Woensdag 12 Augustus 2020

Kom deel ook jou Getuienis

Ps 66:16 Kom luister, alle dienaars van God, ek wil vertel wat Hy vir my gedoen het:

1 Pet 3:15 Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe. 

Ek het by 'n vorige plasing my lewensverhaal gedeel. Die konteks waarbinne dit gebeur het, was die uitdaging van 'n Moslem man om met my 'n Christen-Islam debat te voer, hy wat homself voorstel as 'n "Ex-Christen". 

Omdat ek besef het dat so 'n debat selde 'n bydrae lewer om teenoor so 'n persoon te getuig, het ek daarop vereis dat ons eers ons elkeen se stories vertel van hoe ons Christene geword het. Hy sê mos hy was tevore 'n Christen.

Ek het my lewensverhaal en bekering dus vertel en hom versoek om ook sy eie "getuienis" te gee van hoe hy dan eerstens 'n "Christen" geword het, voor hy hom tot Islam bekeer het. Aanvanklik het hy ja gesê, maar toe kop uitgetrek (wat ek verwag het). 

Ek is steeds biddend besig met hom... Bid asb. saam vir Shongwe...

Welkom om my volledige lewensverhaal - in boekvorm (ook as eBoek beskikbaar)  waarin ek my storie in meer detail vertel, aan te skaf en te lees. (Alle inkomste uit ons boekverkope gaan vir ons KoFie-bediening)

Vir meer inligting oor die boek en hoe om dit aan te skaf, klik hier...


'n Paar dinge het verder gebeur wat my op hierdie Nuwe PROJEK laat besluit het.

PROJEK... KOM DEEL JOU EIE GETUIENIS

Die krag van 'n getuienis het my opnuut aangegryp. 

'n Getuienis bemoedig die leser/luisteraar, maar dit plaas elkeen ook voor 'n keuse: Het jyself 'n "getuienis" van 'n ware ontmoeting met Jesus, van 'n eie persoonlike geloofsekerheid? Waarom deel jy dit nie?

DIT WAS DIE GEBOORTE VAN PROJEK-GETUIENIS:

Lees meer oor waarom die Projek, wat dit is en hoe dit werk? 

(Klik hier vir meer inligting)


Geen opmerkings nie: