Monday, December 9, 2024

Hendrik & Betsy's Newsletter December 2024

 Hendrik & Betsy's from Didasko Missions Academy

Newsletter December 2024  



Very exciting news; Click the link underneath 

https://www.dasko.org/vblog/2024-12

Sunday, December 8, 2024

Uitnodiging van Ds Gawie Joubert, XANAGAS, Botswana...

UITNODIGING / ROEPSTEM VAN

Van Ds Gawie Joubert, XANAGAS, Botswana...

NB !! LEES ASB. Jy word geroep......


Elohim. -  Trinity. 

“Call Your Brothers.” Was die Antwoord op my vraag:  " Wie gaan help?"

Wie gaan help om die mense van New Xanagas te leer om te werk?

Dis amper ‘n Macedoniese roepstem.       

Laas nag toe ek besef – in Jan 2025 wanneer die owerhede die groen lig gee en sê “Yes Moruti – good idea – you may start." 

Dan moet ons reg wees – eintlik klaar begin het om die 44 km cut line met ‘n GPS uit te gemeet het. 

Die +- 196 mense wat betaal word om te skoffel ens – kan dan amptelik met goedkeuring die cut line oop kap vir die TRAILER TRAIN – terwyl ons wag vir die masjinerie om afgelewer te word. 

Lees asb die engelse brief gerig aan die Government of Botswana – aangeheg.

Hulp word ook benodig met die voltooing van die CEDA lening se aansoekvorm - dis lywig.

Die besigheidsplanne word deur Theuns en Brian gedoen – eintlik klaar – die finale afronding en kwotasies ens. moet gedoen word. 

14 dae na vorms voltooi is word VERSKAFFERS betaal....... Admin is my swakste punt.

Dis nie net die wat ‘n kettingsaag kan hanteer wat benodig word nie – vrou lief kan in die skool kom help as volunteer. Hulle sal dit BAIE geniet.

Het jy enige SKILL ? Kinder werk? ??? – kom.

Vat 'n maand of 3 sabbatsrus - of is jy afgetree en nog jonk of jou gap jaar?

Het jy ‘n karavaan of tent - kom.    Het jy niks maar WEET jy moet kom – kom.     God sal Voorsien.

Een gemeente het hul maandelikse donasie van 2025 vooruit gegee en ‘n ander Sinode het R5000 gegee – So GLORY ons het al so R 20 k vir kos. 

Jy is welkom om dit wat jy buitendien sou gebruik vir kos – in die kas te gooi vir die nodige.   Jy kan nie kom nie maar wil help - dam se nr is onder.   Dankie Vader.

Ons eet en kook almal saam. As jy petrol kort – praat. 

Wil jy WHK toe vlieg? Dan gaan haal ek jou.

Kooitjie, Abe Cloete -‘n vorige sendeling van Gaborone – se vrou - se wyse woorde is: “Die mense kan nie uit ‘n VAKUUM leer hoe om te werk nie.” 

Kom help om die vakuum te vul met Dade en Woorde en so word almal wakker dat Christus se Lig helder skyn en Ons Vader Verheerlik word.

Jy moet ‘n paspoort besit. By die grens skryf – Visit Pastor Joubert. KALAHARI FOUNTAIN New Xanagas Tel 73696737 Vra vir 90 dae of what ever. 

BEL !!

Die 1 ste 7 wat hier is - kry ‘n aandeel in Eat To Live.      

Jy kan NOU kom. 

I M M A N U E L.

Xanagas@gmail.com  Gabriel. WA +27721580587     

Cell +26773696737

FNB Lynnwood tak  252045  rek nr 620 318 253 86  GS Joubert.

Standard Bank Gobabis tak  082072 Rek nr. 143 356 488  Joubert.

"Gaan    -    Kom."

Tuesday, December 3, 2024

Disrupting Missions for Greater Impact

'n Diep Dink Moet-lees artikel.     

 NEW: Mission Insights from the Founder and CEO  of Harvesters Ministry💥

What’s the state of missions today? 

 

What are the greatest needs? 

 

What must change?

 

The world is shifting rapidly, and it’s time to examine how we approach missions. Today, I’m sharing an important, timely article about the way Harvesters is disrupting traditional mission models to accelerate church planting, revolutionise pastoral training and maintain sustainable expansion.

 

Is it time we turned missions on its head?


https://www.harvestersministries.com/en/disrupting-missions-and-church-planting/

Saturday, November 30, 2024

LIG VIR DIE WÊRELD - FEES - VTM - WMM-EXPO:

Betekenisse van Begrippe:

  • VTM =VOORTREKKER MONUMENT
  • WMM-EXPO = World Missions Mobilization Expo (Wat gaan fokus op die Bewusmaking van Wêreldsending en die ondersteuning van Sendelinge in hulle Nood en Behoeftes)

Hiermee die nuutste terugvoer daaroor. 

NEEM KENNIS - Nadat ons op 'n stadium gehuiwer het... 

DIS NOU FINAAL: JA! DV GAAN ONS VOORT!

TEKEN DIE DATUM AAN: 14-15 MAART 2025


Eerstens, Bid asb. ernstige saam met ons hiervoor. Dit kan 'n groot hupstoot op baie terreine wees. Vir die Sending en die Kerk. Bid asseblief saam oor die Beplanning en as dit die Here se wil is, die realisering van die Droom.

ONS DOELWIT MET HIERDIE SENDING-EKSPO IS DRIE-LEDIG: 

1) Sending-bewusmaking: 'n Geleentheid waar Sendingorganisasies en  Sendelinge  aan 'n meer sekulêre gehoor (nie die gewone kerklike omgewing nie) hulle bedienings kan uitstal, bekendstel en hulle netwerke kan uitbou.

2) Fondsinsameling vir Sending: Alle winste van die Fees sal uiteindelik aan die Sendingorganisasies wat amptelik registreer en uitgestal het, gelykop verdeel en aan hulle uitbetaal word. 

3) Heel Belangrikste: Op hierdie LIG VIR DIE WÊRELD-FEES gaan ons almal ons lig laat skyn; 'n Lig vir die Wêreld wees! Teenoor mekaar en teenoor alle ander uitstallers en besoekers - sodat die hele Pretoria en Suid-Afrika daarvan gaan kennis neem. 

ONS BEPLANDE PROGRAM: 
Ons Beplanningsgroep doen ons bes met 'n UITSTAANDE PROGRAM om soveel moontlik Besoekende Feesgangers te betrek -  Behalwe die Sendingorganisasies wat gaan uitstal...
- 'n Uitnodiging aan almal wat Markte bedryf (verkopers van kos, enige wettige produkte of klein besighede). 
- Uitnodiging aan alle Parkrun-Groepe van Pretoria om op die datum (ONTHOU = 15 Maart!) by die VTM-Parkrun in te skakel en by ons program gaan inskakel.
- Daar is nog verskeie ander verassings wat ons later gaan deel (Bekende Sangers, Kore, met 'n Koorkompetisie word reeds die vorige aand beplan word, met die wenkore wat die Saterdag gaan optree;  Jukskei, die Motorfiets-mense, Fietse en nog.. en nog) 
- Die vriendelike VTM-personeel help ons om die Fees vir alle besoekers net een groot Fees van Pret en Genot te maak. 

Onthou die Datum:  DV 14-15 Maart 2025

JY IS WELKOM! Nooi nou al jou familie en vriende.

HOE KAN JY ONS HELP?

1) Gemeente-leiers/leraars/pastore:  Deel die Projek asseblief met julle gemeente se lidmate en veral met die Sendingorganisasies en Sendelinge waarby julle gemeentes betrokke of net bekend is (indien moontlik kan u hulle help deur dalk aan te bied om hulle registrasiefooi van R400 en/of dalk vir die wat moet vêr ry te help met reiskoste) 

2) Motiveer ook soveel as moontlik van julle gemeentes se lidmate, veral die lede van die gemeente se Sendingkomitee, om deel te neem. Sulke blootstelling by so 'n Sending-Ekspo kan waardevolle visie en ervaring aan alle besoekers bied.  

3) Gemeentes wat self besondere uitreik-programme het en wat dit dalk met ander gemeentes wil deel is welkom om self 'n Gemeente-Sending Uitstalling te kom aanbied (Kontak ons gerus vir enige navrae)  

4) Maak asseblief die Projek aan die lidmate wat betrokke is by verkope by Markte soos kosstalletjies of ander klein besighede bekend.

DIE PROSES VORENTOE

'n Aantal afsonderlike WhatsApp Groepe is geskep vir al die belangstellende deelnemers om voorlopig hierby aan te sluit ten einde op hoogte te bly van verdere reëlings... Jy is welkom om dus nou dadelik by die Groep van jou keuse aan te sluit sodat ons jou vorentoe op hoogte kan hou waar om te Registreer, reëlings met die spesifieke datums vir opstel van Uitstallings ens. 

1-LIG VIR DIE WÊRELD - FEES : Beplanning, Koördinering en Finansies (Geslote groep)

2-LIG VIR DIE WÊRELD - FEES :  Sendingorganisasies wat Belangstel om wel deel te neem deur 'n uitstelling op te sit (sluit gerus op hierdie stadium aan op die groep om hulle voorlopige inkoop te demonstreer; meer inligting sal op die Groep verder gekommunikeer word bv. hoe, waar en wanneer om te registreer)

Om by die Groep aan te sluit...   https://chat.whatsapp.com/GPNa1UtMX42IqwjLcw2QKn

3-LIG VIR DIE WÊRELD - FEES: Kerkleiers & gemeentes se Sendingverteenwoordigers. 

Meer inligting hoe om julle gemeente en die Sendelinge wat julle ondersteun se Sendingprojekte te kom bekendstel en julle lidmate hieroor in te lig sal so gou moontlik op die Groep verskaf word.

Om by die Groep aan te sluit...    https://chat.whatsapp.com/CXArQsC3NQgDSEXR6syLKw

4-LIG VIR DIE WÊRELD - FEES: Markte (Alle klein besighede, vlooimarkte en kosstalletjies wat by die Sending-Ekspo Fees wil deelneem. Verdere Inligting bv. hoe, waar en wanneer om te registreer, sal op die Groep gedeel word).

Om by die Groep aan te sluit...      https://chat.whatsapp.com/HHGET0nJOTjDItVqOGMeVy

5 - LIG VIR DIE WÊRELD - FEES - Program vir Besoekers en Reklame daarvoor (Alle persone wat op hoogte wil bly van die finale Program, hoe om as Besoeker te registreer of self as deelnemer by die Program in te skakel...

Sluit gerus nou al hier by die Groep aan..    https://chat.whatsapp.com/BpjHgIuPecq3nr9zje8IQM

6 - LIG VIR DIE WÊRELD - FEES - Gebed

WELKOM AAN ALLE VOORBIDDERS🛐  

Sluit sommer dadelik by ons Gebedsgroep aan (net gefokus op voorbidding en inligting wat die Lig vir die Wêreld-Fees raak.

Welkom om ander as Voorbidders uit te nooi by https://chat.whatsapp.com/KeG4bIzLR2REfwYyz8yyvt


Ja, Die FEESPLANNE is 'n Uitdagende Mondvol! 

Klink nogal na 'n reuse plan wat mens eintlik bangmaak... Dan is dit heelwaarskynlik van die Here af. 

Mag Hy alleen daardeur verheerlik word.

Vir Navrae...Kontak ons per...

  • Epos vischris@gmail.com 
  • Tel 0829269364
  • WhatsApp 0764285260

UITNODIGING AAN ALLE GEMEENTE-LEIERS/LERAARS/PASTORE/

UITNODIGING AAN ALLE GEMEENTES SE LEIERS/LERAARS/PASTORE

WORLD MISSIONS ORGANISATIONS EXPO 

15 MARCH 2025 - at the Voortrekker Monument


Liewe Gemeente-leiers/leraars/pastore 

1) Neem asseblief kennis van die Projek, bespreek dit met julle kollegas, en... ek glo julle sal met die Koninkrykswaarde daarvan saamstem. (Kontak ons gerus oor enige onduidelikheid of as ons dit verder kan toelig)

2) Deel dit asseblief met julle gemeente se lidmate, veral met die Sendingorganisasies en Sendelinge waarby julle gemeentes betrokke of mee bekend is en motiveer hulle tot betrokkenheid. (indien moontlik kan u hulle help deur dalk aan te bied om hulle registrasiefooi van R400 en/of dalk vir die wat moet vêr ry te help met reiskoste) 

3) Motiveer ook soveel as moontlik van julle gemeentes se lidmate, veral die lede van die gemeente se Sendingkomitee, om deel te neem. Sulke blootstelling by so 'n Sending-Ekspo kan waardevolle visie en ervaring aan julle lidmate bied (waarvan julle hopelik die vrug weer later in julle gemeentes gaan sien).

4) Gemeentes wat self besondere uitreik-programme het en wat dit dalk met ander gemeentes wil deel, is welkom om self 'n Gemeente-Sending Uitstalling te kom aanbied (Kontak ons gerus vir enige navrae)  

5) Maak asseblief ook die Projek aan die lidmate wat betrokke is by verkope by Markte soos kosstalletjies of ander klein besighede bekend.

6) Sluit asseblief aan op die WhatsApp Groep hieronder, waar algaande verdere inligting net aan Kerkleiers hieroor gedeel sal word.

3-LIG VIR DIE WÊRELD - FEES: Kerkleiers & gemeentes se Sendingverteenwoordigers. 

Meer inligting hoe om julle gemeente en die Sendelinge wat julle ondersteun se Sendingprojekte te kom bekendstel en julle lidmate hieroor in te lig sal so gou moontlik op die Groep verskaf word.

Om by die Groep aan te sluit...      https://chat.whatsapp.com/CXArQsC3NQgDSEXR6syLKw