die mense sê)...
Met die dienste gaan dit ook goed. Die mense geniet baie om saam te gesels, ook veral oor die kaarte van "Die hart van die mens"... 
Johan het al die voelers so uitgesteek om dit "village" toe te vat, maar nog nie n "yes" van die "dorpsraad" gekry nie. So, ons wag maar die regte tyd!! Dit sal kom, net soos Jesus dit wil hê!! 
1.Joh.5:20 "Ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die ware God te ken, en ons is ín die ware God, ín Sy Seun, Jesus Christus. Hy is die ware God en die Ewige lewe."
Soos Riekert Botha skryf:
"Jesus is nie sommer net nie, Hy ís die ware God Almagtig!! Die Seun is die Ewige lewe. Die Ewige lewe is nie iets nie, maar Iemand!! Wie in die Seun is, is in die ewige lewe. Die Ewige lewe is nie goed of goeters nie - dis die Seun!!"

Dankie-sê:
  • Vader se getrouheid, Sy sorg en oneindige voorsiening en liefde vir ons
  • Vir elkeen van julle wat vir ons bid en finansies voorsien
  • God se genade wat elke dag genoeg is
  • Dankbaar vir gesondheid en vrede hier saam met onse mensies
Gebede vir:
  • Dat Vader in Sy grootheid, Homself sal openbaar aan hierdie mense, hul harte sal aanraak en dat hulle Jesus sal leer ken
  • Ook ons kinders en kleintjies vir hul beskerming en gesondheid. Vir hul werk en dat ons Jesus naby ons almal sal voel en ervaar.
  • Ons aanbid ñ Almagtige God en Vader. Sy Seun is in ons. My gebed is dat ons almal, Hom sal ervaar as die Lewende Liefdevolle Voorsiener, Beskermer, Groot Geneesheer en Meester van ons lewens. 
Ons is baie lief vir julle almal en sien uit na ñ lekker kuiertjie DV, aan die begin van volgende jaar!!

Baie liefde uit ñ woeste winderige warm Pemba...
Johan en Enna ♥♥🛐🛐🫂

'n Paar fotos oor hulle werk en lewe.


Heart of Man Aanbiedings







No comments: