Hiermee ’n eerlike hart-ontboesemingsverslag.
Lees dit asseblief, bid asb. saam met ons daarvoor. Neem gerus vir jouself dááruit wat jy kan leer..
Maar ook wil ek met jou deel wat die Here duidelik aan my
openbaar het die afgelope tyd: dalk ‘n beter werkwyse vir die toekoms.
1.
Vele “vriende” op ons Kontakte-lys:
Ja, ons is dankbaar
om vêr bo ons verwagtings van toe ons begin het, te groei. (kan net Jabes-gebed
se “Seën ons Here; vergroot ons grondgebied” wees).
Ons totale kontaklyste staan teen einde Augustus op...
1.1.
Facebook kontakte (op twee profiele en 11
Blaaie): 37,128
Daarvan is die groepe
met die meeste kontakte...
·
Conversation with Muslims = 10,411
·
Know and Understand Islam = 3,984
·
African Kingdom Disciples of Jesus = 3,937
·
Praise God all over the World... =
4,595
·
Facebook Groepe (vir Gebed ens.) = 1,250
1.2.
Telegram, Twitter en ePos kontakte = 4,185
1.3.
WhatsApp Kontakte = 1,454 (172 met Muslims)
1.4.
Dus: totale aantal gereelde kontakte: 42,767
2. Dankbaar
vir Groeiende Resultate:
Dit bly wonderlik om te dink mense oor die hele wêreld word bereik
met ons Plasings op Facebook en die Advertensies wat ons uitstuur, gerig na spesifieke
mense, meesal onbereiktes in sekere land en/of taalgroepe. En dit kos relatief
so min. Die afgelope maand was die statistieke vir die Blad Conversation with
Muslims soos volg. People Reached: 233,519; Post Engagements: 41,868; Page
likes: 439 ; Die totale aantal Page likes (members) op die Blad het intussen die
10,000 merk oorskry.
Hantering van Negatiewe/Aggressiewe persone op die Blad: Ons het die afgelope ruk vir die eerste keer redelik
aggressiewe en uittartende kommentaar van enkeles ontvang, met slegs een doel
en dis om die Blad negatief af te kraak en ander lesers te beïnvloed. Dis
duidelik dat hulle die Blad se styl probeer afbreek. Ek het dus besluit om sulke
mense een maal te waarsku en dan te blokkeer. (lees onder oor Frustrasies
en uitdagings). Ons het besluit op ‘n nuwe werkwyse en dit ook so aan
almal op die Blad uitgespel. (Blokkeer ’n persoon wat bly moeilikheid maak
eerder as hom te laat voortgaan met sy vergiftigingsproses – Bid asb. daarvoor!)
Nuwe WhatsApp kommunikasie: Waaroor ek veral
opgewonde is, is die nuwe afsonderlike WhatsApp nommer op ons Blad, waarop
mense ons privaat kan kontak vir gebedsversoeke en vrae. Die afgelope maand het
172 Muslim-mense ons so gekontak en kon ons hulle nommers op ons lyste stoor
vir opvolggesprekke. Ek kan ook so meer persoonlike materiaal aan elke elkeen
stuur. Dis kosbaar as iemand vra vir gebed of vir meer inligting oor die Bybel.
Die taal-uitdaging word d.m.v. Google Translate nogal verbasend goed verhelp.
3. Frustrasies
of Uitdagings wat ons beleef:
Ter wille van duidelikheid, verduidelik ek dit bietjie in meer detail:
Ons het vroeg aan die begin besluit om nie te veel by gesprekke
wat in debatte kan ontaard betrokke te raak nie. Ons is egter bevoorreg om met
meer en meer Muslims op die FB Blaaie (en WhatsApp groepe) te gesels, maar die
uitlokking tot debat is hier baie sterk. Daar is soveel reaksies wat tot
afdraai-paaie lei, dat mens maklik daarin verval. Ek moet dus bely dat ons in
baie gevalle daardeur gevang word. Mens deel die Bybel, maar kry dan die reaksie
soos “Mens kan nie die Bybel vertrou nie” – en dan begin jy verdedig. Veral op
die Muslim blaaie gebeur dit so dikwels en om daarin te onderskei, is moeilik.
Wat sou die doel van ’n gesprek in die rigting wees? Vier
begrippe verduidelik dit: Bevestiging, verdediging, weerlegging, oorreding. (Daar
is uiteraard iets soos Bybelse Apologetiek; Lees meer daaroor by... http://www.antwoord.org.za/2010/11/is-apologetiek-bybels/
)
Behalwe om die evangelie van die Bybel te verdedig (Vgl.
Fil. 1:16 “Paulus... dat dit my taak is om die evangelie te verdedig”; 2 Kor.
4:2 “Ons maak die waarheid openlik bekend”; Fil. 1:7 “ my verdediging van die
evangelie en die bevestiging van die waarheid daarvan”), kan mens nie anders as
om ook die baie verskille en vrae oor Islam, die Quran en Muhammed se
geskiedenis op te haal nie.
Dit dwing mens dan tot ’n ander benadering, dikwels
uitgedaag deur jou opponent en waarop jy dan (moet) reageer: Polemiek.
Die betekenis hiervan word die beste verduidelik uit twee verskillende woordeboeke
(the practice of engaging in controversial debate or dispute; an aggressive
attack on or refutation of the opinions or principles of another).
Die resultaat is dan selde dat daar vrugbare grond vir die opneem
en groei van die evangelie gevind word. Hoe dan gemaak...?
4. Ons Nuwe werkwyse:
- ’n Nuwe besinning by myself oor wat ons wil doen, moet doen en hoe om dit te bereik. My antwoord waar om die klem te laat val, is... Slegs Jesus!
- Gehoorsaam sy opdragte – Gaan en Verkondig Sy Boodskap; Maak Dissipels; Leer hulle!
- Deel die onverwelklike Boodskap van Jesus, vertel sy Stories (gelykenisse) en sy preke (Bergpredikasie) erns.
- Vertrou die Heilige Gees om die “werk” te doen – Om die geloof te skep en te laat groei.
- Prakties: Ons het die Blad se Styl en Doel weer mooi uitgespel, ons Vat die moeilikheidsmakers vas (ons waarsku hulle eers en Blok hulle dan. Dit werk!)
- Besoek gerus die Blad by https://www.facebook.com/GodAlsoLovesMuslims
5.
Bly ondersteun ons asseblief hierin. Hoe?
·
Sluit aan by een van ons Gebedsgroepe en BID
gereeld hiervoor.
o
Pray for
Internet-Evangelism to Muslims
o
Pray for Internet-Evangelism
to All People
o
WhatsApp gebedsgroep: Registreer met
Woord “Bid” by +27671957980
· Donasie
en/of Koop ’n Boek in ons Boekwinkel om ons KoFie-projek te Ondersteun. Betaal
dit hier.
1 comment:
WYSHEID VIR JULLE.
VERKONDIG, proklammeer, moet nie in redenasies vasval nie.
BE blessed.
Post a Comment