Besluit oor uitstel van SENDING-EKSPO by die VTM in Mrt 2025.
L.W. Hierdie is ter kennisname aan almal (Sendelinge, Markte en Sangers) wat al begin voorberei het vir deelname in Mrt. - 2025.
🙋Hi almal, ja, jammer en teleurgesteld oor ons Beplannings- kommissie se besluit gister om die LIG VIR DIE WÊRELD FEES in Mrt. 2025 (in die vorm van 'n Sending-ekspo), uit te stel - veral omdat daar alreeds 'n klomp goed in plek was en kontakte wat opgewonde aangedui het hulle reeds wil deelneem op 15 Mrt 2025.
Mens is nie so seker of hierdie uitstel, soos die VTM-mense aan ons voorgestel het (finansiële redes en hopelik twv meer Besoekers), liewer te wag om dit saam met die VTM se 100 jaar Afrikaans Taalfees, hopelik in September 2025, so 'n Sending-ekspo in te pas), of dit beter vrug gaan oplewer nie.
🤗Kyk gerus uit vir verdere nuus hieroor op Sosiale Media en bedink hoe julle vlg Jaar steeds wil deelneem aan so 'n Sending-ekspo
😀Ek pleit dus dat almal hulle entoesiasme sal behou om hopelik (as die Taalfees-mense dit wel goedkeur), die Sendingfees daarmee saam te doen. - DALK KRY DIE SENDING INISIATIEWE OOR DIE AFGELOPE 100 JAAR, WEL OOK ERKENNING VIR DIE UITDRA VAN AFRIKAANS WAT DAARMEE SAAM GEBEUR HET.
🛐Kom ons bid daarvoor dat die Here se hand hierin sal wees en Hy maksimaal verheerlik gaan word, juis hierin.
Navrae: vischris@gmail.com