Vrydag 20 November 2020

Mike Burnard van Dia-Logos aanbieding

'n Zoom aanbieding van Mike Burnard oor Dia-Logos verwys.

As deel van ons Koninkryksfokus bediening om die kerk te help mobiliseer vir ons Getuienistaak, neem ek vrymoedigheid om die skakel van 'n onlangse Zoom video-opname van Mike Burnard van Dia-Logos met jou te deel. Dis regtig baie skitterende materiaal waarvan elke Christen-gelowige, of jy nou die moderator of leier van 'n kerk of gemeente is, of net 'n gewone lidmaat is, moet kennis neem.
Die video gebruik 130 MB se data (lengte net onder 'n uur). 
Mike deel verskeie PowerPoints wat hy gebruik, met baie skitterende en bemoedigende informasie wat hoop en rigting gee in ons onseker tyd.
Kyk dit gerus en deel dit met vrymoedigheid met vriende en met lidmate en leraars in julle gemeente. (lidmate, gee dit asb. deur vir julle dominee of pastoor - hulle is besige mense en sien die inligting dalk nie self nie.)

Mike deel 5 belangrike Kairosgeleenthede wat 'n belangrike invloed op die wêreld en die kerklike geskiedenis in 2020 gehad het en wat mens nie moet mis nie. Hulle organisasie Dia-Logos is beskikbaar om ervare sendingkundige raad te gee en die kerk te konsulteer met hulle programme vorentoe. Veral die konsep van "Twinning" of Tweeling-gemeentes wat hulle voorhou, bied praktiese moontlikhede hoedat elke gemeente in ons kontrei 'n wesenlike verskil in die groter wêreld daarbuite kan maak.
Kyk gerus vir meer op hulle webwerf by www.dialogos.co.za

Ek is oortuig dat alle Sending- en Kerkleier, elke Christen, hierby sal baat vind. 
Dis veral noodsaaklik dat mens nou na die uitdagende Covid-2020 jaar daarna sal kyk en daaroor besin met die oog op die nuwe jaar voor ons. 
Mag ons die nuwe uitdagings vir 2021 betyds raaksien en reg daarvoor gereed maak vir ons gemeentes, sendingkomitees en organisasies.
Mag Sy koninkryk nuut en vars realiseer in die nuwe jaar deur elkeen van ons se lewens.

O ja... Die opname skakel:
Ek stuur dit soos van Zoom ontvang; Om dit dus te kyk, moet jy reeds Zoom op jou toestel geinstalleer het. Jy kan dit van hier af doen:  https://zoom.us/download

Topic: Zoom Webinaar by Mike Burnard from Dia-Logos
Date: Nov 19, 2020 09:47 AM Harare, Pretoria
Klik op die skakel en gebruik dan die "Passcode" waar dit gevra word.
(L.W. Recording 1 was slegs met die opstelling te doen; Gaan dadelik vorentoe na Recording 2.)
https://us02web.zoom.us/rec/share/yBZjLsQIsb-tMjkEVyNBqtay0-VlbulVyOJkQFspdEbUNoIOr5k7JeDR8MSGjPhc.8_0eYQ0jlpfhfLWU  
Passcode: Mqrm&4$D

Vir enige navrae, kontak my gerus.


Koninkryksgroete,

Chris Visser (VisChris)

Koninkryksfokus - Kingdom Focus

1 opmerking:

Unknown het gesê...

Ek kon die direkte zoom nie bywoon nie. Wat 'n voorreg om dit nou te kon
kyk. Baie dankie dat julle dit moontlik gemaak het. Ek sal toesien dat 'n paar ander dit ook sal sien. Seen vir julle toegebid.