Woensdag 15 Julie 2020

Support our KoFie-Project for Duduza outreach

Terugrapport van ons Kofie-projek aan die Duduza Pastor Bongani Cele. 

Dankbaar dat ons 'n Laptop wat broer Jannie geskenk het veilig by hom kon aflewer. Hy het groot dank uitgespreek. 

Die Corona virus daar buite:

Ons hoor hoe die Corona virus oral toeneem. Dit bly ver van meeste van ons, alhoewel van ons dalk reeds blootgestel was, dalk self siek of naby vriende wat getref is. Kom ons ondersteun mekaar hierin. Laat hoor as jy hieroor iets wil deel.
Een van ons CCM sendingvriende in die Oos-Kaap, Masizakhe Fullman, is verlede week oorlede aan covid-19. Ons het nog in November verlede jaar saam met hom 'n CCM konferensie in Durban bygewoon. Dit word 'n naby werklikheid.

Past Cele se verslaggie vanuit hulle woongebied:

Just a feedback on Duduza.  The past weeks has been difficult for our people. 
1) The covid 19 has made its way into our clinics, Schools and has its claws deep in our communities. 
2) Many people are feeling hopeless and helpless. Many catch corona in tuckshops, while buying basic foods. 
3) Since we have a high rate of HIV and TB here, many remain vulnerable to corona, more so since clinics are also closing rapidly due to positive tests of nurses for the pandemic.

❓WAT KAN ONS DOEN? 

Klink of die arme mense werklik krepeer. Ons kan nie oral help nie. Ons probeer maar hier. Ons stuur nou weekliks vir past Bongani 'n pak van Moeggesukkel se Veggie Meat via Courier guy. Hy kan dit darem onder sy lidmate wat swaar kry uitdeel terwyl hy ook die evangelie so kan deel. 
Dankie vir almal wat al 'n geldjie inbetaal het dat ons daarmee kon voortgaan. Een boks kos R620 (met aflewering) en bevat 30 pakkies om darem tot 300 etes te verskaf. 

Donasies kan inbetaal word vir ons KoFie-project                    (Vir Bankbesonderhede...)


Geen opmerkings nie: