Friday, October 4, 2024

Johan Meintjes uiteindelik in Kisangani, DRK - Bly bid vir al sy uitdagings en projekte.

 Johan Meintjes uiteindelik in Kisangani, DRK - Bly bid vir al sy uitdagings en projekte.

 Sy nuutste nuus op  Vrydag 4 Oktober..

Soos u wat op die WhatsApp Groep die nuus volg, is Johan Meintjes reeds by sy bestemming in Kisangani in die DRK. 

Hy skryf vandag....

Goeiemôre vriende, Ek mis julle teenwoordigheid. Sal mettertyd my Kongoriviersending status quo onderling voorhou vir konsultasie en gebed. 

Kon nog níe 'n skootrekenaar ordentlik maak werk. Kragtoevoer 'n werklike probleem! Het Klein "solar generator". Lug dikwels toegetrek met so 'n grys tropiese wolkbedekking. Die muskiete roep saans, snag en met sonop all hulle vriende om aan die mundele te kom proe! Onder 'n muskietnet (wat lugsirkulasie beperk) moet jy níe iewers aan die net raak nie. Dáár byt die muskiete jou raak! 

Besig om uit te pak en in te rig so goed mens kan in hierdie omstandighede van verval, isolasie, "deep resentment against whites", apatie en trauma. Die twee gesinne hier gaan uit hul pad uit om my in te rig. Een gesinshoof is 'n invoer/ uitvoer agent en een 'n mediese dokter. 'n Ouer Seun is besig met honeurs in Agronomy en gee klasse by 'n Universiteit. 

Ek probeer my oor herinstel op die "kommunikasiegeluide". Hulle skakel vinnig oor tussen Frans, Swahili en Lingala. Almal het 'n persoonlike verwagting van die muzungu (mundele). Gesprek-voer is deel van die "ministry of presence". Reënseisoen in die DRK en Kisangani is modder-trap. Die Nuwe  streekhoof van die CBFC Northern Congo River Region (Rev Emmanuel Kapenza) is in Kinshasa vir 'n kongres tot volgende week. Maar hy het reeds my CV en Missie voor hom danksy Diaken Jean Marc.

Oor sy situasie by hulle huis in Kameeldrift waar sy vrou woon en die groot brand, skryf hy... 

Hier is 'n foto van die "Geskroeide Aarde" daar by Marí. Sy sê die huis en kaste ruik steeds na rook en roet. Hulle het Ouma laasnaweek na enkel woonstel getrek daar in die versorgingsvillage. 

Met dank en seënwense. Johan

**************************

Ek herhaal sy Dringende Versoek van vroeër: Ek het steeds minder as R1 500 steun per maand. Moet by R10 - R20K p/m uitkom om myself volhoubaar instand te hou. Verblyf, maaltye, brandstof, klein uitgawes soos Boda-bodas (motorfiets taxis), basiese diplomasie (vir iemand koffie of koeldrank koop tydens afsprake) toiletware, strykhulp, wasgoed en basiese uitreikmomentum.

PDH!

Vriende, as jy gelei voel om juis nou 'n belegging te maak, gee ek hiermee sy Kontak en Bank inligting...

Direkte bydraes na Johan se Rekening:
AJ MEINTJES
El-Shaddai Projects
ABSA Spaar Rek no: 9120163464
Universelekode: 632 005
SWIFT: ABSAZAJJ

Verwysing: sending

Kyk na die Volgende kaart van die DRK. 


Dit val mens op dat Kisangani omtrent presies in die senter van Afrika is. As ou vandaar af bid, gaan dit in konsentriese sirkels uitkring.
ONS BID NOU VIR JOU LAASTE SKOF JOHAN.
🙋‍♂👉🛐🛐✝

No comments: