Woensdag 24 Februarie 2021

Information about a Zoom Course I'm doing.

This Course is about FOUNDATIONS IN MEDIA 2 MOVEMENTS 

Dit is regtig 'n baie leersame en uitdagende Zoom kursus oor 5 weke:

Mission Media U, an initiative of the Visual Story Network. 

VSN is a tribe of 3800 visual storytellers in 95 countries leading a movement so everyone can encounter Jesus and His kingdom.

It focus on How to use media to accelerate disciple making movements?

Kyk gerus na die twee kort informasie-videos daaroor:

Bid asb. saam daarvoor; nogal heelwat voorbereiding elke week, maar ek leer saam met 40 ander mense van verskillende organisasie oor die wêreld heen opwindende nuwe praktiese inligting by die aanbieders, sowel as by hulle. 

Een van die lesse wat ons geleer het...

Die verskil tussen 'n "PUSH" en "PULL" benadering. 

  • Push, is wanneer mens materiaal so mogge troffe uitstuur sonder spesifieke doelwit en verwagting, bv 'n YouTube preek - en wag en sien hoeveel dit gaan kyk en hoop maar dit is van waarde vir iemand.
  • Pull, is om aanvanklik 'n teikengroep te identifiseer, hulle behoeftes vas te stel en dalk met advertensies spesifiek op hulle te rig. Dan bv. sekere vrae te vra wat die behoefte by hulle gaan skep om antwoorde daarop te gaan soek. 
Deur die nodige antwoorde op skakels te voorsien waarop hulle self kan klik, beleef hulle dat hulle self aksie neem en kan ons daarvandaan met diegene wat reageer 'n verdere pad begin loop. 

Ek het bv. reeds oor die afgelope jare verskeie "antwoorde" op baie "vrae" op ons Blog of op Facebook geplaas. Die "antwoorde" is dus beskikbaar, maar hoe om die persoon met die vraag te verbind met die antwoord, of hom te help om sy vraag self te verstaan en die antwoord daarna op die regte plek te soek. 

Die konsep van om eerder die Pull metode as Push metode te gebruik, dis waaroor dit hier gaan. 
(Lees verder vir meer; ek hoop ek verstaan dit reg 😳 ?)

Geen opmerkings nie: