Sunday, August 16, 2020

'n Verslag van ons uitreik na Duduza

 'n Verslag van ons uitreik na Duduza saam met die Dare to Love span gister.

https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=10158985933427650&id=628997649

'n Preek oor ware geloofsekerheid en kindskap van GOD.

Ai, so 'n voorreg om seker te wees van mens se kindskap in GOD, geloofsekerheid te hê, dat my sondes vergewe is (want JESUS het die film van my lewe met al die slegte, lig gegee).

As jy enigsins nog twyfel oor jou eie staan voor God se regterstoel eendag, worstel met die slegte goed van ons dag, maak tyd om hierdie kort preek te kyk. 

Prediker: Stephan Joubert van eKerk

https://www.facebook.com/ekerk.org/videos/350515042780742/

Wednesday, August 12, 2020

Discovery Bible Study Groups - Try it.

Getuienis No 1:

Jurie Venter:

1) Jurie Venter ly aan genetiese hartvat siekte. Op 23 Junie 2020 sterf hy letterlik op die operasietafel. 
Maar God se werk vir hom was nog nie klaar nie. 
Johann Els van Radiokansel gesels met Jurie Venter oor sy hartuitdagings en die Here se pad met hom daardeur... https://soundcloud.com/radiokanselweb/jurie-venter-getuienis-podcast-sp-11-8-2020

Kontak Jurie by jurie@trinityascend.com

Kom deel ook jou Getuienis

Ps 66:16 Kom luister, alle dienaars van God, ek wil vertel wat Hy vir my gedoen het:

1 Pet 3:15 Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe. 

Ek het by 'n vorige plasing my lewensverhaal gedeel. Die konteks waarbinne dit gebeur het, was die uitdaging van 'n Moslem man om met my 'n Christen-Islam debat te voer, hy wat homself voorstel as 'n "Ex-Christen". 

Omdat ek besef het dat so 'n debat selde 'n bydrae lewer om teenoor so 'n persoon te getuig, het ek daarop vereis dat ons eers ons elkeen se stories vertel van hoe ons Christene geword het. Hy sê mos hy was tevore 'n Christen.

Ek het my lewensverhaal en bekering dus vertel en hom versoek om ook sy eie "getuienis" te gee van hoe hy dan eerstens 'n "Christen" geword het, voor hy hom tot Islam bekeer het. Aanvanklik het hy ja gesê, maar toe kop uitgetrek (wat ek verwag het). 

Ek is steeds biddend besig met hom... Bid asb. saam vir Shongwe...

Welkom om my volledige lewensverhaal - in boekvorm (ook as eBoek beskikbaar)  waarin ek my storie in meer detail vertel, aan te skaf en te lees. (Alle inkomste uit ons boekverkope gaan vir ons KoFie-bediening)

Vir meer inligting oor die boek en hoe om dit aan te skaf, klik hier...


'n Paar dinge het verder gebeur wat my op hierdie Nuwe PROJEK laat besluit het.

PROJEK... KOM DEEL JOU EIE GETUIENIS

Die krag van 'n getuienis het my opnuut aangegryp. 

'n Getuienis bemoedig die leser/luisteraar, maar dit plaas elkeen ook voor 'n keuse: Het jyself 'n "getuienis" van 'n ware ontmoeting met Jesus, van 'n eie persoonlike geloofsekerheid? Waarom deel jy dit nie?

DIT WAS DIE GEBOORTE VAN PROJEK-GETUIENIS:

Lees meer oor waarom die Projek, wat dit is en hoe dit werk? 

(Klik hier vir meer inligting)