Tuesday, June 1, 2021

4. ๐Ÿฅค Maar jy wil steeds weet... Wat het dit met my verjaarsdag te doen... ๐ŸŽ‚ ?

4. Maar wat het dit met my verjaarsdag te doen?

OK, Kom ek vertel jou dit nou mooi:

Deur ‘n AANDEEL in ons ☕️KoFie-Projek☕️ te NEEM (en ’n Gratis Boek daarvoor te mag aflaai - Jy onthou nรฉ!) so kan jy help dat die Evangelie Wyer en Vรชrder aan Meer mense via Sosiale Media te bring. Elke Advertensie vir R100 aandeel van jou kan 18,000 tot 20,000 mense bereik.

(Let Wel,: Jy kan self jou eie materiaal-inhoud voorstel wat ons moet post, of na watter Mense-groep om dit te stuur, maar ons is nou al gekonfyt om dit te kies. Jy kan ons vertrou, maar welkom om daaroor met ons te gesels en voorstelle te maak).

Ons KoFie-Begroting vir die res van 2021... 7 Maande

Beleggings kan in die volgende Aandele-Blokke gemaak word:

*BLOK A: Om ons beskikbare R2,000 pm Advertensie-fondse te verhoog na R4,000 p.m.

    a.    R1000 pm = 10 Aandele van R100 (eenmalig of p.m.)

    b.    R1000 pm = 5 Aandele van R200 (eenmalig of p.m.)

*BLOK B: KoFie-Projekte: R3000 pm = 6 X R500 pm

*BLOK C: Admin benodig die aankoop van ‘n TABLET om ons baie ure op die Internet makliker en vinniger te doen. Ons Apparaat is al bietjie baie verouderd.  -  R10,000 Eenmalig (Sou iemand so gelei voel)

 

Kontak Chris by...

Friday, May 28, 2021

Chris Visser van KoFie-Projek lewer sy Lewensgetuienis

Nog ‘n Getuienis/Verslag van KoFie-projek : 

Die Lewensgetuienis van Chris Visser

Luister gerus in hierdie sessie na ‘n Gesprek van Mornรฉ Ras met Chris Visser oor...

"Leef jou Roeping" - Die eerste van ‘n Reeks…

‘n Getuienis van Chris se lewenspad, hoe hy Geloofsekerheid ontvang het en hoe die Here hom vir voltydse bediening Geroep en daarvoor Voorsien het.

Klik hier om te luister: 


Chris se Lewensgetuisnis is ook as eBoek beskikbaar:  “Chrisjan Visserman & Jabes”

·    Hierdie boek sowel as al Chris se ander boek asook verskeie ander boeke en leesmateriaal kan van ons Boekwinkel afgelaai word (teen ‘n Donasie van jou keuse; Alle inkomste/betalings gaan vir ons KoFie-bediening (Koninkryksfokus Internet Evangelisasie)

·        Ons Boekwinkel is beskikbaar by … https://tinyurl.com/OnsBoeke

·        Om enige Betalings of Donasies te maak vir KoFie-projek…

             https://tinyurl.com/PayKoFie

Vir meer Informasie, Kontak Chris Visser van KoFie-Projek by…

·        eMail: vischris@gmail.com

·        Selfoon +27-0829269364

Kyk hier... https://www.youtube.com/watch?v=54eBVfPQz30

Wednesday, May 26, 2021

JA, JY KAN OOK NOU DIE GOEIE NUUS MET ONS MOSLEM BURE DEEL! KOM EK HELP JOU...

 KOM ONS DEEL DIE GOEIE NUUS MET ONS MOSLEM BURE!

Hallo vriende, meer as ooit tevore is dit nodig dat elke Suid-Afrikaner (veral diegene wat Christen-gelowiges is) hulle self moet vergewis van Islam en die evangelie met Moslems deel.
Maar baie min mense sien kans, weet hoe, of slaag daarmee. Verskeie redes waarvan die belangrikste is...
1) Vrees en onsekerheid,
2) Onkundigheid, weet nie hoe nie,
3) Probeer wel, maar maak droog met hul aanslag omdat Moslems meesal goed geskool is om "Christene" (sommer alle nie-Moslems), se stellings maklik af te maak en jou belaglik of moedeloos agter te laat.
Inteendeel, meeste Moslems dink (glo) hulle is baie meer godsdienstig as alle ander mense, meer toegewyd (so pas 'n hele maand lank Ramadan gevas; bid 5 kere op elke dag en doen baie "goeie werke" ens. ) Boonop is baie Christene nogal beindruk ook met die mense se "Godsdienstigheid"; Baie dink hulle aanbid mos maar ook dieselfde God as ons.
๐Ÿ‘‰Om jou te help, het ons die volgende Blog geskep;
ISLAM - FACTS AND MYTHS
๐Ÿ‘ฉ๐Ÿ‘จGaan loer gerus daar en lees en leer. Daar is 'n hele aantal Kragtige Getuienisse wat jou eie geloof sal versterk. Ja, God doen wonders en baie Muslims sien werklik die lig.
๐Ÿ‘‰Maar, meer as dit, stuur dit aan (forward) dit aan jou Moslem "vriende" of werkskollegas. Al wat jy sรช is... "Ek het op hierdie afgekom; kyk gerus daarna; Wat dink jy daarvan?"
๐ŸŽฒMAAR, AS VERDERE HULPMIDDEL... ONDER AAN IS 'N PRENTJIE (KAARTJIE) MET DIE BLOG SE LOGO ASOOK DIE SKAKEL MET DIE BLOG SE ADRESDAAROP. DRUK DIT UIT EN DEEL DIT UIT AAN MOSLEMS - BY DIE WERK, WINKELSTALLETJIE ENS.
๐Ÿ’ฅKontak my as julle gemeente sommer 'n hele pakkie daarvan wil hรช of...
๐Ÿ’ฅKontak ons as ons 'n Opleidingskursus (lewendig of via Zoom) oor 'n Naweek of oor 'n paar aande) by julle gemeente kan kom aanbied. Fred Nel van CCM (082-441 7030) bied 'n Uitstekende Kursus daaroor aan - Jou eie geloof sal ook sommer versterk word.
๐ŸŽฌ"The Gold Nuggets for communicating the Gospel to Muslims"
๐Ÿ˜‹Mag die nuuskierigheidsfaktor, saam met jou gebede en jou goeie gesindheid teenoor hulle, maak dat hulle wel daarna gaan kyk. Die voordeel daarvan is dat hulle verder (kan) gaan loer, op hulle eie, sonder om bang te wees dat die vriende en familie dit sal sien. ๐Ÿ‘จ‍๐Ÿ‘ฉ‍๐Ÿ‘ง‍๐Ÿ‘ง






Sunday, May 16, 2021

๐Ÿ’ขOM DEESDAE TE BLY GLO...

 ๐Ÿ’ฅSOMMER NET 'N GETUIENIS:

Iemand het my onlangs uitgedaag oor my geloof wat dan nou nie volgens moderne wetenskaplike kennis meer gehandhaaf kan word nie. Die persoon het verskeie voorbeelde volgens sy oortuiging voor my gelรช, gerugsteun deur sogenaamde slim "wetenskaplike" ateรฏste. (Sulke materiaal is natuurlik deesdae volop) 

Sonder om verder daarop te reageer, het ek eerder besluit om met die volgende persoonlike getuienis te reageer:

Vriend, eerder as om op jou materiaal te reageer, wil ek eerder die volgende deel: 

Ek raak deesdae net meer passievol oor my geloof en sou so graag my laaste jare meer wil doen om die evangelie ook nog met ander te deel. Natuurlik kan mens nie ander oortuig nie; Net God deur sy Heilige Gees kan dit doen... aan diegene wat hulle self oopstel om sy stem en uitnodiging te hoor. 

๐Ÿ˜ŠEk probeer maar net getuig wat dit vir my beteken en dit met ander te deel. Debatte oor die wetenskaplike bewyse van die Bybel is ongelukkig oop vir elkeen se persoonlike keuse van wat hy wil glo of nie. 

๐Ÿค”Ek kies daarom om te glo, (nie met geestelike oogklappe aan nie - ek het darem ook bietjie wetenskaplike opleiding gehad en gelukkig ook bietjie "common sense" na 73 jaar op dese aarde. 

Verder kan ek net bly getuig hoe God my na my bekering deur my hele lewe wonderbaarlik gelei en gedra het. Waarom sal ek nou op hierdie stadium van daardie pad wil afdraai? (my getuienis daaroor kan in my boek hier afgelaai en gelees word... 

https://koninkryksfokus.blogspot.com/2019/05/boek-christan-visserman-en-die-jabes.html

๐Ÿ’ฅWees saam met my opgewonde oor byvoorbeeld hierdie "wetenskaplike" bewyse (getuienisse) dat dit wat ons glo oor die Bybel, nie op sand gebou is nie. (kyk gerus na die video hierna... https://youtu.be/U4OB3e5Q-oM

☕Mag ek meer deel oor ons bediening tans: Die KoFie-project op Sosiale Medium is vir my op die stadium die ideale geleentheid, dit is 'n ongelooflike oop deur en ons is bevoorreg om duisende mense oral oor die aarde te bereik en aan hulle die Goeie Nuus van die Evangelie te vertel. 

๐Ÿ˜Š๐Ÿ“–Prys Die Here!✝️๐Ÿ›

♨️As jy meer wil lees en self betrokke wil raak by ons Kofie-projek, loer gerus hier in... 

๐Ÿ‘‰https://koninkryksfokus.blogspot.com/2021/05/kofie-project-list-of-all-our-facebook.html

๐Ÿ‘‰https://www.facebook.com/KoFie.project/