Woensdag 25 Mei 2022

Chris van Koninkryksfokus wil net groet - en 'n lekker verslag met jou deel.

 Hallo liewe vriende,

Ons was die afgelope tyd omtrent oorval met baie dinge en ons het lank laas iets meer persoonlik gedeel.

Persoonlik:

1) Ek en Sterna was deur verskeie uitdagings. 

  • Sterna: Gordelroos, Galblaas operasie en sommer net siek wees. 
  • Chris: Covid, tande-uitdaging en 1e Cataract operasie wat nie suksesvol was nie. Nog een?
  • Ons kinders en kleinkinders was ook behoorlik getoets met Covid en ander kwale.

2) Die uwe wil nog begin Junie verjaar ook (75 kan mens darem nie oorslaan nie)

3) Bo-oor alles staan die Genade-hand van ons Liefdevolle Vader wat ons dra en seën. Alle Lof aan Hom!

Koninkryksfokus en ons KoFie-bediening.

1) Ons Internet Uitreike gaan net van krag tot krag. Getalle hardloop weg en ons kon baie nuwe kontakte aanknoop met wie ons kan kommunikeer 

- Oor ons land se Politieke uitdagings en 'n Bybelse Koninkryksvisie daaroor (Ons probeer fokus op almal in SA, ook ons swart kulture (Msanzi Good News) sowel as op wêreldgebeure. Natiuurlik veral op die groot Onbereikte Wêreld (Onbereik met die Evangelie) Lees hier meer oor ons KoFie-Projek 

- Omdat dit al meer aktueel word, fokus ons al sterker op Islam - op Facebook met Conversation with Muslims (die Blad het onlangs verby die 12,000 volgelinge gebreek). 

- Verder het ons WhatsApp kontakte wat op Muslims fokus soort van buite beheer gegroei (3500+), waarvan verskeie Groepe ontwikkel het. Baie baie geleenthede om verhoudings aan te knoop, debatte te voer, maar veral die evangelie te deel. 

- Nasorg spanne: Nee! Ek kan dit nooit alleen doen nie, maar ek kan nou met vreugde deel dat verskeie persone wat ons kon werf asook baie wat spontaan by ons span aangesluit het, ons hiermee help om hierdie baie kontakte en hulle vrae op te volg en te beantwoord. (Te veel om hier te probeer verduidelik). 

-As jy graag deel wil word van ons WA Uitreik-span... Lets's Share God's love 2M - Join hier.

- Ons het 'n soortgelyke Uitreik Groep op Facebook. As jy belangstel om deel daarvan te word, kontak my persoonlik daarvoor per epos. 

- Ons het tevore reeds berig van ons Book on the Blog: GOD & ISLAM - FACTS & MYTHS. Die skakel van die boek is steeds deur Facebook geblok, maar met inisiatiewe wat net die Heilige Gees vir my kon gee, kon ons die projek voortsit. Die totale aantal besoekers daarop het ook reeds die 12 duisend kerf verby gesteek.

- Ons kon ook 'n Nuwe Blog om ons Uitreikspan toe te rus, skep (Besoek dit gerus): Come let's share God's Love to Muslims

Koninkryksgroete,

Chris Visser,
Koninkryksfokus - KoFie.Projek





Geen opmerkings nie: