Maandag 09 November 2020

At 24:10-14 Die boodskap van God - meer aktueel as ooit tevore...

Hierdie boodskap van God is meer aktueel as ooit tevore...

MATTEUS 24:10‭-‬14 AFR83

💥In daardie tyd sal baie mense van die geloof afvallig word, en hulle sal mekaar verraai en mekaar haat.

👉BELEEF JY DIT REEDS? HOU JY STEEDS PASSIEVOL VAS AAN DIE GELOOF IN JESUS CHRISTUS EN SY WOORD?

💥“Daar sal baie vals profete kom, en hulle sal baie mense mislei.

👉BELEEF JY DIT REEDS?

💥Omdat die minagting van die wet van God sal toeneem, sal die liefde by baie verkoel.

👉IS JOU LIEFDE VIR GOD SE WOORD EN VIR DIE EVANGELIE VAN JESUS, STEEDS BRANDEND? ❓

💥Maar wie tot die einde volhard, sal gered word.

👉ERVAAR JY TOENEMENDE TWYFEL EN VOEL JY OM OOR TE GEE? NEE, KOM ONS VOLHARD, GAAN VOORT OP DIE ENIGSTE WARE PAD VAN GOD! 

💢En hierdie evangelie van die koninkryk sal in die hele wêreld verkondig word, sodat al die nasies die getuienis kan hoor. Eers dan sal die einde kom.”

👉IS JY VOLUIT BESIG OM DIE EVANGELIE VAN DIE KONINKRYK TE VERKONDIG, SODAT ALLE NASIES KAN HOOR?

HOU VOL! VOLHARD DAARMEE!

Vriend, as jy saam met ons wil doen (ons werk via ons KoFie-project veral op Sosiale Media) kontak ons. Kyk op https://www.facebook.com/KoFie.project/

MATTEUS 24:14 AFR83

https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=10159224363857650&id=628997649

Geen opmerkings nie: